| |
| Suid-Afrika
en België ontmoet... | | Bydraes
uit die projek: In de warmte van Moeder
Braaien |
Er
was eens... Er
was eens een jakhals uit Lier die ging in Zuid-Afrika aan de zwier. Daar
zwierf hij wat rond en maakte het bont tesamen met de leeuw en de gier. David
Garbonez 
|
Die
rooijakkals Dit
was een Woensdagmiddag na skool, ons het koor geoefen. Die dag het dit baie, baie
maar baie gereën. Ek het vir my ouma en ma gesien aankom en ons het toe stadig
huis toe gestap.
Ons
het by die huis gekom. Ek het uitgetrek en geëet. Daarna het ek gou my huiswerk
gedoen en my ma het my gevra ek moet die sambreel vat en gou vir haar winkel toe
gaan.
Met
die slag wat ek terug loop van die winkel af gebeur 'n lelike ding. Daar staan
oorkant my 'n groot rooijakkals. Hy lyk amper net soos 'n hond, vier pote, 'n
baie lang stert, gespitste groot ore en bruin oë en hy hardloop baie vinnig.
Hy eet mos mens en diere se vleis.
Ek
hardloop so vinnig as wat ek kan en ek sien toe my ma en ouma vir my by die hek
wag. Ek het gedink dit was die laaste dag van my lewe! Ons het in die huis gehardloop,
die deure gesluit en 'n lekker dag agter die rug gehad.
En
fluit fluit
my
storie is uit. Charlene
Marx 
|
Wewer Ek
en my maat gaan altyd in die middae voëltjies met 'n rekker skiet. Ons maak
partykeer die voëltjies skoon en braai hulle oor 'n vuurtjie wat ons self
maak. Dit is baie lekker.
Woensdag
toe ek en my maat weer wil voëltjies skiet, sien ons 'n pragtige voël
in 'n boom. My maat wil hom skiet, maar ek keer, "Moenie skiet nie."
Ons kyk weer en sien dit is 'n pragtige voël.
Die
volgende dag gaan ek biblioteek toe en gaan kyk in die diereboek of ek so 'n voël
kan sien. Daar is hy toe, 'n pragtige geel voël en hulle noem dit 'n wewervoël.
Hy bou 'n nessie aan 'n tak wat oor water hang. Legogang
Molete 
|
Wewer
gered?
Ik had vannacht een rare droom. Ik droomde dat racisme niet meer bestond. Ik nam
het vliegtuig naar Zuid-Afrika naar mijn sckrijfvriend. Communiceren met elkaar
gaat alsmaar beter. Ik begin de Zuid-Afrikaanse taal al te begrijpen.
Ik
vroeg hem waar we een wever(vogel) konden vinden. Hij sei: "Kom, we gaan
zoeken." Onderweg kwamen we heel wat beesten tegen die we in België
alleen maar in de zoo kunnen bewonderen. De tocht verliep niet zonder gevaar,
maar gelukkig was Molete er om mij te beschermen. Moedig als hij is, naam hij
een stok en sloeg een giftige slang dood die me wilde aanvallen.
Ik
had al van alles gezien, maar nog geen wever. Na dagenlang zoeken, zagen we een
nest. Maar tot onze grote verbazing zaten er weverkuikens in. We gingen een paar
meter verder zitten. Ik keek even naar Molete en die zag er bezorgd uit. We beleven
niet toekijken en gingen naar de moeder van de kuikens. Wat verderop was er een
ravijn. We gingen daar zoeken. En ja, hoor, daar zat een klein wevermoedertje
vast in een speetje van de ravijn. We konden haar bevrijden en weldra stonden
we terug bij het nest. We konden onze ogen niet geloven toen de moeder, toen we
op het punt stonden om te vertrekken, ons een weverknipoog gaf. En dan ... dan
liep de wekker af. Maité
Amys 
|
Die
mens Die
mens en die meerkat
Die
mens het 'n lyf met twee voete en
twee arms en 'n kop. Ons oë om te sien en ore om te luister. Neus
om te ruik. Die mens het beenspiere, armspiere en boudspiere soos die meerkat. Die
mens moet asemhaal en het ook 'n hart soos die meerkat. Die
mens is bedreiging vir die meerkat. Die
meerkat staan soos die mens. Hulle het ook gesinne. Hulle het 'n leier soos
die mens wat kyk vir gevare. Die meerkat is ook nuuskierig soos
die mens. Monique
Venter 
|
|