2010-02


jongklomp

versfabriek

Ons omgewing

Ma se wilde hings

My ma het 'n hings gevang.
So wild, hy maak almal skoon bang!
Maar gelukkig is hy MY persoonlike vriend.
En ons kan mekaar se geselskap vreeslik geniet!

Niemand kan bo-op hom ry;
Jy beter glad nie stry!
Dis net my ma en ek,
Julle dink seker ek's GEK!

Ons pragperd se naam is Weerlig
Noem maar net sy naam, en die beste ruiters begin te sug.
Hy is so vinnig soos blits;
Of soos weerlig wat flits.

Hoe ons hom makgemaak het, gaan ek jou nie sê!
Net die gedagte dat ek jou moet sê, maak my pê.
Hoe ons hom gevang het, gaan ek jou nie verduidelik!
Dat ek jou enige geheime gaan vertel, is onmoontlik.

As jy jou perdjie-vriend wil mak maak.
Moet jy lus wees, anders kan jy dit maar staak.
Ek moet erken, dit was moeilik, ja.
Maar nêrens kan jy vir beter makmaak-terapie vra.

Weerlig is vreemder as ander perde, maar ons is lief vir hom.
Sy vermoëns sal julle almal verstom.
Maar glo vir my,
Nêrens sal jy 'n beter perd kry.

 

Corli Potgieter (13) 2011


Hoe lyk die wêreld om jou?
Beleef jy ook die natuur en die omgewing?

Skryf jou eie natuur of omgewingsgedig

Gebruik die posbus en om jou gedig aan Storiewerf te stuur, en wie weet...

My land

Suid Afrika die land van goud,
waar die reënboognasie woon,
jou blom dra die kroon.

Galjoen so blou en groen,
ek gee jou sommer 'n soen.

Bloukraanvoel o so mooi,
rek sy nek met geen plooi.

Geelhoutboom by die waterstroom,
van jou skadu kan ek net droom.

Springbok groen en goud,
ek soen jou sommer op die boud.

 

Lee-Ann Denton (9) 2009

Pretoria

Pretoria ek ruik jou stof; dit laat my nies
Pretoria ek sien jou kleure o so mooi
Pretoria ek voel jou wind so sag
Pretoria ek hoor jou weerlig raas
Pretoria ek proe jou reën; dis lekker koud

Blignaut Viljoen (12) 2008

Die lente

Die lente is mooi
die lente is rooi
die blomme blom
die reën gaan kom.
Dit is 'n lekker tyd
daar is geen ryp.
Die lente is opgetooi
en alte mooi.

Die lente is blou
die blomme kom gou
die lente is geel
dis 'n tyd om te deel.
Die lente is pers
ek sit by 'n kers.
Die lente is groen
en ek soek 'n soen.

In die lente
slaap ons in tente.
My sente
kry sommer rente.
Die sterre skyn
ek voel soos 'n mannekyn.
Die lente is alte mooi
onthou om die blommetjies nat te gooi.

Benita van der Merwe (12) 2009

Klein Karoo

Aan die Klein Karoo
is my hart gebind
styf, styf teen die berge
en die fynbos en wind.
Klein Karoo, jy't my hart gevang
as ek jou verlaat sal ek altyd verlang.
Terug na al die plase heen
- onthou van die blydskap van 'n bietjie stofreën.
In die Klein Karoo het ek my tuiste gevind.
Aan die Klein Karoo is my hart gebind.

Liza Combrinck (12)

Herinnering- ek het jou lief

Ek het jou lief
Bloubergstrand.
Ek het jou lief
Dullstroom
Ek het jou lief.
Die verlange brand.
Ek het jou lief
Nyati - krokodilrivier
Ek het jou lief
Seewier by Umhlanga.
Julle is room
op die gras
waar ek gister was.

Dalene de Vente (13)

Herfs

Herfs is nie lekker
dit maak my net gekker
daar's niks om te doen
in hierdie seisoen.
Ek begin al hunker
na die winter
ek kan nie eers wag
vir herfs se laaste dag.

MG Dreyer (11)

Die padda

Padda jou glibberige dier,
Soms ook gekol soos 'n tier.
Jy het maar net vier pote -
Elk ook vyf groot tone.

