So,
jy wil skryf? Jy wou nog altyd geskryf het! Wonderlik - gryp pen en papier - skud
jou κrens gemaklik in en
. BEGIN! Of nee - dalk liewers voor die rekenaar - sit
hom aan - kry die woordprogram - sit gereed met vingers op die sleutelbord en
. BEGIN! Of nee
eintlik sterf jy van die honger - gaan kyk eers in die yskas
- daar is NIKS lekkers in die yskas nie - "MAAAAAAA - hoekom is daar nooit lekker
goed in die yskas nie?" Dikbek stap jy terug na die pen en papier of die rekenaar.
Nou sal jy begin. NOU! NOU! Maar die papier is so KAAL - so WIT - of die skerm
is so
LEEG - en sowaar - dis net soos wat jou kop voel - daar is nie 'n ENKELE
gedagte in nie - niks - ziltz - nie 'n enkele gedagte nie - leeg en kaal en wit
soos die leλ skerm of bladsy. WAAR kry skrywers hulle idees vandaan? Aha! Hier
is vir jou 'n ideesoekmetode wat WERK.
1) Dink aan 'n woord - enige woord - as jy nie aan 'n woord kan dink nie - kyk
in 'n woordeboek - sκ nou maar, jy dink aan die woord: KAMEEL. Reg, skryf hom
neer. 2)
Nou dink jy aan: KAMEEL - waaraan dink jy? Woestyne - boggel - water - sand -
sandstorms - tente - goed, goed - mooi - jou kop is aan die gang. NOU:
3) Dink aan NOG 'n woord - sommer enige woord - een wat NIKS met kameel uit te
waai het nie. (Kyk in die woordeboek as jy nie aan 'n woord kan dink nie! Woordeboeke
is vol SAPPIGE woorde!) Goed
. sκ nou maar jy dink aan
. DONKERBRIL! Okay, cool.
NOU
4) Skryf DONKERBRIL langs KAMEEL neer - hierdie twee woorde het mos NIKS met mekaar
uit te waai nie - of het hulle? Hmmm
. 'n kameel met 'n donkerbril
. HOEKOM
het hy 'n donkerbril
dalk het hy seer oλ en moet hy na die oogdokter toe gaan
. dalk is hy 'n beroemde akteur en is bang mense herken hom
. dalk is hy 'n
spioen
of 'n privaat speurder
en leun hy teen 'n boom met vandag se koerant
voor sy gesig sodat niemand hom moet raaksien nie
en daar
so wragtie
daar
kom 'n
. WAT? aan
En as jy nou al hierdie goed neergeskryf het, dan is daardie aaklige wit papier
of leλ skerm nie meer so wit en leeg nie - en jou kop is aan die hardloop en jou
storie het begin! NETSO kan jy BAIE stories uitdink - TWEE woorde wat NIKS met
mekaar te doen het nie en dan tog
.bymekaar pas op 'n vreemde manier! LEKKER
SKRYF! |