|
|
|
Wat is die gevoel?
Wat is die gevoel?
Is dit liefde?
Kan dit wees?
Die meisie met die ogies
met die wange
Kyk sy vir my?
Glimlag sy vir my?
Wat is die gevoel?
Gee sy so baie om?
Die meisie
met die hande so vol liefde
raak sy aan my?
Troos sy my?
Wat is die gevoel?
Is dit geluk?
Die meisie
met die goue hart
deel sy dit met my?
Pas sy myne so mooi op?
Dit moet wees
Ongevoelde liefde
ons gespreke woorde!
Ek's deurmekaar!
Ek's verlief
Ja, meisie
Ek's verlief op jou
Jou frommel neusie
Jou pragtige glimlag
Dis jou skuld
Vat verantwoordelikheid
En vertel almal
"Ek's syne"
Jan-Adriaan Swanepoel (18) 2012
|
|
| Was
jy ook al verlief?
Skryf
'n valentynsgedig; 'n gedig aan 'n geliefde; 'n onbeantwoorde liefde...
Gebruik die posbus
en om jou gedig aan Storiewerf te stuur, en wie weet... |
|
In
die geheim
Donker
trippel tree
Vee my hart jou krummels op
Op op met trappies
Tot in jou druppels drome
Maar hier is donderwolk
Ons kruip weg
Agter jou gordyn
Soos kinders speel ons
Wag ons
Vir stukkies sonskyn glimlaggies
Want in die geheim
Is my hart
Joune
Alida
du Toit (17) 2011 |
 
|
Tussenin
Iewers
tussen die stof is jou spore,
iewers tussen gister en vandag is iets verlore.
Daar waar niemand kan sien nie, is jy nog altyd deel
van my
Met my drome ry ek op die kruin,
in realiteit bly wag ek op die rooi duin.
Ek mis jou in gister en ek bly soek jou in vandag,
want ek weet...
Iewers in die stof is jou spore,
iewers tussen gister en vandag is iets verlore!
Grace
Boshoff (18) 2009
|

|
Om 'n draai en agter
'n klip
tussen die karavane en boompies fyn
Nou die mas, dan die seil van 'n skip
tussen alledaagse goed het jy verdwyn
Mika
Stanvliet (16) 2008
|

|
Kom
nou, Katriena,
ek is lief vir jou,
ek wil net
my arms om jou vou.
My
naam is nie Katriena nie,
of Annie of Christine,
dis Adri, het jy vergeet?
Of wil jy dit sommer net weet?
Jy
het my lief,
dit weet ek nou,
onthou net my pa noem my steeds Kindlief,
jy moet hom eers net asseblief vra.
Adri
Brits (14) 2007
|

|
Die wind waai jou
woorde
Die wind waai jou
woorde weg
dis die woorde wat gemaak is net
vir jou en vir my.
Ek onthou dit nog só goed
Jy aan my sy
Ek het gedink jy is gemaak net vir my.
Maar ek was verkeerd, so verkeerd.
Tog, hier staan jy voor my deur
Met 'n bos blomme van elke kleur.
Die liefde is terug. O, die liefde is terug.
Marié
Roux (8 jaar)
|

|
Net
vir jou
My
darling, in my eie taal
vleg ek vir jou 'n rympie.
Jy's beautiful en al is jy nie maer
nie, fluister ek 'n klein geheimpie.
Jy's
my sterretjie, my ewigheid.
As jy gaan sit
sak my son, en kom die lamheid
my maatjie, ek bid.
Ek
bid vir jou en my.
Dis al wat ek jou vra
vergeet die ander lot en kry
jou
feelings terug, sodat ek nie sorrow moet dra.
I
love you my baby
as jy nie afrikaans verstaan
nie, ek weet, ek's die lady
jy's my son en my maan.
Kom
terug na my toe,
vergeet al die ander
my baby, forget the prudes
kom na my toe, ek sal als verander.
Jou
lewe
My lewe
My sexy
Come baby
I love you
My feelings is genuine
Ek belowe
Vat my, my darling
Ek is so oneindig lief vir jou.
Mika
Stanvliet (15)
|

| Jou
veraaier hartverdraaier stekelwaaier jou nikswerd stuk klei hou net
op om te speel met my en moenie my hart deurmekaar brei!
Dalene
de Vente (12)
|

