Ons
het almal stories. Ons is almal skrywers. Ons almal se lewens is stories. Ons
skryf almal elke dag aan ons lewensstories.
As jou lewe BOOOORING is - SKRYF hom/haar meer interessant. Stories maak moontlikhede
oop. Is jy te bang om jou mond oop te maak? Skryf 'n storie oor 'n GROOTBEK karakter.
En net-nou leer jy dalk ook om meer te waag en jou opinies te gee. Ons is maar
almal bang - of meeste van ons - dat ander mense dink ons is DOM, of
. (vul
self in - ons het elkeen ons eie vrese!)
Maar vreemd genoeg is ons elkeen ANDERS
maar ook EENDERS
verstaan
jy wat ek sê in die paragraaf hierbo? As jy dit "verstaan" met
jou "hart" wat sê - ja, jou werklikwaar - ek is ook so bang soms!
Dan is ons nie so anders nie, né?
DUS - elkeen KAN skryf - MAAAAAR om te skryf met die oog op PUBLIKASIE - dis 'n
anderste ding. Nou moet jy 'n LESER in ag neem. En jy weet mos hoe dit is as jy
'n boek lees en dis so BOOOOORING!
Gepubliseerde stories moet ANDER mense
BOEI en hulle aandag hou. Stories moet dus so vertel word dat dit ANDER mense
interesseer! HOE? Stories het:
Is jou kop nou deurmekaar? Goed so dan! Want stories is NUUT en kom uit DEURMEKAAR
plekke uit!
Dus - as jy wil skryf - begin eers vir JOUSELF skryf en dan daarna, kan jy kyk
of jy dit so kan aanbied dat dit ANDER ook interesseer.
SPEEL met woorde,
met idees, met maniere van doen. En kyk wat gebeur!
Lekker speel!
Maart 2004