|
|
| Carina
Diedericks-Hugo | | Carina
Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks word beskryf as Trompie vir die nuwe millennium.
Sy en Jaco Jacobs het gesels oor Thomas, Trompie en funky jongmense. |
Thomas
Steyn is die hoofkarakter in die reeks Thomas@. Hoe sal jy Thomas beskryf?
Thomas is in graad agt en woon in Kaapstad. Hy is 'n doodnormale ou wat hou van
pizza, sport, sy rekenaar en deesdae ook 'n goeie vriendin, Alex. Hy dink die
skoolhoof is walglik, hy is 'n vrek goeie losskakel, hy bekommer hom oor sy beste
vriend, Hannes, wat soms 'n bietjie snaaks is na 'n kaping en uiteindelik lyk
sy stiefma, Louisa, nie so sleg nie. Karakters in jeugboeke val telkens net
in twee kategorieë: of hulle is hierdie superkids wat alles onder die son
(en sonder moeite) kan doen of hulle is totale losers. Ek hoop Thomas is iemand
met wie 'n mens kan assosieer omdat hy 'n bietjie meer realisties is.
Hoe
voel jy oor die feit dat Thomas in resensies met Trompie van toentertyd vergelyk
word?
Ek voel gevlei omdat ek baie waarde heg aan die ou reeksboeke soos Trompie, Saartjie,
Maasdorp, Keurboslaan, ens. Nie so lank gelede nie, toe daar nog nie 'n Harry
Potter of 'n Artemis Fowl was nie, was dit regtig die enigste lekker Afrikaanse
boeke vir die jonger, pre-André P. Brink-lesers onder ons. Daarna het meeste
van ons maar oorgeslaan na Engels. Vir 'n lang tyd was reeksboeke so uit soos
dans op Potchefstroom en arme Trompie het amper op die brandstapel beland. Natuurlik
is dit belaglik. Trompie is nou baie retro - Sandile Dikeni het selfs gesê
dat dit Trompie was wat hom lief gemaak het vir Afrikaans, en vandag is hy 'n
belangrike skrywer. As Thomas oor vyftig jaar ook nog so cool is, sal ek baie
bly wees. Thomas@Moord.net
was jou eerste boek. Hoe het jy aan die skryf gekom? Kom dit al van skool af,
of is dit 'n gier wat jou uit die bloute beetgepak het?
Ek was in 'n Engelse meisieskool en vinnig besig om te verengels, maar in Matriek
het ons 'n fantastiese Afrikaanse juffrou gekry wat my oorreed het om weer Afrikaanse
boeke te lees. Dit was 'n ongelooflike ervaring - eintlik ontdekking (baie corny!).
Soos meeste jongmense wat in woorde belangstel, het ek daarna deur 'n ultra "diep"
fase gegaan en verwoed gedig, maar dit was verskriklik sleg. Absoluut onleesbeer.
Ek het op universiteit kortverhale geskryf en 'n gedeelte van my honneurskursus
in kreatiewe skryf by Marlene van Niekerk gedoen. Die persoon wat my egter aan
die skryf gekry het was my huidige uitgewer, Miemie du Plessis, van LAPA Uitgewers.
Ons paaie het gekruis en Miemie het geduldig aangemoedig, geïnspireer, raad
gegee en uiteindelik was die produk Thomas@moord.net. Ek sal altyd diep dankbaar
wees vir Miemie dat sy my by kinder- en jeugboeke uitgebring het. Ek kan nie aan
iets anders dink wat ek eerder sou wou doen nie.
Jy
is net 25 jaar oud - een van 'n handjievol Afrikaanse skrywers jonger as dertig.
Hoe voel jy oor Afrikaanssprekende jongmense?
Ek dink ons geslag jongmense is erg cool. Die nuwe geslag Afrikaanssprekende jongmense
is meer selfversekerd, dink oor issues sonder om te voel dit hoef 'n hengse krises
vir almal te word, is meer onafhanklik in hulle keuses juis omdat daar gedink
word en nie blindelings volgens voorskrifte en verwagtinge gehandel word nie en
daar's 'n interessante viriliteit wat 'n mens orals sien. As 'n mens kyk, presteer
jongmense geweldig goed. Dink maar aan Karen Zoid, Derick Hougaard, Natalie du
Toit, Saartjie Botha, Neels van Jaarsveld, Francois Toerien, Nicole Holm, ens.
Ek is soms net bang dat ons te apaties is, maar ek glo dat elkeen self moet besluit
wat vir hom/haar belangrik is. 'n "Herd"-mentaliteit maak my vies.
My ma, Karen Zoid, Petronella van Heerden, die ou wat die geel Post-It-notajies
uitgedink het, Harry Potter, Koningin Elizabeth (die eerste een - nie Charles
se ma nie) en Ronald MacDonald. Met
watter storieboekkarakter kan jy jou die beste vereenselwig?
Die Swart Kat Hoe
lyk 'n ideale dag in jou lewe?
Een wat die see, droë witwyn, my man, goeie vriende en seekos insluit. In
die winter verkies ek ons kaggel in ons spokerige Victoriaanse huis, sjokolade
croissants, mooi musiek en 'n goeie boek.
Die Kaapse Suidoos, 'n slegte pizza, 'n flou cocktail, die vervelige boeke wat
ek op skool moes lees, pretensieuse skrywers, taxi's en swak diens.
|  |
Onderhoud
met Jaco Jacobs, 'n M-student in Kommunikasiekunde en skrywer van jeugboeke.
Januarie 2003 Verdere
inligting oor Carina Diedericks-Hugo |
|