Waar
het julle grootgeword?
-
Nerine
het in Heidelberg in Gauteng grootgeword en was vanaf die
begin van haar hoërskoolljare in Pretoria. Alet is 'n
plaaskind (net soos Lindie). Haar ma het in Mpumalanga met
Merinoskape en Drakensbergerbeeste geboer. Sy was in Breyten
op laerskool en in Carolina Hoërskool.
Jy
(Nerine) het die stories saam met Alet Steenkamp geskryf. Is dit
makliker of moeiliker om saam met iemand anders aan 'n boek te
werk?
Dit
is makliker om saam te skryf omdat 'n mens mekaar ondersteun
en uitdaag om verder te gaan en meer te doen as wat jy self
alleen sou. Maar ook moeiliker omdat ons twee dan presies op
dieselfde tyd beskikbaar moet wees om te skryf (en Alet se seuntjie
is maar drie!).
Het
julle ook sulke opwindende skooljare gehad soos Lindie-hulle?
Ons
het ook albei lekker groepe maats gehad waarmee ons heerlike
ervarings gehad het, maar gelukkig nie in soveel skelms soos
Lindie-hulle vasgeloop nie, want daar was toe beslis nie so
baie nie!
Waar
kry julle julle inspirasie vandaan?
Party
dinge het met onsself gebeur, van ander het ons gehoor , maar
die meeste dinge in ons stories dink ons maar uit.
Hoekom
vertel spesifiek Lindie die stories?
Ons
het gevoel dit sal die lekkerste wees as 'n graad 9-meisie self
die storie vertel.
Omdat julle self onderwysers is, is julle soos enige van die onderwysers
in die boek?
Ons
hou baie van kinders, daarom hou ons skool en skryf ons boeke
in hulle leefwêreld.
Party
meisies voel baie soos Andrea: ek wens ek was meer soos die meisie
voor my, mooi, lank, maer en getan. Wat sal julle vir daai meisies
sê?
Andrea
het haar eie unieke en spesiale persoonlikheid en vir haar vriendinne
is sy kosbaar - juis omdat sy is soos sy is. Dink net hoe die
storie sou gewees het as daar vyf Mia's was!
Is daar enige nuwe boek waarna ons kan uitsien?
O
ja! Ons vyfde storie is reeds by die uitgewers. Hierdie keer
gaan die vyf vriendinne op die Franse toer Parys toe (nie in
die Vrystaat nie!) en hulle kan maar nie uit die moeilikheid
bly nie!

-
-