|
|
|
Die
engeltjie wat nie kon vlieg nie...
Mona
was 'n engeltjie van formaat
Sestien jaar oud, en een vet vraat.
Dus staan sy eendag in die drive way
en gil, "Vandag is die dag! OK!!!!"
Sy sprei haar fyne vlerkies oop
en begin vorentoe hardloop.
Sy klap die vlerkies, lig haar voete
waai haar arms, en vryf haar sproete.
Dis lift off! So skree die kelkiewyn.
Mona land hard in die agtertuin.
Sy was te swaar, vir haar kleine vlerkies
en nou kap sy maar hout saam met die dwergies.
Kinders,
hier is 'n vriendelike versoek:
Bly weg van al die sweeties en die koek,
Dis eintlik sleg en weet jy wat?
Mona eet elke aand net rou patat.
Mika
Stanvliet (16)
| |
| Was
jy ook al in Nimmerland?
Skryf
'n versie oor Nimmerland of enige ander plek waar kabouters en feëtjies en
ander fantasiefigure woon.
Gebruik die posbus
en om jou gedig aan Storiewerf te stuur, en wie weet...
|
|
|
Feetjieland.
Sjuut, wees stil want hier's kleine
feetjies.
Trap saggies trap kleine treetjies
Feetjies het die oulikste maniertjies
Saam met hulle slawemiertjies.
Kyk daar, daar in die groen mossies,
daar kruip sy weg agter die bossies.
Wag, kyk daar kom sy aan
en kom stil voor my staan.
Sy vat my hand en fluister: Jy moet
saam,
kom jy moet saam met my gaan.
Kom kom, sy vat my hand
en lei my dan na feetjieland.
Ons huppel deur blommelande
daarna verby die mooiste strande.
Dan fluister sy weer sag en sê:
Kom ons is hier,
sy is daar agter die klippiesmuur.
Ons kom by 'n ou vroutjie met 'n mooi
pers rokkie,
dan vat sy my hand en lei my na haar towerstokkie.
Shh, rinkel, tinkel klein en fyn
en daar staan ek klein met 'n rokkie van sagte satyn.
Kom, kom jy's klein getoor,
sing 'n stemmekoor.
Om my heen is orals feetjies,
en ons stap kleine treetjies.
Sy kom na my, vat my hand
en lei my na feetjieland.
Karien
Stopler (13)
|

| Daar
is 'n mooi reënboog baie baie hoog. En daar is 'n ring En daar word
gesing. Daar
is 'n groot reus En daarby 'n fees Almal drink bier En almal is vol plesier. Johnathan
Fourie (11) |

| Lolla "Hallo" fluister
sy haar hare swiep haar voete dans dalk is daar 'n kans? Dat ek na
nimmerland kan gaan? of nie... Haar naam is Lolla haar ogies blink
en haar wange is rooskleurig, in haar kan ek verdrink Lolla dra die
fynste klere van akkerblare en 'n akkerdoppie sit stewig op haar koppie. Haar
lippies is ligpienk van kleur haar hand vou om myne net om my mee te
sleur na haar plek. Haar wêreld. Haar lewe. In Nimmerland. |
| Mika
Stanvliet (13) |

| Nimmerlandfees Ek
maak my oë toe dan is ek daar. Verwonderd kyk ek na, feetjies en
kabouters al spelend om my rond. Sprokie paleise lê sag in die
verte. Dit alles maak jou hart lig.`n Feetjie kom sit op my grote toon
Sy lei my na die nimmerland fees.`n Tafel met elke ding denkbaar gedek.
Die nimmerlandkoning klap sy hande en almal val in in die nimmerland
fees. As almal versadig is dan begin die dans. Die elfie orkes speel
`n vrolike deuntjie tra la la. Feetjies elfies en kabouters dans
wielie- walie en rondtomtalie. Dis `n dans nooit te vergete. So nimmer
as nooit. | |
Makushla
du Toit (13) |