Jy is baie versigtig,
Soms ook maar giftig.
Lankal mier en muskiet vergeet,
Hopelik nou klaar geëet.

Van eier tot vis
Is jy 'n lekker dis.
Rou proe jy maar sleg!
En kan dan glad jou bene vleg.

Jy is net soos 'n mens,
Te veel kos in jou pens
maak jou siek en naar.
Ander wat jou rusplek vat, is maar raar.

Vyand! Vlug! … in die water gespring
Weg van die reieragtig ding.
Skelm staan reier op eenpoot
En wag vir jou … lewendig of dood!


Blignaut Viljoen (10)

omgewing van die hart

hier sal my hart op die plek altyd bly
waar 'n mens vir jou waai as hul verby ry.
'n plek waar jy wegkruip en tel tot tien
'n omgewing wat God in die grootheid van die heelal sien.
'n plek wat jy tyd sal spandeer elke uur
'n omgewing waar jy tuisvoel op jou eie manier.
'n plek met sy eie spesiale skat
'n omgewing van die diepte in my hart

Engela Mayer (14)

Hoe ek oor die see voel

Wit is die branders
Skimmelperde, wat anders?
Die lug is so, sjoe,
ek kan die seewater proe.
Die sand is nat
na 'n lang dag is ek sat.
Met 'n boek in my hand
stap ek tot daar anderkant.
Die wind is net reg,
maar teen hom moet ek veg.
Slakkies teken in die sand -
nou staan ek hier op die rand
van 'n rots, met verf
wat 'n Bybelversie uitkerf.
Alhoewel mense so sug,
is daai rob wat daar swem nie 'n klug.
Die son is aan die sak,
die lewe is ook nie sag,
die dolfyne spring, die walvisse spring
dit laat mens se hart sing.
Dit gee jou hoop
om HOM te loof!

Anneke Pentz (13)

Die Berge

Die berge is groot,
die berge is mooi.
mense wat,
papiere rondgooi!

Dit is verkeerd
want hoe kan iets lewe
tussen papiere en gemors,
so ewe!

Plastiek, skille
min water en gemors!
Hoe kan dit gesond wees
O! Die berge is so dors!

Mika Stanvliet (13)

Verlore in Kaapse Vlaktes

Uit die bosveld gewurm, na myself kom soek
Moes afskeid neem van dorre land
Dae, minute en ure moes ek reis
Onder my Vader's hand
Deur onse Vaderland beweeg
Van doer-bo tot hier
Het werklikheid begin insink
En my getref met die groetens uur

Sommer - so sou ek na die Kaapse Vlaktes kom
Om 'n nuwe lewe te begin
Alles van voor af aandurf
'n Lewe met veel meer sin
Karoo - woestyn het my begroet
Met 'n dagbreek van oranje-rooi
Hoe kon ek raai dat dit veel beter sou wees
Hier in die vreemde, so mooi

Dag vir dag wat verby gaan
Wemel ou herinnerings in my kop om en om
Twyfeling van of dit reg was
Om na die Kaapse Vlaktes te kom
Steeds soek ek na myself
Deur strate van swart
Met net flikkerende ligweefsels
In die middestad se hart

Die Kaapse Vlaktes en ek
Kon mekaar nog net nooit vind
Daar's niks wat my hier kan hou
Niks wat my kan bind
Die Kaapse Vlaktes
Met sy torings van klip
En al die geraas van bewegende tegnologie
En die hart van my wat bly bid

Ek's 'n verlore siel
In 'n plek met sy eie doen en gang
Somtyds word ek gevul met angs
Met twyfel, is bang
Dis 'n nuwe ding - 'n stadslewe
Waaraan ek nog gewoond moet raak
Alles moet oorbrug
Wat my angstig en bang maak

Daarom is ek 'n verlore siel
In die Kaapse Vlaktes so ver
Hoor net die gewemel die gedruis
En somtyds 'n selfoon wat blêr
Verlore en alleen sal ek aan my Vader vasklou
My dae deurbring om my lewe reg te rangskik
En met my geestelike lewe
Die hoogte in mik

Verlore mens
In 'n bekende plek van vreemdheid
Sal ek my lewe moet lei
Al is dit sonder eenheid

Brigitte Smit (16)

Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014