|
|
|
Spoke
loop bedags
Op
die plaas het ons gaan kuier
ver doer in die veld gaan lê
net ek en my klein-nig
Oë
toegeknyp,
rus ons in die laatmiddagson
onder vele rye hoog-en-laag bosse en bome
Skielik
'n kraak
ek skrik,
sy spring.
"Wie's
daar?"
'n gemeenskaplike roep
niemand antwoord nie!
Kraak
hier
kraak daar,
o gedoriewaar!
Dis
'n spook!
hy huil en kreun
en steun en ween
Ons
hardloop
terug huis toe, gou!
"Tannie, Tannie! Spook in die veld!"
Tannie
sug, diep en innig en lank.
"Ai, julle jongmense tog.
Dis net die wind - spoke loop nie bedags."
En
suutjies, om die boom,
loer die spook van Jannie Kom-Om
kraak-kraak, al huilend, steunend en wenend.
Hy
glimlag en dink:
"Mense tog."
Spoke loop bedags.
Adri
Brits (16) 2010
|
|
| Van
hierdie spookversies is geskryf in die kompetisie met die bekendstelling van Lousie
Prinsloo se boek, Spookhuis by die see.
Skryf
jou eie SPOOKversie Gebruik
die posbus en om jou gedig aan Storiewerf
te stuur, en wie weet... | |
|
Op 'n plaas
woon 'n haas
diep in 'n donker gat
dis daar waar die spoke
saam begin dans
en daarvan
voel hasie al sat
want die spoke raas
en die spoke blaas
en ou haas bewe
soos 'n riet
waar hy sing
aan sy lied
diep onder die grond
waar hy wens
hy was eerder 'n hond
want 'n hond kan blaf
en speel hy is laf
sodat die spoke
maar liewer wil hol
en ook ophou om
met haas te lol.
Joanita
Engelbrecht (9) 2009
|

|
Kalander
Maandag, Dinsdag, Woensdag
een dag op die ander
so sit die spokie op die hek
Die spokie met die naam Kalander.
Verdrietig, tog te triestig
sy hart in sewe stukkies
Kalander maak emmers vol
met trane net soos druppeltjies.
Hoekom, is die algemene vraag
die dorpsmense nuuskierig
Kalander sit koponderstebo
hoekom is hy so verdrietig?
Mika
Stanvliet (16) 2008
|

|
Dis
so donker in die huis
sê nou maar daar's 'n ding wat my gaan vergruis
sê nou maar dis 'n luis
met 'n groot swart vuis!
Of
dalk 'n gruwelike spook
wat pers sigarette rook.
Sê
nou maar dis die bure se swart kat
daai een met die groot gat!
Ek
is so bang, bang, bang!!
dis seker omdat ek na die daglig verlang.
Dalene
de Vente (12)
|

| Vreemde
spoke! Op my ouma se solder, woon Holderstebolder, die
vreemdste spook! So oud en verrimpeld en vol van rook! Want
Holderstebolder is ongesond! Hy speel snags in die koue rond! Pleks daarvan
dat hy gaan slaap hy gaan verkoue kry! Die aap! Holderstebolder
rook al jare! Hy kannie stop nie, sigarette en sigare! Die rook is nou al
vasgekeer en arme Holderstebolder weet nie meer! Hy
gaan sien vir proffesor Floor hy sal hom gou gou regtoor maar o Saadbrood! Die
professor is nou al lankal dood! Wag net gou `n rukkie! Spoke
gaan mos nie dood nie! Maar waar is ou Floor dan nou? Hy het gou vakansie
gaan hou! Ag nee! Mika
Stanvliet (13) |

