|
|
|
Leonie polonie
ek hou nie van jou nie
want jy wil my nie ou nie
van jou rooi polonie.
Leonie
Tieties (12) 2010
|
|
| Skryf
jou eie versie vir die pret - of 'n versie met klanknabootsende woorde
Gebruik
die posbus en om jou versie aan Storiewerf te stuur,
en wie weet dalk lees jy dit nog hier!
| |
|
Rooikappie
bly in die woud
Met 'n tatoo op haar boud.
Hoe het dit gebeur?
En die vraag is: Was dit seer?
Wil
jy die storie hoor?
Maak nie saak nie, jy moet maar luister
Kom 'n bietjie nader, ek gaan fluister:
Sy
stap in die bos
om haar briefie te pos.
Toe kry sy die nare ou vos.
Hy maak sy bek oop en begin te praat
en voor sy kon keer, was dit te laat.
Hy
druk die masjientjie op haar boud
en skielik word sy yskoud.
Van toe af is die tatoo op haar boud.
En dit is die storie van Rooikappie in die woud.
Marianne
Breytenbach (13) 2009
|

|
Driedubbele whisky
'seblief
Karlientjie van Tewittegraan
het sewentien jaar lank gemoan en groan,
sewentien jaar lank haar kneukels blink gehamer
teen die deur van haar ouers se slaapkamer.
"Mamma, pappa, luister tog,"
pleit sy jaar in en jaar uit.
"Die kinders by die skool spot my
ek wens ek was eerder Anja Nietverbly."
Van Tewittegraan is hopeloos te lank
Karlientjie pas nie in die registerboek -
She's seventeen going on eighteen
and one very depressed and troubled teen.
Op haar agttiende verjaarsdag stap
Karlientjie Van Tewittegraan lank en hard
sy stap na Home Affairs in Kaapstad
en verander haar naam na Mamma se Gat.
In haar probleem-toestand sit sy en
dink
haar nuwe naam het agthonderd rand gekos.
Sy weet nie of dit so 'n goeie idee was nie,
die tannie by die till het haar kop geskud en getjie-tjie-tjie
So word Karlientjie van Tewittegraan
bloot Mamma se Gat met 'n traan op haar wang.
Sy loop drie dae en veertien nagte lank
tot sy op Nieu Bethesda aanland.
Daar gekom loop sy die enkele kroeg
binne.
Sy kyk rond en plant haar op 'n hoë stoeltjie.
Die kroegdame kom nader, "Wat wil jy hê my lief?"
Gewese Karlientjie sug, "'n Driedubbele whisky
'seblief."
Mika
Stanvliet (17) 2009
|

|
Ek
is Mr. Ples
Hier
lê ek al vir jare lank,
gebêre onder die sand,
hoor ek uiteindelik die klank
hier langsaan my regterkant
van mense wat staan en praat.
Maak gou! Dit raak al laat!
Asseblieftog! Haal my uit.
Ek is hier toegesluit.
Dis 'n aaklige tronk.
Julle gepraat maak my kop dronk.
Sjoef! Sfoef! hoor ek bo my kop -
net soos iemand wat was met 'n mop.
My gehoor is nie na wense
so praat 'n bietjie harder mense.
Uiteindelik 'n bietjie lig!
Ek hoor hoe die mense kreun en sug.
Hulle is seker moeg-
om my uit te haal is omtrent 'n geswoeg.
"Ah, bly om jou te ontmoet Mrs. Ples!"
Jy, Mannetjie, gaan leer jou les!
Ek is geen meisie of vroutjie nie.
Ek is 'n volgroeide mannetjie.
Lara
Crafford (12) 2008
|

|
Probleme
met gedigte
Ek
het gedink aan 'n gedig
wat ek kon dig:
Die koei spring oor die maan
Maar dit het voor my gegaan.
Van
paarym en vrye vers
weet ek niks.
Met personifikasie
kort ek inspirasie.
Dis
'n probleem van epidermiese proporsie.
Toe onthou ek van oom Oubaas.
Van gevleulde woorde weet hy als
beter as A.G. Visser en sy klaas.
Soos
die wyse Salomo
soek ek wysheid
maar met 500 vroue
het hy 'n paar gedigte in sy moue.
Toe
kom ek op met die gediggie
dis darem nie oor 'n mier of stiggie.
So ek skrywe nou soos 'n digter
en my Pilot Pen glimlag nou breër as die see.
Suelandre
Keys (13) 2008
|

|
Liewe
vader kersfees
Liewe
vader kersfees, wat maak u vandag?
'n ponie, 'n rokkie of 'n pop wat kan lag!
Wel dit maak nie juis saak nie, want Kersfees is ver
maar ek skryf nou al my briefie
want ek soek n sker!
'n pienke, 'n bloue of een met 'n wip -
net solank ek hartjies kan knip!
Want ou tant Lien is baie slim
sy het al deur ses vensters geklim
en die dinge wat sy sê is altyd waar
maar ek sien hier kom groot gevaar!
Ek hou van 'n ou met pot blou oë...
maar hartjies knip?!
Ek gaan my kop verloor!
maar ek sê vaarwel, ek het baie werk
my sker moet kom
anders gaan ek my vererg!
Ciska
Kruger (11)
|

