Daar
is 'n paar dinge wat julle ons in gedagte moet hou: -
Weet presies wat jy wil sê voor jy begin. -
Kry 'n raamwerk van die storie in jou kop, of op papier - sommer so telegramstyl,
een of twee bladsye. -
Praat oor jou storie. Vertel hom vir jou pelle, bespreek hom, kry hom duidelik
in jou kop. -
Voor
jy begin, werk elke karakter se pedigree uit - hoe hy/sy lyk, waar hy bly, wie
en wat is sy ma en pa, wie's sy pelle, is hy slim/dom, wat is sy stokperdjies,
gewoontes, maniertjies. Die karakters moet lewe! -
Moenie oordramatiseer nie, bly op die aarde. Jou lesers identifiseer makliker
met alledaagse, bekende dinge. -
Skryf oor dinge, plekke, en verkieslik mense wat jy ken, of baie van weet. -
Gebruik
al jou sintuie in beskrywings, die leser moet kan sien, hoor, voel, ruik, proe
wat aangaan. -
Skryf in prentjies, soos in 'n fliek. Sien die gebeure in jou kop. -
Skryf jou storie oor en oor en oor, tot jy tevrede is met hom. 'n Storie is selde
met die eerste skryf "klaar". |