2009-04


jongklomp

versfabriek

Sport

Die groot hou

Die bouler staan reg, hy is vasberaad
netjies en skoon in wenformaat.

Die kolwer kyk voor hom, hy staan gereed.
Die bouler is besig om sy tree te meet.

Daar begin die aanloop, hy boul so vinnig soos blits
die bal kom met 'n spoed aangerits.

Die kolwer konsentreer, hy wag vir die bal
en toe hoor die skare 'n grote knal.

Daar gaan die bal oor die verre grens.
Sjoe, ek het nog altyd vir 'n ses gewens.

Lodewikus Wandrag (14) 2009


Waar is jou sportgedig?

Skryf 'n gedig oor jou gunsteling sport.

Gebruik die posbus en om jou gedig aan Storiewerf te stuur,
en wie weet...

Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009