|
|
As al die mense
ongeskik En lelik is met my Is daar een spesiale plek Wat my van kwaad
bevry 'n
Plek genaamd Nimmerland 'n Plek wat my kan troos Al het my vriende my
vergeet En is die wêreld boos... Daar
word ek goed behandel Soos 'n koning op 'n troon Daar kan ek ook vergeet
Van die wêreld waar ek woon. Want
hier kan ek myself wees Maak nie saak wie ek is Al is ek 'n gorilla, padda
of 'n vis Maar
almal het hulself al In Nimmerland bevind Van die oudste oupa, Tot
die jongste kind Want
Nimmerland is glad nie 'n dorp, land of plek, Maar iewers 'n mens wat
jou troos As jy voel soos 'n gek As
almal op jou raas En lelik is met jou Is daar mos altyd êrens 'n
mens Wat sy arms om jou vou. |
| Danie
Stander (11) George |

|
|
Een nag het ek
my tas gepak met my wandelstok op 'n reis gegaan na die melk en heuning
van Nimmerland opsoek
na Peter-Pan Tinkerbell Captain Hook maar gevind tussen
die kwetter van die son en die jubel van die bome koddige klein kaboutermannetjies wat
struwel deur die gras stoei in die ooptes hol deur die laagtes rol
oor die hoogtes wat
jagertjie speel met die wipneus hasies vroteier met die mossies onder-handjie-slaan
met die klipspringertjies... Vol
amusie het ek op 'n klip gaan sit en my kyk na hulle kaskenades gekyk -
tot hulle my gesien het, skugter begin nader het met
klein handjies aan my hart geraak het in 'n kring om my siel kom sit het
om my kom speel het om my kom praat het my
vertel van die kwaai kappokkies - ek hul saak besleg my sê van die
wen teen die veldmuise - ek skouer-klop gee my wys waar die muskiete gebyt
het - ek saggies troos; my
vertel die storie van eeue wat in geen boek ek kon vind. Ons
het die dag omgepraat en omgelag en omgespeel tot my nimmerlandspas verstreke
was met hul slapenstyd se koms het
ek die klein kombersies tot by hulle kennetjies opgetrek afskeid geneem
en met 'n voller siel na
my eie nimmerland terug ge keer. Maar
'n deel van my hart as pand gelos. |
| Bennie
Naude (17) Hoërskool Ben Vorster |

|
|
In feëtjieland
is die gras mooi groen, Daar's kabouters en feëtjies wat huppel en spring,
'n Blaartjie kraak onder die reus se skoen, En hier kom 'n draakagtige ding! My
gunsteling feëtjie se naam is Sprankel, En haar van is Dunken, Ons
loop oor 'n bruggie wat wankel, Kyk, daar's Kabouter Munken! Die
feëtjies kan oor ALLES lag, Die kabouters wil soms oor party dinge mor,
Feëprinses is streng, maar haar hart is sag, Hierts! Daar vlieg 'n reuse-tor! In
hierdie land is daar geen motorkar, Daarom is hul lug so skoon, Niemand
is ooit in 'n harwar, Koning Matewis sal soetes met kleertjies beloon. O,
dit is 'n Wonderland, Met sy sagte sand, Fantasie-wesies, ek sal jul mis,
Kom ons gaan speel, ek wil geen tyd wat ons saam kan wees verkwis! |
| Melissa
Nel (11) Laerskool Garsfontein |

|
|
Die son verdwyn,
verby is die vreselose dag, die lug verdonker, dit word eindelose nag. Venus
wys eerste haar gesig, die ander volg stadig, die ronde maan, wys
ook haar gesig. Die
tyd van drome is hier, nagmerries maak kinders bang, fantasie vlieg rond,
lewe en dood gaan hul gang, Feetjies
en dwergies, spoke en geeste, monsters en ruimte wesens, diewe meeste. Wonderwerke
kan gebeur, oë kan sien, liefde kan begin, ons kan God dien. Die
nag is tyd vir vrese, dis die tyd vir slaap, dis die tyd vir donker geheime,
tyd vir die tel van skape. Nag
is betowerend, gevul met ons verbeelding, vergete drome bly daar,
nag sing. | |
Caitlin
Tredoux (17) Hoërskool Hermanus | |
|  |
|