|
|
|
Skool
Skool is vir my nie lekker,
al die skole, selfs Laerskool Bekker.
"Daar is die deur," sê juffrou vir 'n kind
wat stout was
en as daar 'n los papier is sê juffrou "plak vas!"
Die
huiswerk is te veel vir my,
sal dit nimmer einde kry?
Dis 'n nagmerie vir my,
wanneer gaan dit ooit verby?
Ek
hou nie van vroeg opstaan,
maar Mamma sê nog steeds ek moet skool toe gaan!
Veral in die winter is dit koud,
en as dit hael raak ek benoud.
Maar
toe ontmoet ek die beste juffrou,
wat sy nie doen is afknou.
Sy gee Afrikaans, juffrou Susan Bouwer,
ek is lief vir haar en kan huil op haar skouer.
Ek
het haar ontmoet,
en nou is ek sommer soet.
Nou gaan dit met my baie goed
ek doen nou pligsgetrou my huiswerk met nuwe moed.
Die
nagmerries is uiteindelik verby-
die droom begin! Gelukkig vir my!
Die wonderlike juffrou, ja dis sy
sy maak skool weer lekker vir my.
Carmen
Potgieter (10) 2011
| |
| Het
skool jou ook al tot dig gedryf?
Of voel
jy net dig as jy aan eksamen dink?
Gebruik die posbus
en om jou gedig aan Storiewerf te stuur, en wie weet... |
|
|
Droomland
Op
'n paddastoel
in die paradys van droomland
sit 'n feetjie, met 'n silwer rokkie
en 'n towerstaffie in haar hand.
Sy
sprinkel blinkertjies deur die lug,
dit sweef so heen en weer.
Sy toor, sy toor
my hartjie dat dit gesond word van die seer.
En
toe meneer my skielik vra
"Wat is die doel?"
val my drome inmekaar en
verdwyn die feetjie saam met haar paddastoel.
Dalene
de Vente (14) 2009
|

|
|
As
juffrou so vir my staar
As juffrou so vir my staar
Dan weet ek sommer al klaar!
Ek het alweer sleg gedoen in my toets
My ma gaan my sommer slaan en kapoets
Ai, as ek net kon beter doen
Sal ek wraggies klaar beter voel
My lewe lank kry ek vyf uit tien
Ek weet sommer, ek hoef nie te sien
Maar, skielik kyk juffrou met 'n glimlag na my
Ek het wraggies tien uit tien gekry!
Maar sy weet nie wat ek weet nie
Want sy het my nie raak gesien
Ek het afgekyk by Leona Blas
Die slimste meisie in die klas
As juffrou dit weet
Sal sy my nooit vergeef?
Sy draai jou nek om want sy dink jy verdien dit
Sy skel jou sommer uit vir die ene afkykery as jy sit
Moet asseblief vir niemand sê
Of anders is ek besig om onder my bed weg te kruip
terwyl ek nog so paar uur lê
Lara
Bester (11)
|

|
|
Eksamen
Iemand
se hoë hakke,
klik-klak hard op hout,
sy loop deur die banke
en kyk jou aan, maak jy 'n fout.
Die
lug is dik
jy sny dit met 'n mes
mens kan daarin stik
dit slaan jou vir 'n ses.
Ja,
dis die eksamen,
hande beweeg oor velle papier
wit soos 'n laken
die horlosie se lang hand staan op vier.
Die
klok lui hard,
daar's 'n hoorbare sug in die saal,
weg is die moegheid, smart
die eksamen is verby maar die papier is kaal.
Dis
'n ronde nul
wat jy verwerf het
met die hele eksamen-spul
dis nou net perfek!
Geen
punte nie
jou ma is kwaad
hoekom het jy nie geleer nie,
vra iemand, vir raad.
Dis
nogal erg,
die hoof besoek jou,
sy sê jy's sleg,
jy moet dit berou!
Nou
ja, hier is ons weer
in die lokaal
om te skryf en so meer
tot jou ma jou kom haal.
Die
lewe is wreed.
Mika
Stanvliet (13)
|

