Konflik?
Dit is 'n "ongeskrewe" reël dat konflik 'n noodsaaklike element
is in stories, aangesien konflik gewoonlik lei tot reaksie van een of ander aard
en daar dus dan iets in die storie "gebeur" - 'n storie waarin niks
gebeur nie, is 'n vervelige storie. Is dit so?
'n
Voornemende skrywer moet bewus wees van reëls, nie om dit slaafs na te volg
nie, maar juis om sy/haar eie variasies daarvan te ontwikkel of 'n "reël"
op sy kop te draai.
Hoekom
is konflik nodig in storie?
Wie
het hierdie "reël" gemaak? Skrywers eet nie alles vir soetkoek
op nie. Hulle dink vir hulleself.