|
|
| Fanie
Viljoen | | Fanie
Viljoen, saam met Francois Bloemhof, het vanjaar se Sanlamprys vir jeuglektuur
gewen. Sy boek Breinbliksem is reeds besig om opslae te maak. Tydens Aardklop
het Herman Eloff bietjie met Fanie gechat oor sy werk, sy passie vir skryf
en wat hy vir die toekoms beplan. |
Dit
is dalk 'n maklike vraag of baie moeilike een. Waarom skryf jy?Want
ek moet. Die stories kom na jou toe en jy moet hulle gaan skryf. Later begin hulle
jou mal maak. Orals waar jy kyk sien jy stories. As jy nie skryf nie sal jy van
jou kop af raak. Om vir tieners te skryf
en oor hulle goed te praat, is nie maklik nie. Hoe kry jy dit reg om in 'n tiener
se mindset in te kom?Ek luister hoe tieners
praat, veral as ek tussen hulle is. Ek het ook jong vriende, wat my baie help.
Tieners praat Afrikaans op 'n baie kreatiewe manier. Ek luister ook na hulle musiek,
soos Limp Bizkit. Dit help jou ook om jonk te bly. Ek is nou wel 35, maar binne
my voel ek nie so oud nie. Ouderdom is all in the mind. Kritici
het onlangs die skrywers van jeugboeke gekritiseer oor hul benadering tot tienersake
en issues. Hulle is van mening dat die probleme van tieners vererger word
vir sensasie doeleindes. Is jeugboeke eerlik in hul benadering tot die jonger
generasie se probleme? Beslis. Die hoofkarakter (Burns)
in Breinbliksem het 'n klomp issues. Maar ek het probeer om nie vir die
lesers 'n lewensles te vertel nie. Aan die einde van die boek is daar nie 'n maklike
oplossing vir Burns se probleme nie. Ek het gevoel dat jong mense se probleme
baie kompleks is, en dat daar nie altyd 'n antwoord is nie. Ek wou nie vir die
lesers preek nie. Ek wou ook nie valse hoop gee nie. Het
jy enige advice vir jong skrywers wat boeke wil publiseer? Jong
skrywers moet net gaan sit en begin skryf. Maak nie saak of hul werk gepubliseer
gaan word of nie. Jy kry vreeslik baie teleurstellings en terugslae. Ek het 'n
hele klomp nee-dankie-briewe in my kas gehad wat ek die ander dag eers ontslae
van geraak het. Die geleentheid vir publikasie is maar min, maar skrywers moet
nie opgee nie. Kortverhale is die perfekte leerskool. Daar kan jy nog foute reg
maak. As jy eers 'n hele boek geskryf het, is dit baie moeiliker. Jong
skrywers moet die webwerf Litnet besoek, daar is gereeld kompetisies en kans vir
publikasie op die net. Hulle bied ook skryfskole aan waar jong skrywers opgelei
word deur ervare skrywers. Dit help baie. Ek was self by een van die kursusse
waar Francois Bloemhof ook betrokke was. Hulle help jou om anders te kyk na jou
stories. Jy moet bereid wees om advise te vat.
As mense wat skryf vir jou raad gee, kan jy dit maar gebruik. Gebruik jou eie
oordeel, en maak van hul advise gebruik om jou stories te verbeter. Daar
is op hierdie stadium baie min Afrikaanse jeugverhale,so die mark is oop vir jong
skrywers. Breinbliksem is jou eerste
jeugroman. Agter in die boek vertel jy van die jong outjie met die ketting om
sy nek, wat jou half inspire het om die boek te skryf. Vertel bietjie meer daarvan. Ja,
maar daardie tyd het ek nie geweet dat hy dalk 'n karakter in die boek sou wees
nie. Ek dink skrywers sien goed en bêre dit in hul agterkop. Dan eendag
kom hierdie goed bymekaar en word dit 'n storie. Dan begin die outjie in jou kop
met jou praat en so begin jou storie. Dit
bring my na die volgende vraag. Voel dit soms vir jou asof jou karakters later
hul eie storie begin skryf? O, ja. Met Breinbliksem
het ek geweet dat daar 'n twist sou wees, maar ek nie geweet wat nie. Leon
van Nierop het eenkeer op 'n skryfskool gesê elke goeie storie moet 'n twist
hê, soos in die film The Crying Game. Als wat vooraf gebeur in die boek,
dra by tot die onverwagse twist. Die
karakters begin met jou praat. Ek het vooraf probeer beplan aan my storielyn vir
Breinbliksem, maar ek het myself vasgeskryf. Burns het sy eie storie begin vertel
en hy wou nie in die rigting gaan wat ek wou gaan nie. Jou karakter praat en jou
moet tik. Burns is die anti-held, hy skok jou en dan begin jy hom jammer kry.
Mense vind sy storie nogal sad. Jy
het ook 'n kinderboek, Spoke en ander grillerige goed geskryf. Vertel bietjie
meer van dit. Spoke en ander grillerige goed, is
sestien kortverhale. Dit gaan oor spoke, zombies, vampires en sulke goed.
Dit sal jou nekhare laat regop staan. Ek hou van spookstories. My broer het in
'n videowinkel gewerk en ek het al daai rillers gekyk. My oupa het ook daarvan
gehou om vir ons spookstories te vertel. So, ek dink dit is iets waarmee jy groot
word. Ek dink baie jongmense wil nog spookstories lees, maar daar is net nie meer
beskikbaar nie. Ek het Langenhoven se spookstories probeer lees, maar ek dink
dit is dalk net te oud. As jy
moet kies tussen die skryf van kinderboeke en jeugboeke, wat sal jy kies? As jy
kan kies. Ek het nog net een vir die tieners geskryf.
Ek het nog 'n hele paar idees. Op die stadium het ek meer kinderboeke wat gepubliseer
word. Dit is dalk te vroeg om te sê. Ek geniet dit om vir albei te skryf.
Met kinderboeke kan jy die grense rek, veral met fantasie en dit geniet ek nogal. Wat
is volgende vir Fanie Viljoen? Daar is vier boeke
wat aanvaar is. So ek weet nie wat volgende is nie. Dit is kinderboeke. Dan sal
ek weer aan jeugboeke begin werk. Tieners en kinders is lekker om voor te skryf.
Ek dink nie ek sal sommer oor beweeg na volwasse verhale nie. Grootmense se lewens
is te boring. |  |
| Onderhoud
met Herman Eloff. Herman is 'n Kommunikasie en Skryfkunsstudent by die Noordwes-Universiteit.
September 2005. |
|