Weet
jy wat om met skrywersblok te maak?
Wat
is skrywersblok? Het jy al oot gevoel dat die kanaal tussen jou
pen en jou verbeelding verstop is? As jy het, dan weet jy wat
skrywersblok is. Dit is presies dit wat jou weerhou om iets op
'n papier of op jou rekenaar neer te sit.
Alle
skrywers en dus ook jy, kry op een of ander stadium in hul skryfwerk
te doen met skrywersblok. Sommiges natuurlik net meer as ander.
Dit beteken nie dat jy nie meer kan skryf nie, maar wel (soos
ek bo genoem het) dat die kanaal vanaf jou verbeelding verstop
is. Al wat jy nodig het, is 'n vars idee wat jou verbeelding weer
kan prikkel sodat jy weer aan die skryf kan kom.
Daar
is verskeie maniere hoe 'n mens skrywersblok kan oorkom. 'n Baie
oulike manier wat ek teegekom het, is 'n boekie met die naam Writersblock.
Die boekie is letterlik 'n blokkievorm lank, breed en hoog. Binne
is die bladsye vol foto's van vreemde gebeurtenisse, gebare, uitdrukkings
en gesigte. Elkeen kan 'n wêreld vol idees aan jou oopmaak
indien jy assosiasies en konnotasies met elke foto probeer maak
en soek.
'n Soortgelyke manier is om deur tydskrifte te blaai of om in
'n koffiewinkel te gaan sit en die mense se gesprekke langsaan
af te luister. Kyk of jy die beginpunt van hierdie gesprekke kan
optel. Wie weet, dit mag dalk verskriklik interessant eindig.
'n
Eenvoudige en vinniger manier is om 'n stuk papier met potlode,
kleurpenne, ens. te vat. Begin krabbel, skryf woorde neer en teken
wat in jou gedagtes opkom. Volg jou gedagtes soos jy dit aanteken.
Anders kan jy selfs net jou rekenaar vat en begin tik. Skryf die
woorde en gevoelens en beskrywings van jou onmiddellike omgewing
neer. Byvoorbeeld: "Ek sien my vingers vinnig oor die
keyboard rammel na sinnelose woorde soos hierdie. Terwyl my hond
buite blaf en daar 'n hoop werk op die regterkant van my lessenaar
wag
"
Herlei
hierdie idees en gedagtes na konnotasies en assosiasies. Tik verder
aan hierdie ongeorganiseerde stuk werk tot jy op iets kom waarvan
jy hou.
Tegnieke
soos hierdie hierbo genoem, hoef nie net vir skrywersblok gebruik
te word nie, maar kan ook as oefening dien om op goeie en regte
idees vir jou skryfwerk te kom. Dit help jou konsep filter sodat
dit suiwer aan die leser deurgegee kan word. Natuurlik verwys
skrywersblok nie na elke keer wanneer jy nie onmiddellik aan 'n
storie kan dink nie. Dit verwys eerder na 'n konsep wat reeds
gevorm is, maar op 'n doodloopstraat uitloop. Byvoorbeeld, die
derde hoofstuk van jou storie wil net nie vorm aanneem nie en
jy het reeds elke opsie probeer waaraan jy kon dink, dan begin
dit 'n skrywersblok raak.
Speel
rond met idees en geniet dit wat daaruit voortvloei.