|
|
|
'writer's
block'
Die
passie van ink loop eendag dood
Ek het my woorde verskryf...of verlê, ek weet nie.
Vuurwerke skiet nog
Die letterkunde goud vloei
Toekennings word ingeryg
Ek is 'n toeskouer onder
'n beeldskone hemel, 'n sterre-oseaan.
My bloed het êrens verdamp.
En trane loop.
Dalene
de Vente (17) 2011
|

|
| Skryf
jy gedigte?
Gebruik
die posbus en om jou gedig oor enige onderwerp
aan Storiewerf te stuur ... en wie weet... (Studente en skoliere)
|
|
|
Man
met die mooi blou oë,
Man met die swart kerkpak aan...
Dit is ek, dit is ek wat in
verwondering agter jou staan
en na jou loer.
Na jou
gesig,
sterk en hard en empaties,
jou hande, wat haar hande vashou...
Dit is ek, dit is ek wat in
swart doolhof nagte van jou hou
En droom
En droom.
Man
met die wit perd, ridder,
Jy en jou heldin se samesyn...
Dit is dan ek! Dit is ek wat in
die agterstrate van eensaamheid in kwyn,
platgery word.
Plat en plat.
Dalene
de Vente (16) 2010
|

|
Hoe lyk dit as dit reën
by die Sonop-koshuis
Hoe lyk dit as dit reën by die
Sonopkoshuis
Val druppels soos glybaantjies by jou venster verby
Vloei dit soos riviere deur Tukkies se strate en sypaaie
Dans die bome jubelend saam die wind
Oorstroom
Jou bloed bruisend in jou are
Druk jy jou ore toe
Voel jy die opwinding in jou hart
Slaan jou selle bollemakiesies
As die hemel pers bliksemstrale skiet
Kan jou ingenieursbrein die skoonheid en ritmes van
die natuur toonset met jou kitaar en
As dit skielik ophou reën
Ruik jy die verlange in die lug?
Dalene
de Vente (15) 2009
|

|
vlinder
Ek sien jou elke dag in die skoolgang
staan
jou gesig,
strak en geheimsinnig
jou oe diep blou,
en lyk of niks oppervlakkigs daarin kan skuil
jou vel,
blas gedra deur die hardheid van hierdie wereld
en dik,
sodat skerp messe nie daardeur kan steek nie
jou ore,
wyd geluister na die vurige tonge
en toksiese lippe
jou blik
n negatiewe staar
jy soek slang in elke grashalm...
maar kry soms n skadelose vlinder,
wat sagkens op jou wil kom sit
jy is hartseer en stukkend
en hou dit dig verborge in jou hartkamers
van klip
hier wil ek vir jou wees,
'n helder ster in jou donker nag
'n gelukkie in jou smart
en 'n geneser vir jou verbrokkelde hart
as ek mag?
Evette
Brandt (17) 2009
|

|
Vanaand
terwyl die reën so liggies
aan my venster tik-tik
wil ek tot bo klim
en in die holte van die halfmaan gaan lê
in die donkertes wil ek
kamoefleer, isoleer
Ek
wil weer wielie walie sing
en droom van die "grootmenslewe"
ek wil net bietjie
kamoefleer, isoleer
en
dalk
sal ek jou nooi
net vir jou
om saam met my wipplank te ry
tussen Venus en Mars
en ek sal vir ons kossies braai
in die sterre
enigiets
ek wil net kamoefleer, isoleer
Dalene
de Vente (14) 2008
|

|
|
Op
'n boot wat anker lê
verdwyn ek en jy
ver na die land van water
waar ons vir altyd sal skater.
Die son sal ons veilig dophou
selfs wanneer die wolke hom toebou.
Nadine
Witbooi (16) 2008
|

|
|
Donker nag
Donker nag
Donker gesig
Dis asof ek praat met die lug
Geen maan wat skyn
Geen ster wat skitter
Die aand is bitter
Dis 'n donker nag
Gisteraand met die
Drie-kwart Maan
Het jy sonder my weggegaan
Dalene
de Vente (14) 2008
|

|
|
|
As
As môre sou wegraak
in die geheime van gister.
As die woorde in die lug
niks beteken nie.
As oupa en ouma
nie daai tyd en toe nie.
As ma stil gebly het
dan was pa nog hier.
As daar nie drank was nie
was daar net 'n man.
As ware liefde bestaan het
dan sou dit ons wees.
As miskien dalk nog kan
en tyd staan stil vir 'n soen.
As dit groen was in die winter
en donker met kersfees.
As ek nie wou nie
sou ek nie.
As ek geluister het
het ek nooit geleer nie.
As ek uithou en sterk bly
nie ingee nie, nog vat,
dan was was
nie verbrande hout nie.
Alida
Louw (17)
|