|
|
Ek
sit hier in die klas
rustig op my bas
besig om aan my sinne te werk
terwyl juffrou staan en boeke merk.
Wiskunde
gee my 'n groot pyn,
ek wens dit wil heeltemal verdwyn.
Ek bring vir juffrou 'n bos blomme,
en gee haar 'n drukkie, ag net sommer.
As
ek groot word, word ek fisioterapeut
om mense te help met hulle skeet.
maar nou moet ek eers gaan,
dus tafels, sinne en sou hou dit aan.
Charlene
van Dyk (11)
|

|
|
Eksamenlokaal
Die
stilte daal soos dood neer
Die penne nog gevul met ink
Die koppe gesak oor wit en swart
Soos die oë lees; dink
'Tyd
begin nou', klink dit deur die lokaal
Met 'n valke oog gluur sy ons aan
Ons penne lig saam soos 'n peleton
En ons skryf vir al wat ons bestaan
Die
papiere word rond geskaffel
Elke hart bons dubbeld soos die van 'n dier
Die penne skuif soos 'n militêre groep
Oor die papier met spier
Sy
stap op en af tussen 'n ry banke
Dit staan soos lelies in 'n vlei
Die benoudheid word hoorbaar
Oor die stilte wat daar lei
Jy
hoor 'n tipex doppie afklik
'n Pen val angstig op die vloer
Ek lig my hoof na die dak
Die juffrou laat haar wenkbrou lig - sy loer
Die
minute tik-tik af
So duidelik hoorbaar soos gevaar
Ek hoor die kabaal aan die anderkant van die gebou
"Afkyk" - skree sy en maak 'n gebaar
'Halfuur'
- uiter sy die tyding
Tien bladsye oor om te gaan
Die kriewelinge in my nek verskyn
En angstigheid kom voor my te staan
My
handspier speel wip-wap
Skryf - kan ek nie verder meer
Die tydings van orals flits in my brein
En laat my vol van paniek, seer
Eksamen
lokaal,
Doodstyding van 'n skolier
So sal dit nog vir altyd en ewig
Soos die lewens-toets duur
Brigitte
Smit (17)
|

|
|
wees
net
sewentien
'n taamlik sorgelose bestaan
my grootste probleem: skeinat en rek
- selfs dit kom en gaan -
om sommer net te wees
sing
en dans
simpel-mal
dis lekker om maar net kind te wees
lag
is lewe
waarom dan iets ander doen
waarom dan wil grootword
iets
meer wees
as
simpel-mal
want
drome droom is kindwees
prentjies
inkleur
kastele
bou
dis soms selfs lekkerder om te wens
as
om te wees
in
hierdie wille simpel ek
is 'n bang vir grootword
en
oudwees...
jonkwees bring baie môres
wat
stelselmatig minder word
sê
nou môre is nie meer nie
en ek nooit wat ek wou wees
die
grootste twyfel:
wanneer dan ophou om sewentien
te wees
ek
is so bang
ek is in 'n oogwink sewentig
en
al
my drome iets wat nooit sal wees
Helené
van Tonder (17)
|

|
|
Spesiale
onderwyseres
(opgedra aan juffrou Elsa Harley)
Jy staan daar voor
alleen
- met mond en bordkryt
jou wapens wat jy na ons smyt.
- eensaam -
sonder begrip van ander.
Probeer verduidelik,
kyk vir my
...jy glimlag
ek glimlag terug
- jy't my dag gemaak sonder swig!
Soek ook begrip
wil raakgesien word
en dan kom sit ek hier
óók
alleen
en kry 'n glimlag en liefde in een!
- 'n Juffrou,
sonder twyfel,
is die enigste ware mens wat ek ken
want sy sien dit raak wat elkeen spesiaal maak:
Die oë van Jesus
Michelle
Fouché (16)
|
|
|
Storiewerf
se verjaarsdagwedstryd:
Wenners
van Storiewerf se verjaarsdagwedstryd 2003 is Marietha
Brits (Klaskamer:
WS03) en Marcé
Bester (Ek hou van).
|
|
|
Klaskamer:
WS03
Vandag
lyk haar gesig moeg,
afgemat deur ouderdom.
Die fyn plooitjies om haar oë,
kreukel haar onderlaag.
Die pand om haar ringvinger
rond haar perfek gemanikeurde naels af.
Dit waarmee sy verduidelik op die truprojektor,
geduldig, oor en oor.
Potlood in een hand,
die ander verduidelik beklemtonend saam.
Haar stem dra oor die klas,
wat rusteloos vroetel.
Kort-kort word na die horlosie gekyk,
net om te sien dat dit vyf minute later is.
Die klok lui,
chaos neem oor.
Sy skakel die truprojektor af.
Marietha
Brits (15)
|

