'Okay,
hier staan ek nou tyd af om die woorde te lees wat jy geskryf het - doen nou iets
vir my! Vermaak my - laat my lag of laat my huil of laat my wonder of RAAK my
op die een of ander manier. Moet my net nie VERVEEL nie!!!!!
Onthou
- JULLE sê net so maklik "BORING!!!!!" as iets julle verveel! En dis iets wat
julle as voornemende skrywers van die begin af moet weet - jy moet jou leser se
aandag HOU - hoekom anders sou hy/sy lees? En 'n lekker storie (al is dit net
een van 600 woorde) hou mens se aandag - want daar GEBEUR iets en dan weer GEBEUR
daar iets onverwags - en dit hou jou aandag - en jy WIL WEET WAT GAAN GEBEUR en
dit laat mens verder lees. En DIS wat 'n storie is - iets
wat jou laat aanhou en aanhou lees OMDAT JY WIL WEET WAT GAAN GEBEUR!
Maar,
jy kan ook nie sommer net voortbabbel nie - daar moet "orde" in jou storie wees
- dit moet "sin" maak. Jy kan nie sommer 'n karakter inbring en dan verdwyn hy
weer sonder dat hy bygedra het tot die verloop van die storie nie.
As
mens net 600 woorde mag gebruik, dan vertel 'n mens 'n "klein" storie - maar nog
steeds een met 'n oploop (daar moet iets gebeur) - 'n klimaks (iets onverwags
gebeur) en 'n afloop. As jou storie te lank is vir die hoeveelheid woorde - dan
word die storie so ylerig soos jy hom probeer inpers in die hoeveelheid woorde.
Ek weet dis BAIE moeilik om so kort te skryf - maar dis BAIE goeie oefening
want dit dwing mens om by die ESSENSIE van die storie te bly.
Nog
'n paar wenke vir 'n lekker storie: