|
|
|
Die
Papagaai
Papagaai met jou groot bos vere,
kyk hoe gaan jy te kere.
Papagaai met jou kromme snawel,
kyk hoe eet jy die koejawel.
Liza-Mari
Wolhuter (9) 2008
|
|
| Kan
jy ook kwetterpret skep?
Skryf
'n versie oor voëls of enige ander gevleuelde gediertes.
Luister mooi of die klanke van die versie jou aan dié dier laat dink.
Gebruik die posbus
en om jou kwetterpret aan Storiewerf te stuur, en wie weet... |
|
|
Grietjie
Grietjie Grietjie Grietjie
Sy's 'n grysvoël
kyk hoe sit sy nou.
Grietjie Grietjie Grietjie
Sy's 'n slimvoël
Kyk hoe maak sy my na.
Grietjie Grietjie Grietjie
Sy slaap op een been
Ek verstaan dit nie.
Grietjie Grietjie Grietjie
Sy het swart oë
Sy sien alles raak.
Grietjie Grietjie Grietjie
Sy fluit 'n liedjie
Sy's my kokketiel.
Cari Viljoen (7)
(Woorde
het ontstaan met die melodie van Money Money Money van
Abba)
Cari
Viljoen (7)
|
| Vinkies Twee
stoute vinkies raas in die hok Oeps, o nee wag, ek het gejok. Drie
stoute vinkies besig om te kwetter Skree snaakse woorde sonder letters.
Pê, Pê, Pê dit is wat hul sê. Wê,
Wê, Wê Wat wil julle tog hê! Die snaakse woorde
maak my mal Ek gaan hul terugkry, ja ek sal. My ouma gee my raad
Gaan haal my flessie boereraat. Meng dit met die voëltjiesaad
en speel dan met jou maat. 'n Rukkie later raak ek kwater.
Maar toe word dit stil en dit laat my ril. Ek skrik toe groot
ek dog die vinkies is dood. Maar toe hoor ek kwetters woorde met
netjiese letters.
| | Danie
Stander (10) |
|
Die voëltjie
Ek staan
langs die stroompie In die koelte van 'n boompie;
Ek
gooi 'n klippie in die water En hoor 'n voëltjie snater; Is
dit dalk 'n duifie? Wag, ek sien sy kuifie; Sowaar,
dis 'n Hoep-Hoep Wat so roep-roep!
| |
Duplessis van Aswegen (8) |
| |
|
| Kwetterpret
Eendag,
baie lank gelede, Nee, om te jok is my benede! Eendag, net so paar jaar
terug, Het ekke so gesug!
Ek
was so klein, En wou 'n voëltjie hê, En my voëltjie was
nooit 'n pyn, Wens net sy kon iets sê! Maar,
o, sy kon kwetter- Mens wil haar skoon wetter, Dit is 'n gesing- Wat
'n vrolike ding! 'n
Kwetter hier, En dan 'n getjierr! Dan weer 'n kwetter daar, Dit klink
soos klomp voëltjies bymekaar! | |
Melissa
Nel (11) | | |  |
|