|
WOERTS
& WARTS & WOU - 2.
By
die kraan in die tuin sit Polla en speel.
Sy bou 'n reuse-modderkasteel.
"Kyk!"
sê Woerts. "Kyk!" sê Warts.
"Wat op aarde bou Polla Swarts?"
"Wat
dit is, weet ek nie," sê Wou
en hy lag só lekker dat hy dubbeld vou:
"Kyk
net hoe lyk haar linkerknie!"
"Sy's lekker vuil," sê Woerts, "is
sy nie?
Haar
hande en voete is bruin en bont,
aan haar neus sit 'n knewel van 'n modderklont!"
Dis
tog te lekker om so te speel,
Maar nou kom die moeilikste deel:
Afspoel
by die kraan, dit mooi toedraai,
Dan bad toe om te skrop en te was.
Toe Polla gaan eet, is sy skoon en fraai.
Woerts
en Warts en hul vriend Wou
laat spaander na die plas.
Want nou kan húlle partytjie hou!
(C) George Weideman
Parkstraat 25 De la Haye BELLVILLE 7530
georgehw@mweb.co.za
|