2018-03


grootmense

resensies

Hartklop

Cecilia Steyn
hartklop  

 

Hartklop

Cecilia Steyn

Human & Rousseau



Hartklop, die eerste verhaal in die Tienerharte-reeks, is baie meer as wat die voorblad en titel weggee. Die verhaal lê die fondasie vir Hartbreker en Hartedief waarin die bykarakters – wat ons in Hartklop leer ken – ‘n skoot na die liefde kry.

Megan is ‘n tiener wat al van kleintyd af ‘n ogie op Dewald , haar broer (Stefan) se beste vriend, het. Haar gevoelens word ernstig wanneer Dewald saam met Stefan vie die vakansie Paternoster toe kom. Die probleem is nie of Dewald dieselfde oor Megan voel nie, maar of Stefan die verhouding tussen sy kleinsus en beste vriend sal aanvaar.

Hartklop is nie ‘n tipiese romantiese verhaal vir tieners nie, maar is ‘n  kombinasie van plannetjies beraam, deurmekaar hormone, familiekonflik en ‘n bietjie van die verlede wat by die karakters kom spook. Die feit dat die leser Megan én Dewald se perspektief op die situasie kan beleef, maak die verhaal nog meer interessant. Die verhaal hou die leser vasgevang tot op die laaste bladsy en kweek opgewondenheid oor die verhale wat in die reeks volg.

Hartklop is geskik vir tieners bo die ouderdom van dertien jaar en is deur Human & Rousseau uitgegee.


Sjane Colin

Sjane Colin is 'n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2018.
Terug na Resensies

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit

(C) Franci Greyling 2000-2018