| Gediggie
vir my liefling Die oomblik wat ek jou gesien
het, het ek geweet (hoe dan anders? My hart klop nou nog!) Met jou hare
wat hang waar dit gehang het en jou ongeskeerde baard wat my wang so lekker
gekrap het en jou groot gestopte leerbaadjie en nommer-dertien vastrap-stewels wat
jou so diep in my hart vasgestamp het dat mens jou nie met 'n vice grip kan
losmaak nie. Die oomblik wat ek jou gesoen het, het
ek besef (hoe dan anders? My vel tintel nou nog!) Jou mond het na Menthol-sigarette
geproe - al hou ek nie eintlik van die smaak nie - en jy het na mán
geruik, en 'n koue aand voor 'n warm kaggelvuur en jou saggiesvat-growwe
hand wat my vingers so teer vasgehou het dat ek van niks anders bewus was
behalwe hoe ongelooflik veilig ek by jou voel nie. Die
oomblik wat ek gesê het: "Ja," het ek agtergekom (Hoe dan
anders? Ek weet dit nou nog!) dat jy onlosmaakbaar déél is van
my anatomiese bestaan, dat jy onbereikbaar vér is die oomblik wat
ek ophou vertrou dat jy my ridder op jou swart-en-chrome ysterperd is, dat
jy my so gelukkig kan maak dat ek nooit weer kan treur nie. Die
oomblik wat jy my die ring aan my vinger gesteek het, het ek verstaan (hoe
dan anders? EK dra hom nou nog!) Dat jy my lief het maar dat jy versekering
nodig het net soos ek. Maryke
Wenick (18) |

| Liefde
Wat is dit nou eintlik? Om mekaar 'n drukkie
te gee? Om in stilte te wag dat hy oor jou hand vee? Die liefde is 'n snaakse
ding, as jy HOM sien, begin jou hart wild rondspring Jy hou aan wonder en
dink gaan hy dink jy's mooi en flink? Hy sit agter in die klas en as
jy vir hom loer, vroetel hy met sy skooldas. Jy glimlag maar moedig en mooi en
wonder of hy jou dalk vir die Valentynsdag gaan nooi? Tiané
Goosen (15) |

| Ek
lê wakker oor jou Ek
lê wakker oor jou want ek wag vir jou oproep want ek luister na jou
stem op my voicemail want ek lees weer jou sms en ek onthou jou sterk
hand wat my vashou Ek
lê wakker want ek is bang ek vind jou nie in my drome nie Talita
Theron (16) |

| Hart,
my hart jou lawwe ding wie's dit wat jou so laat bons en spring? Kom terug
hart, klim terug in jy's myne hart niemand anders s'n. Wanneer gee ek jou
weg? Ek wag vir Meneer Reg en dan eers dan eers gee ek jou weg. Crisna
de Beer |

| Hy
is soos my Pick and Pay Jou lippe is koud, as ek daaraan raak voel ek stout. Jou
oë is so bruin soos die donkerste nag! Dit sneeu en reën as jy vir
my glimlag! Jou persoonlikheid blink soos sterre in die donkerste nag! Soos
sjokolade, so is jou liefde soet, as ek wil opgee gee jy my moed! Jy laat
my hart klop, as ons liefde 'n toets was het ek al lankal gedop! Jy was
nog altyd daar langs aan my sy, jy was nog altyd my Pick
and Pay, waar ek al my nodige goed vandaan kry!
Amereza (13) |

| Ambivalensie Ek
wonder en verlang, ma' as ek die bitter herinnerings ruik, weet
ek dat lewe sonder jou salig, sónlig
soet en veerlig is Khándi
Jacquin |

| Dis
jy! Dis jy wat my hart vinniger laat
klop as jy aan my hand raak. Dis jy wat laatnag sms en sê, "Ek mis
jou." Dis jy wat my aanvaar, net soos ek is. Dis jy wat my lief het. En
dis jy wat my in liefde laat glo Yolanda
Nel (18) |

|
| 'n
Leeftyd vir jou Jy bring vir my 'n rankroos sodat
dit my hart se mure toerank Dat ek elke dag 'n roos kan pluk en weet jy
het my lief. Jy stuur vir my 'n rooiborslaksman sodat
sy karmosynbors jou liefde uitglinster Dat ek elke dag sy roep kan hoor en
weet jy is naby. Jy gee vir my 'n liedjie sodat
die note my siel na jou stuur. Dat ek elke dag jou stem kan hoor en weet
jy is my sielsgenoot. Ek stuur vir jou 'n leeftyd waarin
jy my kan liefhê, waarin jy naby kan wees, waarin jy my sielsgenoot
is Waarin ons harte in mekaar vleg en ons siele saamsmelt. Rulien
Grobler (15) |

