Jy
kan wonderlike dinge doen met ruimte Dink
aan 'n boom, enige boom... -
Wat
se boom is dit? Hoe lyk hy? Waar staan hy? Was jy al daar? Ken jy die boom? -
Hoe
voel die boom? Hoe voel die stam, die blare, die takkies? Kan jy 'n blaar kneus
of 'n takkie knak? Hoe klink dit? Hoe ruik dit? Hoe proe dit? -
Wat
is onder die boom? Blare, gras, grond, saad, wortels? 'n Graf? -
Hoe
val die lig deur die boom, deur die blare? -
Roer
die blare? Kan jy dit hoor? Hoe voel dit by/onder/in die boom? -
Waaraan
laat die boom jou dink? -
Die
seisoene wissel - wat gebeur met die boom? -
Hoe
lyk die omgewing? Staan die boom in 'n bos, op 'n vlakte, in 'n agterplaas van
'n woonstelblok? Is dit 'n sonskyndag? Betrokke? Het dit gereën? Is dit nag?
-
Hoe
sal 'n lewendige 8-jarige seun dié boom beleef? 'n Verliefde 16-jarige
meisie? 'n Blinde persoon? Rooikappie? Die wolf? Die houtkapper? 'n Soldaat? 'n
Moordenaar? Iemand wat so pas gehoor het sy is HIV-positief? -
Watter
stories kan by dié boom afspeel? Ruimte
in 'n boek is die plek en omgewing waar 'n storie afspeel (milieu). Dit is ook
die tyd en tydperk waarin die gebeure plaasvind. bietjie
meer Die
goeie gebruik van ruimte laat jou karakters en stories lewe
-
Die
wyse waarop ruimte in 'n verhaal gebruik word, maak 'n verhaal geloofwaardig.
'n Skrywer kan die storiewêreld as baie realisties en werklik uitbeeld -
bv. 'n storie wat op 'n spesifieke, herkenbare plek en tyd afspeel (Woorde
is soos wors - Rona Rupert); of die skrywer kan 'n unieke fantasieruimte skep
(Harry Potter). As jy dié spesifieke ruimte self beleef (of verbeel)
het en dit só kan uitbeeld, glo die leser die storie. -
Besluit
wie is jou hoofkarakter en laat hy of sy die ruimte ervaar. Dit laat die karakter
lewe en help ook die leser om deel van die storie te word. Bv. "Dis
ongemaklik in die mik, daar's nie plek vir haar én die skooltas nie. Lena
skuif versigtig vorentoe skuif om die tak weg te druk. Die growwe stam skuur soos
'n rasper teen haar kaal bobene. Tussen die blare deur sien sy hoe die kinders
klas toe stap." -
Besluit
hoe belangrik die ruimte in 'n spesifieke verhaal is. As die storie in 'n onbekende
omgewing afspeel, moet meer aandag aan die ruimte gegee word. In 'n avontuurverhaal
speel die ruimte gewoonlik 'n groot rol en moet jy vir die leser 'n goeie aanduiding
gee hoe dit lyk. As jou storie in 'n bekende omgewing afspeel, soos op 'n skoolterrein,
kan jy deur 'n paar terloopse verwysings die agtergrond gee. -
Oor
die algemeen lees mense nie graag lang beskrywings nie. Vleg die beskrywings in
die storie en gebeure in. Ruimte
is deel van die hele storie (dit kan selfs die storie laat gebeur...)
-
Die
ruimte van 'n verhaal bepaal dikwels die gebeure en intrige. 'n Verlate
strandhuis, 'n ruimtestasie, binnekant van konfytblik, ens. het eie storiemoontlikhede. -
Ruimte
kan dinge vertel van 'n karakter. 'n Karakter se omgewing gee 'n aanduiding
van sy persoonlikheid en belangstellings. (Dink maar aan jou slaapkamer, jou boektas
of jou penneblikkie!) -
Ruimte
kan vertel wat in 'n karakter se binneste aangaan. Bv. 'n hartseer karakter kan
alles rondom hom as kleurloos ervaar. 'n Karakter se handeling met dinge in die
ruimte kan ook vertel hoe hy voel: 'n kind wat gate in 'n boom kap kan dalk baie
kwaad of gefrustreerd wees. -
Die
omgewing waaruit 'n karakter kom en ruimte waar hy grootgeword het, het 'n invloed
op sy persoonlikheid en motivering. -
Ruimte
kan 'n karakter laat "lewendig" word. 'n Karakter wat reageer op die
ruimte om hom, dinge hanteer en die omgewing met sy sintuie beleef, is geloofwaardiger
as een wat maar net deur die omgewing beweeg, maar nie daarby betrokke raak nie. -
Soms
kan die ruimte die antagonis in 'n storie wees. Dink maar aan "Twister"
waar die orkaan die groot vyand is. Kan jou boom dalk 'n antagonis wees? -
Die
ruimte en die manier waarop dit uitgebeeld word, skep en beïnvloed die stemming
of atmosfeer van die verhaal. 'n Riller kan net werk as die ruimte 'n bedreiging
inhou. -
Ruimte
of voorwerpe in die ruimte kan simboliese betekenis kry. 'n Boom is bv.
dikwels simbool van lewe en dood, terwyl 'n bos simbolies van die onbekende is.
(Kyk hoeveel sprokies speel in die bos af.) Skryf
die eerste paragraaf van die volgende stories en kyk wat gebeur:
-
Dis
middernag. Langs die donker sipresbome... -
Hy
was 'n kort mannetjie, en daarom het hy in die boom geklim. -
Elke
kind moet 'n boomhuis hê. -
Sy
kyk vlugtig oor haar skouer. Die geheime ingang is tussen die wortels. -
"Dit
was die weerlig," het Ouma altyd vertel. -
Op
die boonste puntjie van die hoogte boom...
Bietjie
meer: Ruimte
in 'n boek is die plek en omgewing waar 'n storie afspeel (milieu), maar ook die
tyd en tydperk waarin die gebeure plaasvind. Ruimte sluit ook die algemene omgewing,
agtergrond en lewenswyse van die karakters in. Voorbeeld:
In 'n historiese verhaal is die ruimte die geografiese plek waar die storie afspeel,
en ook die tydsfase en spesifieke historiese agtergrond. Die beroepe, lewenswyse,
sosiale verhoudinge, morele standpunte, ensovoorts is deel van die betrokke tydperk
en ruimte. |