| Merrie
go round 'n Merrie go round is 'n
snaakse ding as jy daarop is, wil jy net sing, maar wanneer jy afklim,
wikkel jou kop, amper soos ouma met 'n stywe dop! Al verskil is, my kopseer
gaan weg maar ouma drink pille om die kopseer te veg. Aai, daardie ouma
moet maar besef 'n merrie go round is baie meer pret!
Ciska
Kruger (11) |

| Marila
Marila
maroela, Marila maraai Wie is die outjie, die een wat daar baai? Marila
maroela, Marila maraai Kyk na 'n pou, hy is net so fraai. Marila maroela,
Marila maraai Kyk daar verdwyn hy om die draai. Ag Marila maroela, Marila
maraai Ag. ek hoop om weer vir hom te waai. Marila maroela, Marila maraai. Thea
Bester (11) |

| 'n
Sutherland sonnet 'n
Sutherland sonnet - vier kwatryne plus koeplet. Jy sal sê dis bog, maar
ek gaan met dit spog. Dit
rym! Dit rym! Wat kan ek sê? Die mense lag soos wat hul lê. Ek's
'n digter van formaat... Word jy jaloers of word jy kwaad? Ek
moet nou gaan. My rym is klaar. My strofes vol. My brein is gaar. 'n
Sutherland sonnet - vier kwatryne plus koeplet! Clarisa
Sutherland (14) |

| My
rooi bal Die bal is rooi. Die bal is mooi. Ek
gooi hom in die lug. Hy kom weer terug. Ek gooi hom teen die muur. Hy
hop en skuur. Ek vang hom weer. Ek gooi hom nog 'n keer. Ek skop hom
hoog. Hy trek met 'n boog. Ek gooi hom deur die ring. Hy tol en sing. Ek
spin hom in die lug rond. Hy val op die grond. Die bal is rooi. Die bal
is mooi, maar ek is ook nou bloedrooi van al die gegooi. Jeanri
Mulder (9) |

| Vlooi,
jou ou aap! Ek wil nou slaap! Jy
is onbeskaaf en onbeskof HOU NOU OP of.. of.. of.. Ek gaan jou nou kry Moenie
probeer om my nou te vlei Vroutjie,
bring die vlooigif. Ha! Jou liggaam gaan hier muf! Totsiens
ou pes. Die goed se naam is Flealess PSST>>PSST>>PSST>>Daar's
die vark dood Sy kinders, net om my te spite, begrawe hom in my brood!
Este Verhave (13) |

|
|
'n
Herlewing van die opsitkers Hy
kom aangery op sy wit perd Ek bied aan hom 'n stukkie appeltert In 'n ry
sit my bloedverwante My Oom, my Ma tot my groot Tante Reg
om my kêrel van my te ontmoet Groet Jan vir Ma, Oupa en Boet Almal
tevrede, gelukkig mooi reg glip ek en Jan skelmpies weg Die
opsitkers is aangesteek Soos Jan naderskuif word ek bleek Sy hand raak myne,
so glad so sag 'n Hoes uit die kamer, Jan verdwyn in die nag Volgende
dag is hy terug om my te sien 'n Stukkie melktert is wat hy verdien Die
lang dag begin: werk op die plaas Hy melk die koeie, ek maak die kaas Ons
help 'n bietjie hier, ons help 'n bietjie daar Ditsem! Aitsa ons is klaar! Ma
en Pa is in die kooi Ek maak myself reg en mooi Hy
steek aan die opsitkers Soos hy my hand vat word ek pers Sy lippe raak
myne, so glad, so sag 'n Hoes uit die kamer, Jan verdwyn in die nag Nè
Grobler (13) |
|
| my
hond Peanut is 'n liewe ding hy maak my sing hy
raak sommer laf wanneer ons gaan draf hy is bly wanneer ons saam met
hom ry hy is klein en fyn en bruin. Leila
van Coller (8) |
| Klanknabootsing
|
Die
telefoon lui, prieng, prieng... Dis die 'weeg-minder' maatskappy, dieng, dieng.
Hul wil weet: "Het jy gewig verloor?" "Nee", sê
ek ,"want jul dieët is goor!" Klik. Ek sit die telefoon neer,
maar ai, ek kan myself nie keer! Ek gaan klim op die skaal, en sien ek
is skielik weer skraal! My hartjie is bly, prieng, prieng... ek het gewig
verloor, dieng, dieng!! Mignon
Basson (12) | |
|  |
|