| Die
vet spook Dik Daan Dik
Daan is die vreemdste spokie, hy hou nie van die donker nie! Hy`s bang
vir spoke en mense, om van hul weg te bly is een van sy wense. Ou
Dik Daan hou darem van lekkers, hy steur hom ook veel aan Christmas Crackers,
solank daar `n blokkie sjokolade is, is Dik Daan bly, dis gewis! Coke,
Gemmerbrood, Pannekoek, Dik Daan hou van lekkergoed! Vir pampoen, skorsie
en patat, sê ou Dik Daan, ag nee wat. As
hy net een ou koekie kry, Is ou Dikke Dik Daan tog te bly. Hy eet ook
sommer stroop, net so, voor hy lekkers koop. Dik
Daan hou van allerlei goed, Hy sê selfs koeksisters is `n moet.
Dik Daan hou van ongesond, maar o wee! Al die lekkers lê op die grond! Want
Dik Daan se brein, is redelik klein, hy het vergeet, dat spoke mos
nie kan eet! Die
kos val dwarsdeur! Al het die soetigheid hom meegesleur. Ou Dik Daan voel
nou baie sleg, want die lekkers is almal weg. Die
kinders het dit kom haal, sonder om daarvoor te betaal! Stoute kinders!
Jul is sleg! Julle vat dan al my lekkers weg! Ou
Dik Daan is regtig hartseer, hy sien hoe hulle met hom gekskeer, Vir ewig
is lekkergoed klaar, Dis hartseer, maar dis waar. Mika
Stanvliet (13) |
|
Die wenners van Versfabriek se verjaarsdagwedstryd
2004 is Marietha
Brits [Jy't my vertel (van die son)] en
Mika Stanvliet [Die vet spook Dik Daan]. |

|
| Die
Spook! Daar
is wel goed soos spoke! Hulle kruip net weg van damp en roke! As
jy skiet, dan skiet jy mis! Die spook slaan jou gou disnis! Nou
moet jy weet. `n spook het `n wrede gevreet! Hy
maak mense skrik hulle skrik so dat hul hik! Spoke
is maar wreedaardig Pasop! Hul word nog steeds vervaardig! Mika
Stanvliet (12) |

|
| Spookmeisie
Op die pad van Uniondale
wag daar 'n bleek meisie wat ronddwaal, Haar klere is spookagtig en haar hare
is vaal. Waar sy trap lê daar wit spore sy dwaal net in nagte en
verdwyn in die more. Sy sing en treur Oor die heuwels,oor die reviere,
oor die strate deur. Sy sal altyd daar wees en huil. Die arme spookmeisie
van Uniondale Saans in die nag as jy verbyry met jou oë moeg en rooi
Sal jy sien hoe die spook duimgooi. Die siel dwaal elke nag rond luister
in die nagte na haar stem in die agtergrond. Die meisie sal altyd daar wees
en wag. En onthou hou dan net jou oë oop in die nag Engela
Mayer (13) |

|
| My
eie spook Ek
dink aan 'n spook in my kas, hy bly meeste van die tyd in my jas. Net
in die aaklige koue nag hoor jy sy gruwelike lag. Die
vlieënde moue word dan vieslike slymerige kloue - die kloue word
al langer en ek word al hoe banger. Die arms strek om my te gryp my
voet word geknyp! Ek
skree en gil! Die spook word stil... Ek kyk in my kamer rond, ek sien
'n paar spore van grond, en daar onder op die mat sit meneer Stoffels
die kat! Nicola
van Rensburg (Gr 3) |

|
| Die
spook in ons huis Ons
het 'n Spook in ons huis en hy maak homself tuis. Hy sit op my stoel
met 'n maklike gevoel. As ek vir hom loer dan sê hy vir my "BOO",
dan hardloop ek weg na my Ma toe. Hy
sit op die mat; maak asof hy bad en maak ons almal nat met die water wat
so spat. dan hardloop ek weg na my Ma toe. Dis
'n vriendelike spook al wil ek hê hy moet loop. Daar is min gevaar
as ek hom bewaar, maar ek hardloop nog steeds na my Ma toe. Katuscia
di Stefano, 11 jaar oud |

