Daar
is verskillende soorte spoke of afgestorwe geeste: Dwaalgeeste - geeste wat op
bepaalde plek en tyd dwaal. Verskynsels - geeste wat verskyn en weer verdwyn.
Poltergeeste - lawaaispoke wat mense wil verwilder. Landspoke. Seespoke. Lugspoke. Dis
nie alle afgestorwenes wat na hul dood spook nie. Dis slegs dié wat voel
dat hulle werk op aarde nog nie afgehandel was toe hulle dood is nie. Of hulle
is met 'n wrok in hul hart dood. Of hulle voel sleg omdat hulle nog nie 'n onregverdigheid
uit die weg geruim het nie en wil daarom om verskoning vra. Of hulle wil lewendes
waarsku teen 'n ongeluk wat hulle gaan tref. Bepaal
eers oor watter soort spook jy gaan skryf en gee dan vir die afgestorwene 'n baie
goeie rede om te spook. Daar moet genoeg spanning, afwagting en nuuskierigheid
by die leser wees om verder te wil lees. Teen die einde van die spookstorie moet
die spook gelukkig wees, ophou spook en tot rus kom. |