|
|
Ek
hou van
Ek
hou van rys
want dit is kos.
As dit is grys
moet ek dit los.
Ek
hou van wors
want dit is vleis.
As ek dit mors
mag ek nie reis.
Ek
hou van mielies
want dit is geel.
Sulke groot bielies
dit maak my heel.
Ek
hou van roomys
want dit is soet.
Net van ys
en lekkergoed.
Marcé
Bester (9)
|

|
|
Tieners
Tieners
het PUISIES!
en ook LUISIES!
Hulle
eet elke DING
en dra ook 'n NAELTJIERING.
In
hul sak het hulle 'n PRENT
van 'n ou VENT!
TIENERS
is LUI,
en hulle is altyd in 'n BUI.
Marlise
Jordaan (10)
|

|
|
Ontwikkeling
Toe jy nuut was
- nog 'n groentjie,
was jy sag en verteerbaar
met die wêreld se geluk in jou kinderlaggie
en jy het vasgeklou aan
boeke met prente en liedjies
Rondbeweeg op die moeilike manier,
...maar baie gelag.
Toe word jou begeertes groter,
jou honger na kennis soos 'n leeu.
Vra vrae wat nêrens eindig
-partykeer by God.
Maar toe begin jy verstaan en begryp,
het deel van die wêreld geword.
Jou kinderlaggie verdwyn,
nes jou oë se sonskyn.
Lippe begin val,
-verkeerde woorde.
Vrae irriteer jou net,
moeg vir antwoorde soek.
Word wyser met tyd,
tyd heel alles
-selfs die malles en vervalles...
Jy ontdek weer vreugde na die storm
in die oë van hulle wat uit jou vorm.
Nou moet JY al die antwoorde ken,
HULLE vra nou die eindelose vrae,
en al wat jy kan antwoord is:
'n Standbeeld word gevorm soos sy Maker wil.
Maar die kersie op die koek,
is nie die kersie self nie,
dis die kleur...
Michelle
Fouché (16)
|

|
|
Die
nuwe seun
Daar het `n baba gekom,
Dit is `n seun!
Die ma is aan die blom,
Maar pa kreun!
Pa sal nou met boet moet speel,
Terwyl ma vir al die gaste koekies uitdeel.
Mika
Stanvliet (11)
|

|
|
Eksamen
Wie
weet?
dalk gaan ek als vergeet,
miskien 'n blou rots
rooi slaan
met my ruwe kaal vuiste.
Ek kook oor,
my hart pomp rokende vuurvlammebolle,
waansinnig is ek,
- styf in die nek.
Ek skryf...
en
skryf...
 en
skryf...
ek smeek en pleit
en
pleit...
maar daar is net een pad,
smal
en vol spykers en dorings en klippe en messe en borrelende
lawa
waaroor my kaal voete moet beweeg
want ek moet eksamen skryf voor ek my laaste asem teug.
Michelle
Fouché (16)
|

|
|
Aan
'n Graad 1 Juffrou
Juffrou
het my dom vingertjies geduldig geleer,
die hele eerste kwartaal van my Graad 1-jaar deur.
Saam het ons geswoeg en gespeel,
ook geleer om te skryf ... ek was nooit nie verveel
...
Dankie
Liewe Juffrou, vir al die liefde ontvang,
Niemand sal jou plekkie in my hartjie ooit kan vervang!
Juffrou maak my eerste skooljaar 'n regte plesier,
Ek weet sommer ons gaan einde van die jaar saam my
rapport se punte kan vier ...
Die
eerste kwartaal is nou reeds verby,
Juffrou het die Graad 1's mooi geleer ... selfs ook
vir my!
Geniet die vakansie en kom veilig terug,
Want ek verlang al klaar so baie dat ek sommer wil
sug!
Elize
Botes
|
|
|  |
|