Zita
moet haarself balanseer op die dun lyn tussen twee węrelde. Sy loop met haar een
voet in die nuwe, onbekende węreld van 'n vreemde skool, waar alles anders is
as dit waaraan sy gewoond is. Die kinders praat anders, lyk anders, dit ruik selfs
anders in die koshuis. Die koshuiskos laat haar verlang na die ánder węreld, waar
Antie Rina roosterkoek oor die vuur braai en daar altyd mense in die strate is.
Daar waar 'n helder geverfde blikvoordeur 'n teken van welvaart is. Die węreld
van Kieriekroek, waar sy grootgeword het. Maar ook hier voel Zita nie meer tuis
nie. Want sy het nog nooit regtig ingepas nie. Tog is daar in hierdie deurmekaartyd
ook Waldo by die nuwe skool, Waldo by wie sy, ten spyte van hulle verskillende
węrelde, soms tuis voel. En Zita weet: Dis nie regtig oor wie sy is dat sy uitgestoot
voel nie - dis oor die ding met haar pa . . . In hierdie debuutroman raak
Anzil Kulsen met fyn vingers aan die seerkry van verwerping, die vlindergevoel
van dalk-verlief-wees, en ook die groei wat dit bring om jouself en jou węreld(e)
te aanvaar. Met gemeenskapseie taalgebruik en kraakvars beskrywings kry die skrywer
dit reg om die węreld van Kieriekroek oop te sluit sodat dit vir die vreemdeling
bekend en geliefd word. Zita is 'n boek wat deur enige jong (en ouer) leser gelees
en baie geniet behoort te word. Lapa Uitgewers ISBN 0 7993 37 12 9 Anneretha
Combrink |