|
|
| Hesma
Nel | | Hesma
Nel hou van Hugh Grant,seekos, panfluitmusiek en stories. Martin Moolman het by
die skrywer van die Arendskruinboeke gaan kuier. |
- Waar
het u grootgeword en skool gegaan?
- Ek
het op Tonteldoos grootgeword en skoolgegaan in verskillende plaasskole en toe
is ek na Hoërskool Belfast.
Waar het u gestudeer?
- Eers
Heidelberg Onderwyskollege, daarna OKSA in Pretoria en toe Unisa.
Waar het u gewerk?
- Skoolgehou
by verskillende skole in Mpumalanga, was redaktrise van Die Lydenburg Nuus en
werk tans in die Onderwysbiblioteek in Pretoria.
Waar het u belangstelling in skryf begin?
- Ek
het in 'n huis vol stories groot geword.
Waarom skryf u nou juis vir kinders?
- Ek
is lief vir kinders en vir stories en ek wil hê kinder moet graag my stories
lees en so wil ek 'n bydrae lewer om kinders vir lees lief te maak.
Wat was u gunstelingboek?
- Kieriebeen
kry koers.
Ken u van die karakters in u boeke?
- O,
ja. Eintlik is my hoofkarakters gewoonlik 'n kombinasie van kinders wat ek geken
het.
Waar kom die idees vir titels vandaan?
- Gewoonlik
kry ek eers die titel nadat die storie klaar geskryf is en soms terwyl ek skryf.
Ek dink nooit vooraf aan 'n titel nie.
Op watter plek skryf u die graagste?
- Waar
ek HEELTEMAL alleen is.
Watter boek was die lekkerste om te skryf?
- Wenroep
van 'n kraanvoël, Kieriebeen kry koers en Vrees op Arendskruin.
Wat is u gunsteling kos?
- Ek
hou van boontjiesop en alle groente behalwe wortels. Ek is ook lief vir vrugte,
pasta, kaas en seekos. Ek drink graag wyn.
Van watter soort musiek hou u?
- Ek
hou van ligte klassieke musiek en dan is orrel, viool, panfluit en kitaar my gunsteling
instrumente.
Watter fliek was u gunsteling?
- Ek
hou baie van fliek en ek het 'n paar gunstelinge, maar Airforce 1 en
The American President staan nogal uit.
Wie is u gunsteling aktuer en aktrise?
- Daar
is baie. Om maar 'n paar te noem Harrison Ford, Mel Gibson, Hugh Grant, Marius
Weyers, Beth Mittler, Angela Lansbury, Annamart van der Merwe.
Waar hou u graag vakansie?
- In
die Kaap.
Goeie eienskappe?
- Ek
is lief vir mense en diere. Ek werk hard en is kreatief.
Slegte eienskappe?
- Ek
is baie verstrooid, ek laat toe dat mense my misbruik en ek haat konfrontasie.
Ek is ook 'n hopelose huisvrou.
Hoe sien u die toekoms van Afrikaanse literatuur in ons land?
- Die
toekoms van Afrikaans, of die Afrikaanse boek, lyk vir my heeltemal belowend,
solank die skrywers ook inspring en hulle werke bemark.
Hoe sien u die toekoms van tieners in Suid-Afrika met drank, dwelms en verkragtings?
- Onthou,
die tieners van vandag, ongeag die kulturele groep waaraan hulle behoort, het
onverskokke voorvaders gehad en daardie bloed vloei nog in hulle are. Ek het geloof
in die tieners en weet dat hulle die nodige waagmoed aan die dag sal lê
om hierdie bedreigings die hoof te bied.
As u kon kies, sou u u lewe anders wou hê?
- Dalk
sou ek sekere dinge wou verander, maar ek sal nog ek wil bly.
|  |
Onderhoud
met Martin Moolman, Laerskool Stephanus Roos, Graad 7H.
Februarie 2000 Verdere
inligting oor Hesma Nel |
|