|
| As
jy... As jy vanaand in jou bed klim en jou
gebed doen, dink 'n oomblik aan my bid 'n oomblik lank vir my. As
jy die komberse om jou trek en jou oë sluit, sien my gesig vir 'n oomblik onthou
my 'n omblik. As jy wegsink in jou droomwêreld en
begin droom, sien, voel, ruik my 'n oomblik in jou drome laat ek daar wees
vir 'n oomblik. Want al hierdie oomblikke dink
ek aan jou, droom ek van jou, Sien ek jou, ruik ek jou, voel ek jou. Hermien
van Leewen (17) |

|
| vir
jou pluk ek 'n witter blom wat in soetheid versprei alom soos tye wat
jy huistoe kom vir jou pluk ek 'n witter blom 'n rooier blom wat mooier
blom 'n bonter-bossie-blomme-blom vir jou pluk ek 'n witter blom gedagtig
in jou: lewend blom * Eet
'n halwe arbei ekke: die anner jy. Laat ek in jou oë kyk en jy in die
van my. Kom ons dans die nag verby. Kom ons ry na blouberge vêr
en vriende naby. Kom ons vaar in 'n boot op die Suid-Kaap-see. Met Tafelberg
se plat gedek: aandete vir twee hoop ek jy gaan sê dat ek jou vir altyd
kan kry maar as jy nogie willie: wees 14 Februarie vry. * toe
jy laasjaar die deur tussen ons toemaak en vergeet kon ek hoor hoe jou redes
die sleutel in die slot afbreek vir lank het ek deur daardie sleutelgat probeer
smeek eintlik net in die gewoonte van saamwees verledes geleef maar die
een agter 'n soppy afskeidsbrief het ek vergeet :gevorderde valentynsdag aan
jou my lief (en leed) Gert
Cornelissen |

|
|
Vakansieherinneringe Ek
bou n sandkasteel Met drome en gedagtes Ek voer dit uit met woorde
En lê ons liefde daarin neer * Ek het jou liewer as al die sterre
in die see en die sand in die lug Want jy keer my wêreld om
en maak my nuut * Die grou weer reën teen die ruit en loop in
straaltjies trane teen die glas Ek mis jou vanaand
Jou warm asem
en jou sagte mond Marsunet
Scholtz (18) |

|
|
winterkwatryne die
loodkruid is poeierblou en sag - ek sit daarby want dit ruik na jou
lag * elke boom se krom arms lê ontbloot - dit omhels my-
dit ruik na dood * jy is die bittersoet koffiesmaak wat die eerste
koppie in my mond kom maak jy is die sesuuroggend se donker lig wat sku
voor die son se strale vlug * my dag bestaan uit die son wat rus
in die donkerblou bal wat jou iris is * ek ruik jou reuk van suurlemoen
en wil jou langs my hê soos ons in 'n vervloë droom sy aan
sy sou lê Hanta
van Rooyen (20) |

|
|
Jou
blouselblou oë en blonde kuif Jou glimlag wanneer jy vir my wuif
'n drukkie, warm en sag jou vriendelike lag Anoniem
|

|
|
Valentynsrympie
Jy's my Valentyntjie en ek jou proefkonyntjie! Jy's my hart-se-punt
jy laat my dag so mooi begint! Ek weet nie of jy weet nie of het jy al
vergeet nie: Die liefdesdag kom nader weer sê ek : Dankie Vader!
Elizabeth
Kendall |

|
|
Gedig
van ons ek
wou vir jou 'n gedig skryf maar ek kon nie ek
het probeer om die kleur van jou oë te onthou maar my gedagtes
was grys soos die sementdam waarin ons twee altyd geswem het ek
het probeer om die klank van jou stem te onthou maar my brein was
donker soos die reënwolke buite terwyl ons twee saam pannekoek gebak
het ek
het probeer om die warmte van jou glimlag te onthou maar my kop was
leeg soos die soetkoekieblik waaroor my ma altyd geraas het jou
beeld vervaag elke dag meer maar ons herinneringe sal ek altyd onthou
maak nie saak hoe donker dit geëindig het nie Marsunet
Scholtz (17) |

|
|
Diep
donker dans In
die nag van ons eensaamheid ruik jou arms na wierook en my oë brand
gate in 'n kolkende son wat donker skyn swartgatnova verwonder jy my
hoof, begroet my vrae met kus op kus; daaraan gewoond skep jy emmers water
uit my weemoed sewe dae sluit wentelbaan as jyek koets opsaal en deur
die bloulug jaag sy aan sy jyekenjy daar waar die engele vakansie
hou skuur ons wiele verby, vrek 'n gebrek aan siekte. haal parmantig
twee djembe's uit en klokkelok ritmies teen die grein van klank en wispelturigheid
soos twee kerklokke myle aaneen elke lugruim deurklief met herinnering
hê my lief en doen nou 'n diep donker dans klokkelok Alwyn
van Zijl | |
|  |
|