|
Madelief, Moenie! en Slaaptyd, Matilda (uitgegee
deur Lapa-Uitgewers) deur Jaco Jacobs sorg vir groot pret by kleuters
Madelief is anders as ander prinsesse. Sy dra nie graag rokke
nie. Sy het vreemde troeteldiere. Sy hou nie van bad nie . . . en
sy spring op haar bed. En wat van Matilda? Dis slaaptyd vir Matilda
- maar voor sy gaan slaap, moet sy eers 'n paar dinge doen . . .
'n paar belangrike, prettige en ongelooflike dinge.
In die prenteboeke Madelief, Moenie! en Slaaptyd, Matilda
wys Jaco Jacobs weer waarom hy een van Suid-Afrika se mees geliefde
kinder- en jeugboekskrywers is. Hy het drie-en-sestig titels agter
sy naam, waarvan daar reeds 'n 150 vertalings internasionaal beskikbaar
is. Beide die hoofkarakters in dié twee boeke is sterk, individualisties
en verbeeldingryk. Hulle laat hulle nie voorskryf nie, maar laat
hulle lei deur avontuur.
 |
Die
chaotiese wêreld van Prinses Madelief, wat glad
nie prinsesreëls wil gehoorsaam nie, word prettig geïllustreer
deur Sebastien Quevauvilliers in Madelief, Moenie!. |
 |
In
Slaaptyd, Matilda slaag illiustreerder Zunica Joao ook
uitstekend daarin om Matilda se verbeeldingswêreld, wat
bewoon word deur tiere, dinousourusse en gorillas, helder in
te kleur. Die grootmenskarakters word deurentyd bloot aan hulle
bene herken - dit is immers 'n kinderverhaal! |
Madelief, Moenie! en Slaaptyd, Matilda sal beslis sorg vir groot
pret by kleuters.
|