|
Om 'n liriek te skryf, is nie so maklik as wat dit lyk nie. Tog
is dit so wonderlik wanneer die lied uitgevoer word en elke woord
en vers met musiek beklee word. Dit dwing my telkens tot trane,
want ek staan elke keer sonder woorde wanneer die twee in volmaakte
harmonie voortvloei.
Daar is baie liriekskrywers en net soveel liedjiemakers, maar my
riglyne is meestal soos volg: Jy kan op twee manier te werk gaan,
naamlik:
a.
Eers die musiek/ melodie kies of toonset, en daarna die woorde daarby
skryf of
b. Eers die woorde skryf en daarna die musiek daarby toonset.
Verskillende
soorte lirieke
a.
Die skoollied: Die woorde is beskrywend, betekenisvol, histories,
swaar, en tog eenvoudig.
b.
Volksliedjies: Meestal rymelary, met woorde sonder veel betekenis
bv. Die hond se naam is Faai.
c.
Meer beskrywende en poëtiese lirieke: Bv Middelburg en Graaff-Reinet
se liedere.
d.
Godsdienstige liedere: Hier moet binne die raamwerk van neergelegde
norme gehou word.
Hoe
skryf mens 'n liriek?
a. Kies tema
b. Kies die soort lied.
c. Kies rymskema.
Rymskema
a. aa,bb,aa (Graaff-Reinet)
b. ab,ab,ab (Die Oeslied)
c. abba, abba
Indeling
van verse
a. Hoeveelheid reëls waaruit elke vers moet bestaan.
b. Moet daar 'n refrein wees, of nie.
c. Lengte van elke reël en vers
Uitleg
a. Gewoonlik 4 lyne in elke vers - wat herhaal kan word.
b. Gewoonlik 4 verse plus 'n refrein wat na elke vers herhaal kan
word.
c. Tempo: Wil jy hê die verse moet vinnig of stadig gesing word
of, moet die refrein vinniger en meer polsend wees as die verse.
Tema
a. Moet die lied 'n storie vertel bv Sproetjies.
b. Moet elke vers 'n aspek van die onderwerp hanteer soos bv Die
kopersmid.
Woordkeuse
a. Kort woorde
b. Beskrywende woorde soos bv in Riversdal se heide (Luilou
lente)
Lied
moet aanpas by die sanger se stem en die spesifieke geleentheid
a. Koor
b. Solo / Duet
c. Man/ vrou / kind
Hierdie
is slegs riglyne. Elke liriekskrywer kan basies sy of haar eie riglyne
opstel en daarvolgens werk, maar ek het gevind dat hierdie vir my
die beste werk. Dis hang natuurlik ook af wat die behoefte van 'n
spesifieke opdrag is. Daarby moet ek dan ook aanpas.
Kowie
Rossouw
|