2009-04


jongklomp

versfabriek

Kortetjies van heel kleintjies

Die sterre is te veel

'n Ster hier, 'n ster daar
Hoeveel sterre is daar?
Ek wonder of ek hulle kan tel
en toe sê 'n maatjie vir my
die sterre is te veel om te tel!

Mia Vermaak (7)
2009


Het jy ook al jou eie versie gemaak?

Gebruik die posbus en om jou eie klein versie aan Storiewerf te stuur, en wie weet...

Tee, tee
ek soek tee!
Lekker, lekker,
tee, tee!
Nie vrot tee.
Lekker tee.
Bring vir my asseblief tee.

Lara van den Berg (4)

My naam is Juanita,
hulle noem my Nita,
Jy vra verniet hoekom,
want ek het vergeet.
Ek lief mamma en sy vir my en pappa. Patattie

Juanita (3)

 

My hond

Peanut is 'n liewe ding
hy maak my sing.
Hy raak sommer laf
wanneer ons gaan draf.
Hy is bly
wanneer ons saam met hom ry.
Hy is klein en fyn
en bruin.

Leila van Coller (8)

Ek het 'n snaakse woord in my hart gehad
en toe tuimel ek om.

Ryan Eysele (3)

Ek is 'n bewer
ek hou van hout
ek maak my nuwe huisie
want in die winter kry ek koud.

Nou is dit somer.
Ek kom uit my huisie
en sien my vriend Buisie -
Ons speel en lag
tot laat in die nag.

Kobus de Wet (6)

Ek is 'n rakker
My ma sê ek is onmoontlik
Maar ek maak alles moontlik
met my karakter!

Gerhard Coetzee (8)

My naam is Duncan Cloete
Ek is drie jaar oud
Ekke sing 'n liedjie
'n liedjie net vir jou!

Duncan Cloete (3)
Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009