|
|
| Lizz
Meiring | | Die
aktrise Lizz Meiring het pas haar eerste jeugroman, Breek, wat sy saam
met Barrie Hough geskryf het, gepubliseer. Jaco Jacobs het met haar gesels en
uitgevind dat sy baie meer as net aktrise is en gevra wat sy van vandag se jongmense
en "jeugromans" |
Breek
begin met die sin "Van kleins af weet ek daar's goed waaroor nie gepraat
word nie." Dink jy daar's goed wat nog doodgeswyg word in Afrikaanse jeugromans,
of is die tienerboek nou uiteindelik "bevry"?
Kom
ons praat eers oor die term "jeugroman". Weet nie waar dit vandaan kom
nie, maar dit klink vir my darem vreeslik patronising. Enigiemand wat boeke skryf
vir jongmense en dink hulle moet dit op 'n sekere vlak pitch, maak 'n groot fout:
ek sou sê Breek gaan oor jonges en oues. Dis 'n volwasse verhaal,
want die nuwe generation is nie paloekas nie! Wat
jou eintlike vraag betref: Is ons regtig bevry? Ek weet nie. Ek sou hoop Breek
is 'n teken van die bevryding, maar ek sien nog gereeld "jeugromans"
(sic) wat niks anders is as 'n camouflaged traktaatjie oor morele en geestelike
aspekte nie.
Dan sit skrywers nog met oude doos literêre kritici wat sidder as 'n roman
nie suiwer Afrikaans is nie, of in galbulte uitslaan oor 'n vloekwoord. Get real,
die nuwe generasie is 'n wêreldwese, met al die goeie en slegte habits van
enige gemeenskap. Ek en Barrie voel sterk dat ons nie daar is om vir enigiemand
voor te sê of te preek oor wat goed of sleg is nie; ons reflekteer die waarheid.
En as daar 'n wel 'n "lessie" is, is dit dat elke generasie met deernis
en menslikheid mekaar moet probeer verstaan; m.a.w: nobody's perfect. Eers
as ons erken dat veral die Afrikaansprekende nuwe generation nie meer met hulle
tone in die stof, en naïef vinger-in-die-mond na die wêrld kyk nie,
sal ons regtig bevry wees, en dit is grotendeels ons as skrywers se verantwoordelikheid.
Breek
het aanvanklik as 'n drama beslag gekry, waarvan jy die teks geskryf het. Jy het
dus amper twee "babas": Breek die verhoogstuk en Breek die
boek. Watter een is jou gunsteling? Ek
het die drama Breek geskryf as opdragstuk vir KKNK en Aardklop 2001, voor
daar nog 'n roman was. Barrie het 'n idee in sy kop gehad en vier halfklaar hoofstukke,
ek het bygelas en weggevat vanaf sy idee, gereeld met hom gekonsulteer en so het
die drama lewe gekry. Dis my 22ste drama wat ek aan geskryf het, dus 'n genre
waarmee ek baie gemaklik voel, en dit sal seker altyd my favourite medium bly,
omdat dit 'n reuse thrill is wanneer jou akteurs dit laat lewe kry. Dis 'n high
wat niks anders op aarde mens kan gee nie! Maar toe ek die boek uiteindelik in
my hande hou, was ek ongeskik trots. Nou wil ek net novels skryf! Dus, ek het
nie 'n favourite nie. Hoe vra jy 'n ma om te kies tussen haar twee kids?
Hoe
sou jy die hedendaagse Afrikaanssprekende tiener beskryf?
Ek
werk baie saam met Afrikaansprekende tieners en studente. Hulle is die nice-ste
mense: oopkop, bright, witty, fabulous sin vir humor en bowenal humaniste. Hulle
challenge my, hulle ontroer my met hulle menslikheid, kreatiwiteit en vreesloosheid.
Ek kan nie wag vir die dag wat hulle die besluitnemers word nie.