|
Bontvoël
Daar
is hy weer:
Die fluit - fluit deur die blare en dorings deur -
die bontvoël wat kan vlieg tot die see en terug
en wat my liefde vir jou kan verstaan,
wat my nie altyd verwyt oor my foute nie.
Daar vlieg hy weg
tussen deur die growwe bruin takke
wat nou gaan vlieg na woestyn
om my swaard te dra
en wat my nie verwyt omdat ek hom in my plek laat gaan
nie.
Daar gaan sit hy
langs die grysblou golfies om net gou vir die see te
sê
dat ek eendag weer sal kom kuier
by die plekke waar ek gister was.
Dis die see en natuur rondom die bontvoël.
En nie die see of bontvoël het ek ooit weer gesien
nie,
maar hulle het my nie verwyt soos jy nou doen nie!
Dalene
de Vente (13)
|

|
Sponsie
Ek is 'n sponsie.
Leeggetap
deur ak jou trane -
my trane. Die trane
van my Ouers.
Poreus geword en
uitgedruk
deur al die seerkry
wat jy my veroorsaak het.
Ek is 'n sponsie wat
weer geleer moet word
om te lewe en
te lag.
Leer my iets.
Maak my skoon.
Leer my lag.
Asseblief.
Want ek is leeg.
Clarisa
Sutherland (15)
|

|
So is jy
Stralend,
Soos 'n helder blom in die woestyn
So is jy.
Jy het 'n hart van goud
jy is soos 'n engel
'n beskerming vir gevare
So is jy.
Jy was al deur alle tye
Hartseer en vreugdevol
So is jy.
Jy luister altyd
weet altyd die regte dinge
So is jy.
Stralend
Vol liefde,
soos 'n helder blom in die woestyn
met 'n hart van goud
so is jy.
Dalene
de Vente (12)
|

|
Glimlag
Wat moet jy doen om bo
te bly
asem te haal, glimlag
nie huil, geen trane,
glimlag
Moenie stry
sê Jammer
Vat die blame
vreet dit op
Hou jou mond
glimlag
Sorry
Glimlag en
glimlag
en sê askies
en
Glimlag
...Nee
...Kan nie meer
GLIMLAG!
Lerisa
Venter (17)
|

|
Pianis
Met
sensitiewe
vlinder-vingers
wip jou hande
oor swart en wit
en wit en swart
raak-raak hier,
rus-rus daar
'n lange, 'n korte
'n agtste
en die molle en kruise
en linkerhandtekens,
kom lê hier warm op my hart.
Met solo's en duete
het jy jouself tot in my siel begelei
en jy trap nou die pedale van my emosies
met jou sagte-sagte voete.
Met donderslae en diep akoorde
speel jy jouself al dieper in my wese in,
tot jy weer
tikkel, tokkel
flidder, fladder,
iewers ver agter die Baby Grand,
so ver,
so onbereikbaar ver,
dat jy netsowel 'n opname kon gewees het.
Oor swart en wit
en wit en swart
en grys het nie 'n plek nie,
en c's en e's
en vir jou bestaan ek nie verder as g nie.
maar vir my is jy alles,
want jy het jouself
met geoefende vingers
onlosmaakbaar déél van my gemaak,
jouself in my in getoonleer.
Maryke
Wennick (17)
|

