Elke
oggend moet ek omtrent tien voor agt waai om voor vyf-en-twinting oor agt, wanneer
die skool se eerste klok lui, by die skool te wees. Ek begin met 'n spesiale,
geteelde paadjie met bome om dit en 'n klein kanaaltjie wat parallel saam met
die paadjie loop. Af en af loop ek met die paadjie totdat ek by die hoofstraat
uitkom. By die hoofstraat loop ek nog so entjie aan voordat ek weer uitdraai
na 'n nou teerstraatjie wat so half ver van alles is. Die paadjie loop tussen
klomp huise deur wat almal soos ou tipiese middeleeuse huise lyk. Dit voel ook
soos die natuur. Die paadjie kom na 'n ruk uit by nog 'n hoofpad. Nou loop
ek 'n hele stuk met die hoofpad totdat ek uitswaai na 'n sy paadjie wat my dadelik
in die skoolgronde bring. As ek by die hoofpad uitkom, is die hoofpad nie vol
karre nie, maar VOL skoolkinders. Die verkeer word baie opgehou deur al die kinders.
Dit is kinders wat na een van die twee Laerskole toe gaan, of kinders wat ook
na my Middelskool toe stap en laastens, die Hoërskoolleerlinge wat met fietse
na die Kashihara Hoërskool toe ry. 'n Reënerige oggend Die weer
in Japan verskil amper elke dag, byvoorbeeld reën, sonnig, wind, reën, sonnig,
wind . . . Baie oggende moet ek na die skool toe loop wanneer dit reën. Een
reëndag toe ek die hoofpad instap, het ek nog nooit so iets gesien nie. Die heel
eerste stukkie pad wat ek loop is dieselfde pad as na die "Sho-gakko" (laerskool),
met ander woorde daar is klomp klein Japanesies op my pad, veral voorskoolse kinders.
AL die kindertjies het sambrele, en al die kindertjies het dieselfde soort sambrele
wat dit baie besonders maak. Omdat ek nogal lank is, lyk dit vir my asof die hele
straat VOL lopende sambrele is. Toe ek by die deel van my roete kom waar ek
die Hoërskoolleerlinge teëkom, was ek verstom. Toe ek hulle sien, het ek heel
eerste vir 'n sekonde of twee gedink dat hulle "astraunots" is. Omdat hulle op
fietse ry, en dit nie maklik is om 'n sambreel vas te hou nie, dra hulle almal
sulke snaakse reënpakke. Die pak bedek hulle lyf van bo tot onder. Die materiaal
van die pak is spierwit en dit lyk verskriklik dik. Die deel waar hulle gesig
is, word bedek met deurskynende plastiek. Dit het nogal snaaks gelyk! |