|
|
|
'n Prent
'n
Prent, 'n meesterstuk hang teen my ma se muur met balans,
ritme, kleur en kontras, bloedverwante, perfek in 'n reghoek
uitgelê.
Dit is wat ons op 'n tyd was...
Die
skêre van die wêreld: ambisie en liefde en materialisme
het ons uitgesny, gesteel vir die waarde ons in nou verpak
en verplak, abstrakte wesens verstrooi op die aarde.
Ons
is nou gejaagde grootmense
wat dan en wan terugflitse kry van lank terug se samesyn.
Die raamwerk is nog daar
maar die prent het verdwyn.
Dalene de Vente (17) 2011
|
|
Een
Jy
het my gedra
Jy het my gekoester
Jy het jou tyd vir my opgeoffer
Ek
het jou verstoot
Ek het jou uitgeskel
Ek het nie omgegee
Ek het jou gehaat
Hy
het ons toegevou in genade
Hy het ons terug gebring na mekaar
Hy het ons albei gedra
Hy het ons met liefde gevul
Ons
is hier
Ons vind mekaar elke dag opnuut
Ons verstaan mekaar beter
Ons het mekaar lief
Jy
is my moeder
Ek is jou dogter
Hy is ons verlosser
Ons is EEN
Sarisa
de Wet (14) 2010
|
|
| My
familie...
Skryf
'n gedig oor jou familie.
Gebruik
die posbus en om jou gedig aan Storiewerf
te stuur, en wie weet... | |
|
Neitjie Bytjie, ek is Juanetjie
'n klein ou dogtertjie wat
lees en rym,
speel en lag
vir
pappa is ek baie lief
vir my mamma net soveel
my sussie is een
met wie ek altyd speel
Ek
hou van almal in my gesin
self Bit-bit my ou hond
sy is die gaafste troeteldier
en hardloop altyd rond en bont
dit
is wie ek is,
en dit is my gesin
hierdie woorde wil ek sê
en selfs 'n liedjie sing
ho
Juane
Beukes de Kock (7) 2010
|
|
'n
Ouma...
'n
Ouma is daar
vir koekies en tee
om my baie lief te hê
en geskenkies te gee
Met
haar grys hare
en outydse skoene
en rokke met kleure
van al vier seisoene
So
sal ek haar onthou
tot sy nie meer daar is
en dan sal ons besef
hoeveel ons haar mis!
Maar
vir nou...
Gelukkige verjaarsdag, Ouma!
Almè
Sharp (15) 2009
|
|
Ek onthou 'n Kersfees
in Bellville
Ek onthou oupa se hinkepink
Klokke wat koekoek-koekoek
Playstations
En poppe onder die sitkamertafel
Ek onthou my lewe was versier
Met groen en goud en rooi
Met presente
Met familie
Toe ons nog 'n familie was
Ek onthou 'n Kersfees in Bellville
-
Dit was 'n feetjieland
Dalene
de Vente (14) 2009
|
|
Vetkol
Vlugte vingers,
rasende kinners
die verwagte lewensjaar
word al hoe minder
'n
Gryse haar
word blond gedye
Kronkels & plonkels
word uitgestof
En siedaar!
vinnig wording
na jonker pronker
Maar
kyk onder die
eyeshadow,
base,
poeier, lipstick
en mascara-
dààr lê 'n
onafwasbare
lagie liefde.
'n
Moeder se liefde,
is 'n vetkol op jou klere -
dit hòù.
Marlise
Jordaan (16) 2008
|
|
Vergelykings
(vir Tanya en Liza)
Poësie
is my beste vriendin,
die see is my beste vriend,
die karoo is my familie,
en 'n storie is my medisyne...
maar
jy,
my sussie,
jy
is als.
Dalene
de Vente (14) 2008
|
|
Jy
is altyd daar vir my
as
ek huil, as ek lag,
in die oggend, in die nag
Jy is daar vir my
as
ek kerm en kla,
oor goed wat my pla
Jy luister na my
ek
hoor die raad wat jy gee,
al lyk dit of ek dit net wegvee
Jy praat met my
ek
sal altyd getrou
lief bly vir jou
Mamma, jy is daar vir my
Emma
Stanvliet (16) 2008
|
|
Pa
ek ook....
"Pa"
is net 'n simpel woordjie
