|
|
|
|
Winter
is 'n tjello.
'n Sneeustorm
is 'n lied in mineur
Geheimsinnig, vreemd,
alleen.
Winter
is 'n tjello.
'n Kaggelvuur
is 'n lied in majeur.
Warm, diep,
vriendelik.
Winter
is 'n tjello.
|
|
Jeanette
van As (12) 2011
|
|
| Verstaan
jy hoe seisoenmusiek werk? Aan wat se instrument laat winter jou dink? En
somer? Herfs?
Skep
jou eie seisoenmusiek... Gebruik
die posbus en om jou gedig aan Storiewerf
te stuur, en wie weet... | |
|
Klarinet
Klarinet....klanke van die vier seisoene
Soos musiek van Vivaldi borrelend uit
Somerreën
het neergesak
Herfsblare.....fladder plotseling neer
Wintermusiek wat saggies die ore streel
Lentebloeisels en voëltjies
wat sing.
|
|
Sven
Benson (13) 2009
|

|
Vioolklanke
is wintermusiek
hártseermusiek
kaal takke
teen die lug.
|
| |
|
Tromgeroffel
-
warm somernagte
'n stofrooison
op die horison.
'n Ronde maan.
|

| Winter
is sinjale wat hard en aaneen fluit. Winter is dromme wat jou dieper
in jou bed laat kruip. Maar winter is soos 'n viool wat rustig, sag kan
speel. Winter is musiek wat jou ore saggies streel. |
| Amabel
Benade (14) | |
In
die herfs waai die blare soos kitaarsnare deur die lug, deur my vingers
soos vlamme. Die wind klink soos 'n kind wat huil in die stilte van die
nag. |
| Ané
Smith (14) | |
'n Panfluit
laat my dink aan die lente. 'n Voëltjie wat sing wind wat deur
die bome suis met insekte se fyn geluide. |
| Lente Geldenhuis
(14) | |
Die note van die klavier in die herfsmaande die blare fladder in die koue
aande. 'n Kaggel is net reg dan is die herfs weer weg. |
| Franco
de Bruin (13) | |
Kitaar is
helder klanke wat oor die vlakte sweef en daar is blare onder die bome
wat heen en weer waai. Dit is die klank van die herfs. |
| Hugo
Engelbrecht (13) | |
Saxofoon
op 'n koue nag met die mis wat in die more wag. |
| Kobus
van den Berg (13) | |
Dromme en
simbale soos die donderstorm in die dale somerreën het weer gekom. |
| Doné
Bester (14) | | |  |
|