Breek
gaan onder meer oor die breekbaarheid van verhoudings en die feit dat 'n mens
soms die kans moet waag om dinge te breek júís om hulle heel te
maak. Wanneer laas het jy iets gebreek? Gereeld!
Maar nie met opset nie, my kop is op 'n duisend plekke tegelyk, want ek werk nooit
aan minder as sewe projekte tegelyk nie, dan kyk ek nie wat ek doen nie en stamp
goed om. Veral in die kombuis, dis vir my 'n "combat zone."
Is
dit makliker om 'n boek/toneelstuk saam met iemand te skryf, of is dit makliker
om op jou eie te werk? Die
ironie is ek en Barrie het nooit fisies saam gesit en skryf nie. Ek het sommige
hoofstukke geskryf, hy ander, en dan het ons mekaar se werk ge-edit. Ons het gereeld
oor borde sushi gesit en chat en uitpluis, maar onthou, ons het reeds die drama
as grondplan gehad. Ek is gek oor Barrie, en het net die grootste respek vir hom
as skrywer. Hy is amazing - ons het nooit, ooit koppe gestamp nie, so as mens
in sulke sinergie met iemand kan saamwerk, is dit een kreatiewe jol. Maar
sekere material leen hom tot 'n enkelskrywer, so ek en Barrie werk dikwels op
ons eie. Dus, die material waarmee jy werk, dui vir mens aan of dit 'n one-man
show of 'n two-hander is! Ook, ons het onmisbare leiding gekry van Louise Steyn,
Barrie se redakteur by Tafelberg-uitgewers.
Jy
is as aktrise baie besig, en dan kry jy nog tyd vir skryf ook. Hoe lyk 'n gemiddelde
dag in die lewe van Lizz Meiring?
Crazy! Ek's soms
al vieruur in die oggend op, dan skryf ek aan my dramas, artikels, TV- of filmtekste.
Daarna gaan ek ateljee of stel toe om te skiet aan 'n TV-reeks of film, of ek
repeteer aan 'n drama - hetsy as aktrise of regisseur. Party dae rush mens na
klankateljees toe om radioadvertensies of kommentaar of oorklanking vir 'n TV-program
te doen, dan weer terug stel toe, of na repetisies. Saans speel ek dikwels op
die verhoog, of tree as seremoniemeester of gasspreker op, of is 'n ateljeegas
vir 'n TV-onderhoud , of moet een of ander funksie bywoon. Ek collapse gewoonlik
so teen eenuur in my bed. Slaap is gelukkig nie iets waarvan ek baie nodig het
nie.
Wat is die laaste drie boeke wat jy gelees het?
Diary
of an inefficient man en First Love deur die Russiese skrywer Turgenev
Storyteller, 'n biografie oor Sir Laurens van der Post One thing
leading to another deur Sylvia Townsend Warner.
Jy
het onlangs Barrie Hough se Skilpoppe tot rolprentdraaiboek verwerk. Wat
is die planne nou daarmee? Ek
het reeds voorheen Barrie se jeugromans Vlerkdans en Skilpoppe as
opdragstukke vir die verhoog verwerk. Toe vra 'n rolprentmaatskappy my om Skilpoppe
as draaiboek te doen. Daar is wonderlike dinge aan die kook, maar my skrywerskontrak
sê ek mag nie daaroor praat tot als gefinaliseer is nie. Jammer, want ek
bars van opgewondheid. Kleur:
Pers Nagereg: Lemon merinque Troeteldier: Ek het twee v-e-t katte, maar
is ook gek oor honde, all shapes and sizes. Boek(e): God of small things
van Annuaditi Roy Fliek(s): Amelie, Interiors, Rosella's Grave
Webwerf: Ek gaan Yahoo of Google toe, en soek vandaar af na watter info ek nodig
het. Gesegde: "The duty of an artist is to remind mankind of its humanity
and the promise of its creativity." en "When in doubt, put on lipstick."
|  |
Onderhoud
met Jaco Jacobs, 'n M-student in Kommunikasiekunde en skrywer van jeugboeke.
Januarie 2003
|
|