Die betekenis sê tog soveel meer
Nie almal kan met reg waardeer nie,
Wat ek met my hart begeer.
Ek
soek jou arm om my skouers
Ek soek erkening in wat ons bind
Word jou hart nou skielik kouer?
"Pa, seblief, ek's ook jou kind!!"
Ek
vra nie vir jou onverdeeld nie
Maar, verstaan tog, ek wil jou ook ken
en was ek tog net nie so trots nie
sou ek smeek om ook 'n deel te wen.
Laat
my wens nie net 'n wens bly,
nie my droom verwaai deur wind
Kan ek net 'n regte kans kry...
"Pa, seblief, ek's ook jou kind!!"
Carlien
Pretorius (18) 2008
|
|
Vader Kersfees
Liewe Vader Kersfees, skryf sy,
my hart se grootste wens
is dat my mamma en my pappa
weer na terug sal kom na my.
Ek is tog so alleen, kom dit,
hier in die orphanage
die moeder hier is naar met my
en laat ons in die tuin spit.
Ek kan nie dit meer hou nie, meneer,
ek sukkel tog so vreeslik.
Dit is nie vir my lekker nie
my kop is konstant seer.
Sy gee nie vir ons medisyne nie,
Kersfeesvader asseblief,
ek hou nie van die huisie nie
ek en Marie, Anthon en Annie.
Kom haal ons Kersfeesvader, ek vra
mooi
ek wil tog graag ook weet
hoe voel dit om 'n mamma te besit
en myself in rokkies op te tooi.
Want hier dra ons net grys klere,
skryf sy,
en almal werk so hard.
Ons gaan nie skool nie, Kersfeesvader,
ons lewe heeltyd diep in smart.
Ek vra tog mooi, o Kersvader, ek belowe,
kom haal net vir my en my maatjies
ons wil net wegkom hier
want als wat lekker is, is verbode.
Kersvader, al wat ek wil hê vir kersfees,
is 'n mamma en 'n pappa
want almal van ons in die huis
smag om te kan skryf en lees.
Maak ons almal tog te bly
ek vra so mooi, Kersvader,
laat ons almal ook 'n kersfees kry
vol lag, gesels en lekkerkry.
Mika
Stanvliet (16)
|
|
Kom uit agter die yskas,
Marie!
Die rotte is nie meer daar nie.
Hoe jy jou lyfie platgedruk kry
om agter die yskas in te kry
gaan my verstand te bowe.
Marie los die duiwe, lat hul eet!
Jy kan iets leer, kom eet jou beet!
Die vurk in die hand
die mes in die ander, O land!
Kind, wat gaan van jou word?
Moenie die tinfoelie kou nie kind!
Jou derms sal een vir een ontbind!
Kan jy dan niks reg doen nie?
Moet ons altyd sê "Nee" en "Los"
en "Moenie"
Jy's die duiwel se kind dis wat!
Pak jou tassies en kry jou ry.
Dis te veel moeite om jou te laat aanbly!
My lyf is moeg en klaar
Jou nonsens maak my naar!
So vat jou goed en loop!
Marie! Waar is die stupid kind dan
nou?
Kom bad die hond, en slag die makou!
O gorrelgriet, die kind is weg!
Ek mis haar nou, al was sy sleg!
O donkie, wat doen ons sonder haar?
O tog, my grys hare!
My koffie en daggablare!
Niks function sonder Marie nie
en nou's sy nie meer daar nie
want ek's 'n horrible voog.
"Daar's niks soos ware ouers
nie."
MARIE!!! BLY STIL! OF EK WYS JOU WIE'S WIE!
Mika
Stanvliet (15)
|
| Tieners
'n
Tiener, is 'n snaakse dier Hy kyk net tv, vir plesier. 'n
Spesie op sy eie grond Eet van die yskas, tot die mond. Op
sy selfoon, heeldag lank. Al het die selfoon nie 'n klank. Partykeer
lank, partykeer nie. Die grotes, kan jou lekker knie. Hope
huiswerk word gegee, maar nes hul is praat hul nog teë. 'n
Tiener, is 'n snaakse dier hul laat my lag, vir my plesier Klinette
Sutherland (12) |

