-
Raasbek
Mieliepit: Baie dankie dat u so vriendelik was om vandag met
my te gesels. Meneer
Balkie Balkie:
Dit is
'n groot plesier.
Raasbek
Mieliepit: Dit
is môre u tiende verjaarsdag. Hoe voel u vandag? Meneer
Balkie Balkie:
Hmmm. Goed. Dit voel baie goed.
Raasbek
Mieliepit: Hoe
voel u oor die tien jaar wat verby is? Meneer
Balkie Balkie:
Dit was 'n wonderlike tyd.
Raasbek
Mieliepit: Party
mense sê dat dit nie moontlik is dat u nog stories kan vertel nie. Hulle
sê dat Balkie NIKS meer stories het nie. Meneer
Balkie Balkie: (ontsteld)
WAT? Watse nonsens is dit? Ek ken nog DUISENDE, miljoene en BILJOENE en TRILJOENE
en GALJOENE stories.
Raasbek
Mieliepit: (skrik)
O? O ja, nee goed. Ek verstaan. Maar ek weet nie wat is galjoene stories nie.
Meneer
Balkie Balkie: Maar
weet jy dan niks? Galjoene stories is
galjoene stories natuurlik.
Raasbek
Mieliepit: (verward)
Maar ek dog 'n galjoen is 'n vis? Meneer
Balkie Balkie:
En mag visse nie stories hê nie?
Raasbek
Mieliepit:
Ja, natuurlik. Hmmm. Nou ja, laat ek sien. (kyk vir sy notaboek) En hoe voel u
oor die toekoms? Meneer
Balkie Balkie:
Ek voel die toe koms is eintlik 'n oop koms? Want hoe moet ek weet wat môre
gaan gebeur?
Raasbek
Mieliepit:
Huh? Meneer
Balkie Balkie:
Hoe voel jy oor die toekoms?
Raasbek
Mieliepit:
Ehhh
ek weet nie.
Meneer
Balkie Balkie:
Jy sien? Mense en Balkies weet mos nie wat môre gaan gebeur nie. Behalwe
dat ek nog DUISENDE, miljoene en BILJOENE en TRILJOENE en GALJOENE stories ken
wat ek vir die kinders gaan vertel.
Raasbek
Mieliepit:
Maar dit is WONDERLIKE nuus, Meneer Balkie Balkie. Ehmmm .. (kyk op notaboek)
Het u enige boodskap op u tiende verjaarsdag vir al die mense wat u bewonder? Meneer
Balkie Balkie:
Ja. Hulle moet oor hulleself wonder.
Raasbek
Mieliepit: Ek
het eintlik bedoel BEwonder. Meneer
Balkie Balkie:
BE wonder, VER wonder, NABY wonder
. almal moet wonder oor hoe WONDER lik
ons almal is. Waaroor WONDER JY?
Raasbek
Mieliepit: Wel
ek het nog nie eintlik ge WONDER nie
Meneer
Balkie Balkie:
Maar dan moet jy DADELIK begin wonder
. hoekom
vra jy vrae en ek
moet antwoord? Hoe voel JY vandag?
Raasbek
Mieliepit: Ek
voel
eh
deurmekaar. Meneer
Balkie Balkie:
Deurmekaar is goed
. want dan wonder jy
en dalk is jy lus vir
.
Raasbek
Mieliepit:
.
mieliepastei! Meneer
Balkie Balkie:
Huh? Wat is 'n mieliepastei? EK wil ook mieliepastei hê.
Raasbek
Mieliepit:
Nou maar kom, laat ons gaan. Ek ken 'n WONDERlike plek wat mieliepasteie maak
en wortelpannekoeke en
Meneer
Balkie Balkie:
Huh? O VETPLANT! JA! Kom ons gaan
wat is daar nog om te eet?
Raasbek
Mieliepit:
Ek hoop jy gaan 'n WONDERLIKE verjaarsdag môre hê
en jy moet
my bietjie vertel van daai GALJOENE
.
Raasbek
Mieliepit: Eendag
was daar 'n galjoen wat
. Hier
is nou ongelukkig niks meer plek nie. Dis die einde van die onderhoud. Meneer
Balkie Balkie en Raasbek Mieliepit het gaan mieliepasteie eet en BAIE gesels.
En dit was 'n WONDERLIKE voorverjaarsdag!
|