|
Gaan
aan
(Vir Rijk)
Ek
vang jou herinneringe vas
in hierdie rymlose gedig
want jy het 'n ellips geword
na die kommapunte waarby ek nou vashaak
en ek weet nie waarheen nou
met hierdie woorde wat van korte duur is
stom, seer en alleen huiwer ek by die dubbelpunte
want ek weet hierdie woorde sal ook 'n hernieubare cliché
word
soos ek elke dag aangaan en jou beloftes net vlokkies
as word
en die vuur binne my deur jou oë geblus word
gaan ek aan op my lewenspad
sonder 'n koppelteken
sonder jou.
Brigitte
Smit (19)
|
|
Wat
wil ek regtig hê
Die rivier is so rustig soos die vloeiende wind om 'n
hoek
En ek hoor en hoor, ek hoor niks... ek hoor
iets hier binne my iets wat sê en ek
dink wat se boodskap hy vir my wil bring.
Ek hoor ek hoor my siel sê vir my
dis hier waar ek moet
bly, dis hier waar ek moet rus
dis hier waar ek is.
Ek wonder wat moet ek doen met die
blou gevoelens in my hart.
En ek luister
na die skoonheid en rustigheid hier rondom my
dis hier, dis hier, hoor ek.
Dis hier waar my siel verlang
Dewald
Coetzer (gr 9)
|
|
|
ABO
op 'n Bach Tema
Sondagoggend
in die kerk
oor ek 'n snaakse klassieke werk
Klassiek, ja, dit moes dít wees
Want, Vader weet, dit breek my gees
Pleks
van stigtelik koraal
Het Orreliste 'n gruwelike klank uitgehaal
Nes 'n leeu sy prooi bekruip
Het Orreliste nader gesluip.
Ek
dog: Het sy vooroor geval
Of straks word sy nou helemal mal
Dalk het sy net moeg geraak
En het haar polsies oopgekraak
Dominee
ignoreer dit maar
En so gaan die gesange voort
Met hier en daar
'n vals akkoord
Dominee
begin te preek
En ek voel ek word kalm
Toe eensklaps, ja wragtig waar
Nòg 'n knal weergalm
Dit
smaak my toe, ja-nee
Ons Orreliste wil die ABO weergee
Want Boer en Kakie die hoor jy
Soos sy deur die note gly
Van
haarself het sy vergeet
En vrek die Kakies op 'n streep
Boeremagte die oordonder
Gemeentelede sit verwonder
Almal
sit verstom, versteen
Die hele preek deur het die orrel geween
En toe oplaas die laaste skote dreun
Sak sy eindelik ineen
Later
kry ons haar toe by
En daar staan sy op
So reg soos ooit
En laat haar vingers oor korale gly
Wat
daardie dag gebeur het hier
Die sal mens nimmer weet
Maar kom ons hoop en bid
Orreliste kry nooit weer daardie gier!
Stefan
van Zyl (18)
|
|
|
|
As
ek die tyd kon terugdraai
Ek
sou jou so graag weer wou leer ken het
- om van voor af weer verlief te raak op jou.
Ek
sou so graag - wéér - na al jou lewensdrome
wou luister
en saam met jou nuwe lewensdrome vir die toekoms droom.
Ek
sou weer saam met jou kussinggevegte wou hê
Weer saam met jou op die gras wou lê
en prentjies in die wolkformasies soek.
Nou
weet ons alles van mekaar af.
Op 'n stadium was ons so na aan mekaar,
dat dit moeilik was om te onderskei waar ek eindig en
jy begin.
As
ek alles oor kon doen
sou ek heel graagste die één persoon wees
wat jou nooit sal seermaak nie -
soos ek myself soveel keer beloof het.
Maar
nou is dit te laat
en ek verdien nie jou vergifnis nie.
En
tog, al lyk die toekoms soms vaal en grys en leeg sonder
jou,
leef ek met die wete dat jy my ook eens op 'n tyd liefgehad
het.
ek
het
jou
STEEDS
lief.
Melissa
Nel (16)
|
|
|
|
Skag van 'n gees
My lewe het 'n mallemeule geword
'n Cliché van masjienerie elke dag
'n Wip-wap-agtige koekepan
Waaragter 'n aangeplakte masker van 'n marionet lag
Die verlede word weer oopgevlek
Elke myner kom sak in die skag van my hart en begin
delf
Diep in die donker gange vol spookgesigte
Delf diep binne in myself
Gister se warrelwinde
Word 'n klipstorting oor die land
Die seerkry van vroeër, vergete ure
Kom druk homself soos 'n wapen in my hand
Woorde het die fluitende deuntjies geword
Geberg onder gister se swetende dae
Hoekom moet antwoorde so moeilik wees?
Op gister se onbeantwoorde vrae
Die seer het soos dinamiet
In die skagte van my hart ontplof
En al wat oorbly van my, 'n lewelose siel,
Is 'n ontginde sandkorrel, gedemp in stof.
Brigitte
Smit (19)
|
|
|
|
Weet:
dat
hiérdie WOORD
die resultaat is
van 'n wrede genadelose moord
gewetenloos
gepleeg deur 'n sielsieke maniak
op die onskuldige arme seeslak.
Skulpietjie,
emaljewoninkie
tussen growwestomp vingers geklem.
En klein spiraaltjie, fyne argitektuur,
deur haastige hande afgewen.
Omgedop
wurmpiedun gangetjies
waarlangs slakkie bangbenoud dieper vlug
maar veilige huisie se holtetjies word
platgedruk
en die wriemelende slak aan sy stert
uitgepluk.
Sodat
ek hom op hierdie papier neer kan sit
en tot 'n swarttaai slymvlek
dood kan druk.
En met die potlood kan
uitrol.
Tot in die verwronge vorm
van 'n gedig
wat maar op die ou einde
net moord op my emosies is.
monique
heystek (18)
|
|
|
|
Tinktinkie tikkie-tik
hou tog op snik
Tinktinkie tikkie-tik
weet jy nie dat
ek vir jou 'n koringaartjie pluk?
Nóg dae
Nóg slae
Nóg lente en al sy vrae
kan my en jou
en jou en my
uit die koringlandjies kry.
te veel het ek vir jou
te min het ek berou
terdeë my tinktinkie tikkie-tik
luister my kitaarsnare pluk
vergeet van môre
eet die roomys van die wolke
drink die koeldrank van die son
en kus die blaartjie van 'n blom
droom op die ruggie van die groen gras
en hou styf aan my handjie vas
nóú is al môre wat
ons het.
Michelle
Fouché (19)
|
|
|
|
|  |
|