Wat
het jou besluit om 'n boek te skryf?
Ek
wou skryf van geboorte af, maar toe moes ek eers die alfabet leer en moes ook
leer hoe om te spel en te skryf. In Graad een het ek toe bykans elke aand stories
geskryf en besluit toe in Graad tien dat ek net sowel vir een keer 'n storie kan
klaar skryf. Ek het dit toe gedoen, want ek het agtergekom ek hoef nie te wag
vir veertig nie. Ek stuur toe die manuskrip Tafelberg Uitgewers toe en toe besluit
hulle om dit te publiseer.
Hoekom Daar's Vis In Die Punch? Waar kom die idee vandaan?
Vis In Die Punch
is geskryf met baie doele. Grootliks omdat ek die lewe van 'n tiener goed ken.
Genugtig, ek is self 'n tiener. Die belangrikste vir my in 'n boek is rou eerlikheid
en dink toe dat die lewe van kinders vandag die ding is wat ek die beste ken.
Ek wou dit ook skryf sodat ouers dit kan lees en sien hoe hulle kinders se koppe
werk en meer insig kry in tieners se lewens in. Kinders wil ook boeke lees wat
getrou is aan hulle eie lewens, boeke in 'n taal wat hulle baie goed ken.
Hoekom
het jy Punch in Afrikaans geskryf as jy nog amper jou hele lewe in Engelse skole
is?
Ek
wou in Afrikaans skryf want dis vir my die mooiste taal in die wêreld. Afrikaans
is so 'n diverse taal wat moet jonk bly. Ek is Afrikaans, praat Afrikaans en wil
tog ook skryf in Afrikaans.
Wat
is jou gunsteling kos?
Wat
wil jy volgende jaar doen as jy klaar is met skool?
Ek wil graag swot,
ek dink aan BA met letterkunde en filosofie as hoofvakke. Maar ek wil tog ook
Argitektuur swot of na 'n filmskool toe gaan. Haha, daar's baie wat mens kan doen
deesdae, né? Ek dink ek sal wel met die BA graad begin en dinge dan verder vat.
Wie
is jou rolmodel?
Jong,
dis moeilik om 'n rolmodel te kies. Daar is so baie mense wat ek vir verskeie
redes admireer. Patricia de Lille, Antjie Krog, Ettienne le Roux, Jennifer Ferguson
en Amanda Strydom onder andere.
Wat
inspireer jou om te skryf?
Niks
veel nie. Klein dingetjies wat ek sien rondom my. Sulke absurde oomblikke van
die dag wat ek sien terwyl ander mense nie bewus is daarvan nie. Soos om by 'n
restaurant te sit en almal net dop te hou sonder dat hulle weet jy kyk vir hulle.
Verder, net omdat ek meer van skryf hou as van tv kyk. Dis vir my vrek lekker!
Jou
ma het ook al 'n boek geskryf. Het sy jou baie geleer?
Ja. My ma is 'n
ongelooflike cool vrou wat my van kleinsaf baie baie dinge leer. Sy het defnintief
'n groot rol gespeel in my liefde vir skryf. My ouers in die algemeen het my ontsettend
baie nice dinge geleer van die lewe.
Is
jy en Charlie Koekemoer baie dieselfde?
Haha,
nee. Ek en Charlie verskil ontsettend baie. Dit bly maar fiksie jy weet. Alhoewel
ons 'n paar goed deel. Ons hou van kuns en karre. Charlie het my wel goed geleer
en ek het haar goed geleer. Ek dink nie ons sou in die regte lewe baie van mekaar
gehou het nie. Sy kry haarself te jammer en is veels te egosentries.
Hoe
voel jy oor die kritiek wat jy kry?
Goed,
ek het nog nie soveel slegte kritiek gekry nie. Net partykeer sê mense dit is
nie geloofwaardig nie, want kinders kan nie so ryk wees nie en hulle kan nie op
sestien al kar bestuur en laataand in klubs rondhang nie ens. Maar ek weet hoe
waar dit is en hoe hartseer dit is. Dis juis daardie ryksmanskinders wat dit die
ergste tref en nogal ironies dat mense sê dit is nie waar nie, want almal wonder
oor wat kinders doen en as jy vir hulle sê, dan dink hulle dit is nie so nie.
Kritiek is goed, ek hou daarvan dat mense van verskillende dinge hou anders sou
die wêreld veels te vervelig gewees het.
Wat
kan jy vir jong mense sê wat ook graag wil skryf?
Om net te skryf.
Soveel as wat hulle kan en om eerlik te bly. Om oor dinge te skryf wat hulle ken.
Skryf en skryf en skryf en moenie ophou nie!
Gaan
jy weer skryf?
Ja
wil ontsettend graag. Ek is verslaaf daaraan. Moet nou eers op matriek konsentreer
en dit klaar maak. Maar gaan binnekort weer begin, al klaar duisende idees in
my kop.