Stand up: Moenie
bang wees om jou idees rugbaar te maak nie. Mense sal nie altyd met jou saamstem
nie, en dis goed so; dit hou jou op jou tone. Eintlik
is dit lekkerder as mense NIE met jou saamstem nie. Dit laat jou belangrik voel.
Wat NIE beteken dat jy wel belangrik IS nie!
Speak up: Skryf
duidelik, met eenvoud en deernis, al spot jy ook met hulle swakhede. Mense hou
daarvan om hulle swakhede in stories uiitgebeeld te sien; dit gee hulle die salige
gevoel dat hulle darem nie die enigste sondaars op aarde is nie. Lees oor en oor:
THE OLD MAN AND THE SEA van Ernest Hemingway.
Shut up: Alles het
n slot. Jou lewe ook. Hoe gouer jy leer hoe en wanneer om jou storie te
eindig, hoe beter vir jou en jou storie. En vir die leser of luisteraar. Tensy
jy daarvan hou as die leser kan raai wat jou slot is nog voordat jy self daaraan
kan dink.
3
Ek
dink dis noodsaaklik vir n skrywer om sy moontlikhede en tekortkominge te
ken. Maak n aparte lys van albei en konsentreer op jou moontlikhede. Ek
sê, moontlikhede, want niemand ken homself so goed dat hy altyd presies
weet waarheen hy op pad is nie.
4
Sonder n positiewe instelling teenoor die lewe en jou medemens, sal jou
skryfwerk nooit bevredigend wees nie. Al kry jy per ongeluk ook die Nobelprys.