| My
Ma is so cool haar hare op haar kop gepoel sy droom van 'n extreme makeover, Pa
van 'n Range Rover. Ek is besig om te rank bly maer soos 'n plank. Sussie
dink skool kook maar sy glo ook Oupa spook! Ek is meer voete as mens toets
elke grens lees stories oor alles van konings tot malles... Rikus
van der Walt (13) |

| Ons
is almal vasgekram in een huis, daar's nie meer plek vir 'n muis. Thomas
die boetie, Ma die ma en Pa die pa. Al wat ek vra is 'n bietjie vrye tyd 'n
bietjie "ekself" tyd. Maar nee, hul beleid gaan so: Kom ons
doen als in ons vermoë alles wat ons denkbaar kan om vir die meisie
haar vryheid te verban. Ek sit aand na aand, maand na maand by die huis
en Scrabble speel of kaarte deel. Ek wil graag saam met my vriende uitgaan, maar
dan pik my ma 'n traan. My pa sê "Ag nee, ons kuier dan so lekker", My
vriende sê ek vrek, en word vrekker. Dis my familie se skuld. hulle
toets my geduld. Este
Verhave (14) |

| My
ma se tuin Toe ek klein was,
het my ma 'n tuintjie gehad. Die groente was welig, plaat op plaat. Ek
het haar seker vreeslik gepla, maar sy het dit in liefde verdra.
Toe ek 'n tiener was en die wêreld wou plattrap, het ek my oë
gerol en uit haar tuin gestap. Toe sy my wou leer van oes en inlê,
wou ek niks daarmee te doen hê. Nadia
Zeeman (12) |

| My
pa se das
My pa het 'n das, dit gee hom klas. Hy het las van daai das, al gee
dit hom klas! Nadia
Zeeman (12) |

| Geld
wat stom is... (vir ma en pa) Ek word deur
my gewete gepla omdat ek gedurig vir geld moet vra Pa en Ma is nou wel nie
ryk, maar gee nogtans sonder om te verwyt. By die
huis gaan dit nie altyd goed, maar nie eens dit sal u verhoed om sommer
net ja te sê wanneer ek geld wil hê. Moet
asseblief nie huiwer om te sê, "Nee, ons het nie geld om vir jou
te gee." Ek belowe ek sal verstaan selfs al het ek nie meer 'n sent
op my naam. Tot in matriek het u vir my gesorg en
nou op varsity staan u steeds vir my borg. Nou moet ek tog net baie hard leer sodat
ek vir 'n beurs kan kwalifiseer. Eendag wanneer ek
sukses behaal gaan ek julle met rente terugbetaal. Leana
Diedericks (18) |

| Familielede Ek
sit in my kamer met 'n frons tussen my oë Die kussing in my hande ek
is tog so bewoë. My
ma sê my kamer is 'n gemors My pa sê ek mag nie my hare kleur nie My
suter sê ek praat soos 'n American en ek voel beslis nie free. Ek
sukkel met 'n headache en 'n pyn in my back my wange vat vlam ek
voel ek kan vrek. Dis
die sware lewe, ja en dit is wat gebeur as ons met irriterende familielede
opgeskeep sit. Mika
Stanvliet (14) |

| Eendag
toe ek nog so lekker slaap spring my boetie op my "die aap"!! Wel
dis wat ek hom noem oor al die goed wat hy doen. Hy is so ongeskik net
soos 'n ou dom blik En weet jy wat hy is sopnat. Want hy het in die swembad
gespring met sy klere aan want hy is vrekbang vir die maan. "LOS
my nou uit jou AAP" "BUUUUUUUUUUURP!!!!!!" Jeanette
Gentle (12) |

|
| My
Oupa Jan Is 'n baie gawe man Hy gee vir my geld en smarties En daar is
die lekkerste kos by sy parties En van oorsee af sal hy die mooiste goed bring My
Oupa Jan is 'n dierbare ding. Este
Verhave (13) | |
|  |
|