My
naam is Elke en ek bly nou vir die laaste drie jaar in Nieu Seeland. Ek was 10
toe ons getrek het. Ons het in Suid-Afrika in Bloemfontein gewoon. Daar was nogal
baie misdaad. My ma is 'n dokter en het in SA van 7:00 tot 23:00 gewerk en een
naweek uit ses af gehad dit het veroorsaak dat ons haar omtrent nooit gesien het
nie. Dit was een van die redes dat ons getrek het. 'n Ander was dat die misdaad
erger en erger begin raak. So toe besluit my ma en pa dat ons gaan kyk of dit
sal werk en sê ons moet dit as 'n avontuur beskou.
Ek
geniet dit baie hier in NZ want dit is alles so groen en mooi. En daar is feitlik
geen misdaad nie wat meen ons kan vir die eerste keer in ons lewe alleen rondry
met die fiets of stap. Ons
bly in Hamilton stad. Dit is 'n mooi dorp langs die rivier. Daar is omtrent
geen plekke om klere te koop nie behalwe een of twee winkels. Nou werk my ma een
uit agt naweke en begin werk 7:30 en is tuis by 17:00/18:00 dit meen dat ons in
die naweke baie kere see toe ry of as dit winter is gaan ski of ons gaan seil
op die meer. Ek
geniet dit baie hier in NZ maar ek mis my familie baie en kan nie wag tot ons
weer terug gaan vir kuier nie. Ek mis ook die diere want ons het 'n wildtuin plaas
gehad en al diere wat hier is, is possums en hase en 'n paar voëls. Maar
daar is voordele en nadele waar ook al n mens bly 'n mens moet net die beste maak
van 'n saak en dan sal jy dit dalk baie geniet. Ek sal altyd na Suid Afrika dink
as tuis. |