|
|
| Onsterflike
Joppie Senekal Sy
werk is sy trots: hy lê elke steen self Elke huis word 'n unieke skildery
- die bevrediging van 'n ongeformuleerde sielsbehoefte. Die
ongeleerde wysgeer deel sy insig: "'n Huis moet soos 'n broeis hen wees,
met baie plek vir al sy kuikens. So moet 'n huis wees." 'n
Huis verewig die bouer - maak hom onsterflik en kalmeer die vrees vir
die dood. Is
reg Joppie Senekal: jy is eers 'n verlies vir die wêreld as jou laaste
spore verlore is. Eers dan behoort jy tot die verlede. Joppie
is 'n messelaar Joppie is 'n timmerman Joppie is 'n kunstenaar Joppie
is 'n filosoof Joppie
is vir ewig. Carla-Mari
van den Heever (18) | |
| Skryf
jy gedigte?
Gebruik
die posbus en om jou gedig oor enige onderwerp
aan Storiewerf te stuur ... en wie weet... (Studente en skoliere)
|
|
| Soos
bloed uit 'n klip ... 'n
Beklemmende gevoel 'n koue hand wat jou hart omsluit woorde soos messteke verwyt
op verwyt 'n vloerlap ... opgebruik ... Guns
op guns het jy hul bewys terwyl jou noodkreet ten hemele rys jou lewenskrag
word uitgesuig en dan soos 'n pap lemoen w e g g e s m y t Al
wat oorbly na hul honger gestil is is 'n leegheid wat erger as dood is en
dan, as jy voel jy kan nie meer word 'n salf van êrens op jou oop
wond gesmeer Soos
die louter van vuur wat die hart suiwer word jy gekenter en sypel die
bloed terug in die klip Stefan
van Zyl (17) |
| |
| Ek
het vandag 'n groot prent geteken, van die kinders in Japan, hulle oë
was honger en hulle hande stukkend, en ek het gewens dat ek soontoe kan
gaan. Ek het vandag 'n rol film geneem van 'n baba in Irak, met sy duim
in sy mond het hy warm en stil in 'n asblik gelê en slaap. Ek het
vandag 'n bos blomme gekoop, en na 'n vriend se graf toe gery, met 'n briefie
geheg, het ek dit net daar gelos, en weer my pad in die verkeer gekry. Ek
het vandag deur 'n koerant geblaai, en gelees van 'n goeie pastoor, hy het
sy vrou met 'n tiener van 18 verraai, en toe sy uitvind het hy haar vermoor. Ek
het vandag 'n gesprek gehad, met 'n HIV-aktivis, hy't my hand vasgehou terwyl
hy rustig gesterf het, tog het hy gehuil oor wat hy sal mis. Ek het vandag
soveel dinge gesien, en met 'n dankbare hart geween, en op my knieë
gaan staan in 'n vuil straat, want ek is hier, en ek is waarlik geseën. Annelize
Olivier |
|
| Verlore
gedagtes Daar is 30 weke in 'n dag, 7 maande
in 'n week, 60 jare in 'n minuut en 60 dekades in 'n sekonde. Môre
is gister, Gister is nou maar nou het nooit gebeur nie. Ek
lewe vir die dood, die dood lewe vir my maar ek's klaar dood my graf
is gegrawe. Môre gaan ek treinstasie toe, ek
verterek na die lug. Dit vat n sekonde om te gaan maar 'n jaar om terug
te kom. Ek sien die lig, dit kom al nader. Ek
val al hoe verder weg maar die lig kom steeds al hoe nader. Daar
is n deur, hy is oop. Ek maak hom toe en sluit hom en loop in. Ek
het die deur tot my lewe gevind maar die lig het my verblind van die waarheid. Ek
is verewig verlore! Andre
van der Berg (18) |
| |
| Teleurstelling Eers
is daar hoop: 'n verwagting. maar een vir een val die pilare in. Alle
kragte word ingespan, elke alternatief in oorweging gebring Totdat
plan A, B en C ook misluk - en 'n gevoel van
totale magteloosheid, verslaendheid oor jou spoel, jou sonder trane agterlaat. Leeg Carla-Mari
van den Heever (18) |
|
| Maanlignimf... Sy
was nog altyd een vir die maanlig,die donker. Ek kry haar weer daar vanaand Die
maan se lig ets haar hartseer tog beeldskone gesig af. Sy sit en tuur in die
donker. Die ewige dromer Waar is haar gedagtes nou? Loop dit draaie deur
Parys, Rome, Londen Hand aan hand met hom Hy,wie se naam nie meer genoem
word nie. Laggend deur die Colloseum het hul gedartel en sorgvry duiwe gevoer Hartstogtelik
hul liefde by die Eiffeltoring verklaar Die wêreld was hul speelplek. 'n
Jaar later het die droom aan skerwe gespat Leuens alles leuens Hy is terug
na sy vrou en sy..... Haar oë het ophou vonkel Haar vrolike lag het
vervaag en haar drome het stof in 'n see van wind geword. Half-mens en gebroke. Haar
oë dof, toon geen emosie. Afgestomp teen die seerkry van die lewe. Afvlerkengel
wat nie meer kan vlieg... Maanlignimf Grethe
Visser (18) |
| |
| son
en see is verleë, maan en land is gekant. op
my berg sal ek staan, en my wildste vrees tem. gewoontes gaan verander, uit
my hawe sal ek moet swem. môre
is vandag, almal sal sien: ek is klaar gewag - dit, is wat ek verdien Adriaan
Hazen (17) |
| |
| Francien
se Verlore Paradys Ek onthou die ryslande, die
suikerriet, Kambodjabome vol roomwitte rose en blomtrosse, die geur van
speserykosse, van wierook en blomme en eentoninge gesange van Mohammedaanse
vroue. Maar ek onthou ook hoe hulle my Paradys beset
het - papgekookte waterrys en harde suurgeworde maiz in halwe klapperdoppe, buikloop,
wandluise, vrees en verlange - 'n diep gat uit my lewe. In
Holland het ek tyd kom inhaal: kuns gestudeer, viool leer speel, 'n huis
gekry en 'n klein markiese-hof en 'n man en twee honde en vier kinders. En
ek het leer stilbly oor my verlore paradys. Maar binne
is ek leeg - verlatenheid vernedering verlies brand my siel dood. Carla-Mari
van den Heever (18) |
|
| Jy't
my vertel (van die son) Ek
wag toe maar vir die son om op te kom. Daar is nie 'n kouer tyd, 'n
alleener uur, as die wag vir die son nie. Dit
weet ons wag daarvoor. 'n Uitgerekte proses, aspris. Gee ons tyd om aan
te pas, geleidelik, soos die padda in die pot. Die wind waai raserig buite. Kleur
die wêreld stukkie vir stukkie in. Skaduwees ontwaak. Die sekelmaan
verdof, sal later verdwyn; Luister! Dis
die voëls wat die son verwelkom. Marietha
Brits (16) |
|
| Die
Vrou (vir die Mona Lisa) sy
is 'n raaisel die vrou majestieus, donker en in misterie gehul in
haar neutbruin oë sien ek 'n glans wat uitlokkend blink dis asof
haar bloeiselpienk lippe my nader wink . . . haar
vel 'n vlekkelose wit haar hare swart soos ebbehout en om haar mond baie
fyn bly 'n glimlag sit wie
is sy ? sy, wat so betowerend lyk wat met haar slanke arms na my wil
gryp haar hele wese roep na my maar, helaas sy bly 'n portret,
 'n
prent, vir
ewig vasgekluister in 'n skildery. Stefan
van Zyl (17) |
| | |
|  |
|