| |
| Kreatiewe
idees kan pret wees | | Franci
Greyling |
Soek
jy 'n idee vir 'n storie? Is die begin van jou verhaal of opstel dalk vaal en
vervelig? Of droog jou idees langs die pad op? Probeer
hierdie handige tegniek: -
Maak
op die linkerkant van 'n papier 'n lysie van so vyf tot agt woorde. Maak daarna
'n ewe lang lysie op die regterkant. (Druk sommer met jou vinger op 'n bladsy
in 'n boek en skryf die woord neer.) -
Nommer
die woorde. -
Verbind
elke woord aan die linkerkant met 'n woord regs. Trek byvoorbeeld 'n strepie van
nommer 1 links na nommer 7 regs. Moenie die
woorde lees terwyl jy dit verbind nie. - Kyk
hierna na die woordpare. Jy sal agterkom dat van die woordpare doodgewoon is,
terwyl ander pare ongewone kombinasies is. Watter kombinasie laat jou wonder of
lag of sit jou aan die dink?
- Gebruik
een (of meer) van hierdie woordpare en werk verder daarmee. Kan jy dit in jou
storie gebruik?
- Moenie
'n volgende lysie maak voordat jy iets met 'n vorige lysie gedoen het nie. Op
hierdie manier dwing jy jouself om skeppend te dink - én te werk.
Hier
is 'n voorbeeld:
| A |
B |
- dieseldrom
- skilpad
- bolemakiesie
- vir
- dansery
- ledegeld
- sokkies
- oorspronklik
|
- kolletjies
- toegeplakte
- crescendo
- swartblink
- boerderytake
- glinster
- onmiddellik
- kruisie
|
Nuwe
idees begin gewoonlik met die kombinasie van dinge wat jy nie sommer vanself by
mekaar uitbring nie. Jy
kan hierdie tegniek ook vir ander dinge gebruik. Probeer dit bietjie vir 'n nuwe
entrepreneursidee! |  | | Franci
Greyling | | Terug
na skryfgeheime |
 |
|