|
| Spoke Een
aand op my bed, lê ek en wonder oor spoke, is hul maer of is hul
vet? is hul bene heel of gebroke? "Spoke,
bestaan julle?" vra ek hard-op. "Het julle frille of grille?
Het julle 'n hart wat klop?" Toe
skik ek, vir wat toe gebeur - reg in my deur staan 'n spook, dun
soos 'n rek! Glo
my, dis waar! Hy was daar! Het nogal gewuif, en het 'n blink kuif! Spoke
bestaan wel, dit kan ek jul vertel! As jul my nie glo, lê net
en kyk na bo. Eendag
sal jy hul sien, miskien, miskien, gouer as nou, dan skrik jy jou
flou! Charne
Hayward (10) |

|
| Die
spook van Hentiesbaai Dit
gons op die dorp van Hentiesbaai, oor die spook wat loop en soek in die baai.
Hy het geen hoof, sy rug trek krom, en ek is baie bang vir hom!!! Sy lus
vir die lewe sal hom nooit verlaat, want hy loop en brom en is vasberaad
om kind en kraai op te raap om saam met hom te loop en praat. Ag, die
ellende van die spook, om so alleen te loop. Shana
Hunter |

|
| As
spoke geesvang Een
aand met volmaan, het die spoke na 'n partytjie toe gegaan waar hulle
lekker kon geesvang, en dan luister hulle na die Grafsteensangers se sang. Al
wat nie meer leef en beef, kom dansvloer toe en sweef! Selfs Dracula en
sy meisie wals op die tango se wysie. Party
lê net op die vloer na die swewende spoke en loer. Want hulle sien
nie kans om op te staan en te dans. Frankenstein
en oorle Mev Bartel, het gespook en gespartel maar kon nie daarin slaag
om die spoke op te jaag. Reksprong
was daar ook, maar geen brawe spook. Selfs dié wat gedink het hulle
kan, het gesê: "Liewer bang Jan as dooie Jan." Vir
ete was daar spookasem en suurmelk, nagereg was gif in 'n kelk. Geeneen
wou eet van die brood, want daaraan het hulle 'n broertjie dood. Toe
die donker die gees gee, en die lig word helder, moes elkeen terug na sy eie
grafkelder. Selfs van die wat nie genoeg kon kry, het daar geen sleepsel
oorgebly. Leandré
Buys, Gr 6 |

|
| Spoke 'n
Minuut voor twaalf, die huis is stil. Ek weet vanaand gaan ek nog gil.
Die sekondes tik vinnig verby Oupa se klok in die gang het twaalf gelui. Hy's
hier, ek kan hom ruik. Dis oom Jan se tabakpyp. Ek sien hom staan in die
maanlig, daar loop 'n traan oor sy gesig. Sy
Saartjie het nooit kom trou sy geld was te min, anders sou sy wou.
Alleen het oom Jan oud geword sonder 'n vrou, kind of hond; niemand erf
oom Jan se grond. Die
bank verkoop die plaas oor skuld, vreemdes hier kan die ouman nie duld.
Stadig kom hy nader. My hart klop al hoe harder. Sy kierie kap op die
vloer. My lyf verstyf, ek kan net loer. Die
houtvloer kraak. Ek wonder wat gaan hy nou maak. Hy staan hier langs my
bed, ek hoop ouma sal my kan red. Daar
ver op die plaas hoor ek 'n hond wat raas. Oom Jan kyk op en skud
sy kop. Hy sien dis ek en nie sy Saartjie. Hy kyk na die hek;
vryf liggies oor sy bokbaardjie. My
kamerdeur gaan oop dis ouma wat hier inloop. Haar gesig word bleek, want
sy onthou die week toe haar hart breek. Oom
Jan draai om en vra waarom. Sy sê in 'n sagte stem haar pa was
te streng na haar tannie oorsee het hy haar gestuur. Daar het sy haar
hand aan 'n ander gegee maar haar hart was nog altyd by oom Jan hier. Oupa
is al jare dood en ouma Saartjie het nog altyd die nood om haar geliefde
Jan Toerien weer te sien. Die plaas het sy gekoop want sy weet dat
oom Jan daar loop. Oom Jan is weer bly hy het sy Saartjie teruggekry. Shadrean
Brown, Graad 6 | |
|  |
|