| |
| Suid-Afrika
en België ontmoet... | | Franci
Greyling |
Twee
klasse, een uit Potchefstroom (Suid-Afrika) en die ander uit Lichtervelde (België)
het 'n interessante projek onderneem en sommer baie pret gehad. In
die projek, In de warmte van moeder Braaien, het kinders uit twee vastelande,
vriende gemaak, geskryf,
gelees, geleer, gelag, geniet... Waar
het die projek begin? Die
Vlaamse skrywer, Lieve Hoet, wat 'n storieboek geskryf het oor meerkatjies in
die Kalahari (Loedolf, het stokstaartje), het tydens 'n reis in Suid-Afrika
onder andere Potchefstroom besoek. Toe sy later gevra is om betrokke te raak by
'n groot projek in die gemeenskap van Lichtervelde het sy gewonder of 'n skool
in Potchefstroom nie dalk lus is om saam te werk nie... |  |
Wie
was betrokke by die projek?
In Suid-Afrika: Die graad 7 klas (2005) van Laerskool Hendrik Potgieter, mev.
Hannie Rautenbach (hul Afrikaans onderwyseres) en Franci Greyling (Vakgroep Skryfkuns,
Noordwes-Universiteit).
In België: Die 1ste leerjaar A van die Middenschool
Sint-Rembert van Lichtervelde, Lieve Hoet (skrywer), Annelies Verbeke (skrywer),
Jan Maes, asook die Vrienden van Zuid-Afrika. (Jan Maes is voorsitter van KLIK
wat die groot projek 'Meetingpoint Lichtervelde' organiseer het en bedryfsleier
by die uitgewery Die Keure wat die boek gedruk het.) |
Wat
het die projek behels? | Leer
mekaar ken Om mekaar te leer ken, het die twee klasse met mekaar gekorrespondeer
en ook foto's van hulself oor en weer gestuur. | Leer
van 'n ander land Die Vlaamse skrywer, Annelies Verbeke, het Laerskool
Hendrik Potgieter besoek en vir die klas meer oor België en Lichtervelde
vertel. Later het sy en Lieve Hoet die klas in Lichtervelde besoek en vir hulle
van Potchefstroom en Suid-Afrika vertel. |  |  | Leer
van diere Die boek, Loedolf, het stokstaartje, het die basis gevorm
vir die projek. In
die boek kom daar heelwat diere, voëls en insekte voor. Elke deelnemer het
'n dier uit die boek gekies. Die klas in Lichtervelde het die boek gelees en vrae
oor die diere uitgedink, terwyl die klas van Hendrik Potgieter navorsing oor die
diere gedoen het. | Maak
'n video Die klas in Lichtervelde het elkeen 'n vraag oor 'n dier gevra
wat die kinders van Hendrik Potgieter moes beantwoord. 'n Video is gemaak van
die vrae en antwoorde, 'n toneeltjie deur die klas van Hendrik Potgieter, en interessante
inligting en foto's van die diere. |  | | Stories
skryf Elke deelnemer het 'n storie, vertelling of gedig oor hulle dier
geskryf. (lees bydraes) 'n
Boek 'n Pragtige bundel is in België uitgegee met bydraes in Afrikaans
en Nederlands. Hier spog die klas van Hendrik Potgieter met hulle boeke. (Hulle
is nou in graad 8 Hoërskool Volkskool, Potchefstroom.) | 'n
Fees Die hoogtepunt van die projek in Lichtervelde was die bekendstelling
van die projek en bundel op 3 Mei 2006. 'n
Baie interessante funksie is aangebied. Die klas het die gaste met tromspel verwelkom,
die Suid-Afrikaanse volkslied gesing, Uit Noag se ark (A.G. Visser) voorgedra,
musiek gemaak en stories uit die boek voorgelees. | 
|
'n Muurskildery wat die klas van Lichtervelde geverf het, is deur die saakgelastigde
van die Suid-Afrikaanse ambassade, meneer C.A. Basson onthul. Die
video is vertoon en die aand is afgesluit met Suid-Afrikaanse eetgoed soos bobotie
en melktert. |  | Wat
het die projek beteken?
Die
twee klasse het baie geleer van hulself, hul eie taal, land en diere - maar ook
van ander, 'n ander taal, land en kontinent. "Door
ons project is de andere kant van de wereld ineens een stukje dichterbij gekomen
en kregen we er nieuwe vrienden bij die leren, spelen, grappen uithalen, enthousiast
zijn ... net als wij. Zoveel verschil is er nu ook weer niet." (Lisa Denoo
en Marlies Vlaemynck) 
|
|