|
|
| Piet
Grobler | | Piet
Grobler, die skepper van Storiewerf se lettervrate, is 'n veel bekroonde illustreerder
van kinderboeke. Braam Bredenkamp het met hom gesels oor sy werk, wat hom inspireer
en waar hy aan al sy idees kom. |
Wanneer
het jy besef jy wil illustrasie werk doen? Ek het van
kleins af geteken, maar eers tydens my werk as grafiese ontwerper besef dat daar
genoeg illustrasiewerk is en dat ek daarin kan spesialiseer. Watter
opleiding het jy ontvang?
BA en BD (teologie-grade),
Hons B Joernalistiek, N6 sertifikaat in Grafiese ontwerp, MA Beeldende Kuns. Sommige
hiervan is meer relevant tot my illustrasiewerk, maar ek meen die spore van al
hierdie rigtings is in my werk te sien. Waar
het jy aan jou illustrasie styl gekom?
Dit kan
ek nie sê nie. Talle invloede speel maar van oral in. My styl wissel ook
na gelang van die betrokke teks. Dink
jy jou persoonlikheid kom uit in jou styl? Ja. My
werkswyse is taamlik vinnig en ek verkies van alle mediums, waterverf wat vinnig
droog word. Ek is taamlik ongeduldig en wil gou resultate sien. Ek verkies dus
'n losser, vryer styl wat meer met karikatuur werk bo realisme en versigtige werk.
Ek het ook, meen ek, 'n goeie humorsin en 'n bogemiddelde (vir illustreerders)
vermoë om te kan lees. Daarmee bedoel ek om die aard en geaardheid van 'n
teks te snap, subteks by te werk ens. Watter
kunstenaars inspireer jou? Onder die skone kunste,
Paul Klee en Marc Chagall. Onder prenteboekillustreerders, Wolf Erlbruch (Duitsland),
Kveta Pacovska (Tsjeggiese Rep), Emanuele Luzzati (Italië) en Iku Dekune
(Japan). Wat inspireer jou nog?
Die animasiefilms van Juri Norstein wat deur my
broer, Diek, ook 'n kunstenaar, aan my bekendgestel is, goeie letterkunde en films,
reis: katedrale en tuine sien. Wat
doen jy nog behalwe illustrasie- en skryfwerk? Ek
het 'n galery in Stellenbosch (dit heet: Hoi Hannelore en ander verhale) waarin
ek my skilderye en illustrasies verkoop, ek gee deeltyds klas in illustrasie aan
die Cape Peninsula University of Technology. In my vrye tyd (of liewer, na werksure)
help ek my vrou Griet om Catherina (4 jr) groot te maak. Voor sy gekom het, het
ek nogal baie tuin gemaak. Van
watter boek wat jy geïllustreer het hou jy die meeste? "Karnalval
van die diere" en "Die Spree met Foete."
Waar
het jy aan die idee gekom (in "Mia se Ma") om die werklikheid met waterverf
voor te stel, en die sprokies met vetkryt? Nie
iewers daaraan gekom nie, self gedink dat ek die twee dimensies in verskillende
style en mediums kan uitbeeld.
| 
|
Mens
dink baie keer jy gaan sit sommer net en teken 'n prentjie, maar dit is nie so
maklik nie. Hoe kry jy dit reg om vir elke karakter 'n persoonlikheid te gee en
die styl van elke boek konstant te hou? 'n Mens
besluit maar op sekere trekke van die gesig, of maniërismes of kleredrag
om 'n karakter te bou. Oor die
algemeen, hoeveel keer teken of verf jy 'n prent oor tot jy tevrede is? Dit
wissel vreeslik. Soms is die eerste poging reg, maar ek het al 'n hele boek oorgedoen. Waar
het jy die idee gekry vir jou boek "Net één slukkie, Padda!"?
In opdrag van my Nederlandse uitgewer, Jean Christophe
Boele van Lemniscaat in Rotterdam, het ek 'n Australiese Aborigine volksverhaal
aangepas en verafrikaniseer. Vind
jy dit makliker om jou eie stories te illustreer, of iemand anders s'n? Die
vryheid om te doen wat jy wil, hang meer af van die vrye teuels wat die uitgewer
'n mens gee as wat dit van die teks of wie dit geskryf het, afhang. Ek het bv.
meer vryheid gehad om te doen presies wat ek wou met "Die Spree met Foete"
as met "Net een slukkie, padda".
| 
|
In
"Makwelane en die Krokodil" (en minder in "Toepa-toepa towery")
het jy 'n kombinasie van 'n paar mediums gebruik. Dit
lyk onder andere of jy die verfwerk in "Makwelane en die Krokodil" op
canvas en hardboard gedoen en toe ingescan het. Hoe het jy
die effek geskep en wat presies het jy alles gebruik vir die hele boek? Nee,
dit was akrielverf op growwerige akrielpapier. Daarmee saam fotocollage (bv die
oë, rivier, sommige rotse en plante) en sommige detail met gouache. Niks
is digitaal gedoen nie.
| 
|
Ek
het opgemerk in die meeste van jou boeke het die eerste of tweede dubbelblad klein
prentjies en patroontjies van prente wat in die boek voorkom. Hoekom verkies jy
dit so? 'n
Mens noem dit die skutblaaie en volgens konvensie is hulle dekoratief, maar kan
ook soos die omslagillustrasie, 'n aanduiding gee van die narratief wat gaan volg.
In "Die Spree met foete", is die skutblaaie belangrike betekenisdraende
bladsye wat 'n leidraad is tot die ontrafeling van die enigmatiese titel.
| 
|
|  |
Onderhoud
met Braam Bredenkamp, November 2006. Braam is 'n student in Skryfkuns en Kommunikasiekunde
aan die Noordwes-Universiteit. Meer
inligting oor Piet Grobler |
|