|
|
| Verlies...
om iets kosbaars te verloor |
|
Daar
is soveel goed wat ek nog wou doen
soos om pa vir die laaste keer te soen!
Pa
het gehou van vlieg
en het nooit gelieg
Maar
voor ek my kon kry
is al daai dae verby
Dit
het so vinnig gebeur
ek belowe ek het my bes probeer om dit te keer
Ek
wens pa was nog hier by my
maar een ding is verseker pa sal altyd in my hartjie bly
Ek
vra vir Liewe Jesus om pa mooi te bewaar
en saam met pa daar bo te baljaar!
Mar-Louise
Olivier (13) 2010
|
|
| Het
jy ook al iemand of iets kosbaars verloor?
Gebruik die posbus
en om jou gedig aan Storiewerf te stuur
| |
|
ENGEL
KIND
My
liewe engel kind,
jy droom van feetjies met pienk lint.
Jou ogies is die mooiste blou
en saans speel jy mevrou mevrou.
Jou
goue krulletjies waai deur die wind,
dan weet ek jy is my engel kind.
Jou vrolike kinderlag
maak mense se harte sommer sag.
Maar
dit alles het verdwyn
en jy los mamma met die grootste pyn.
Jy wandel nou in strate van goud,
in plaas van jou sprokies woud
Die
lewe hier op aarde
het sonder jou geen meer waarde,
maar ek weet waar is jy nou...
VEILIG, STYF VAS in Sy arms gevou.
Natasha
Prinsloo (15) 2010
|
 
|
'n
Spiraal van rooi, oranje en geel
Die herfswind het 'n lewe kom steel
Dit was nog gister toe was jy daar
Dit voel soos 'n droom, is dit waar?
Een
asemteug ver weg van my
Ek kan nie rewind nie - dis verby
Mens waardeer eers as jy verloor
Ek kan nog jou lag in die wind hoor.
Reën
in die herfs is klaar verby
Nou rol die reën oor my wange vry
Jy is van my af weg.... weggeneem
Jy was vir so 'n rukkie aan my geleen.
Ek
wens ek kon jou nog 'n laaste keer vashou
Maar dit was die verlede en dit is die nou
Hartseer om te besef die lewe moet voortgaan
God het 'n doel wat ons nooit sal verstaan.
Dit
is waar ek jou finaal groet
Ek hoop dit gaan met jou altyd daar Bo goed.
Louisna
Kotze (15) 2009
|
 
|
Jy
is dood
'n yskoue wind waai die oranje
blare van 'n boom af
Die winter is om die draai
Jy is dood
skielik
Jy met jou silwer stem
en jy met goue hart
jy is dood
en hier wag ek nog pouses vir jou
tussen die pawiljoene by die bome se skaduwees
en skielik
as ek die leë nessies
sien
kan ek onthou
die middag met jou fiets
die sirenes
die begrafnisklokke
die trane
die verlepte blomme
en jou geskende gesig
en ek besef
toe die einde-van- die- pouse-klok lui
ons maatjie dae is vir ewig verby
Dalene
de Vente (14) 2009
|
 
|
jy het my weggegooi
vir Jaco
Ek het my hart verloor
by jou
dit lê
in jou asblik
saam met gemorsies
alleen, vergeet, verlate
want jy
het my weggegooi
Dalene
de Vente (13)
|
 
|
Steen
Was
ek maar van steen gewees
sou jou woorde my nie kon breek.
Was ek maar van steen gewees
sou jou oë nie deur my hart kon steek.
Was
ek maar van steen gewees
sou jy seerder kry deur my te skop.
Maar nou's ek van glas, versplinter op 'n vloer
jy't my gevoelens stuk-stuk kon stop...
Brigitte
Smit (19)
|
 
| Totsiens
my oupa Ek het gehardloop na die kamer waar oupa
is. Daar waar die wind in die takke sis. Ek het langs hom gaan sit met my
kop teen sy arm. Ek was toe klein genoeg, darem. Ons het altyd na die bome
gekyk en na die wind geluister. Dit was rustig en stil. Oupa het nooit gepraat
nie, maar die wind... die wind het gefluister liefkind, liefkind. Ek kon
oupa hoor met my oor teen sy wang Sy stem was in die wind se sang. Hy het
gefluister na my, ek hoor sy gebede Die tyd het gekom, toe is hy oorlede. My
hart was gebreek, ek kon nie myself vind, maar toe gaan sit ek in sy ou kamer
en luister na die wind. Ek hoor hom toe fluister liefkind, liefkind. Engela
Mayer (14) |

| Om
nooit te vergeet nie ek sal jou nooit vergeet
nie het jy belowe onthou jy dit nog? ek het
jou lief het jy ernstig gesê voel jy nog so? Ek
weet ek het niks belowe nie niks gesê nie maar ek onthou nog die
gevoel my hart wat uitreik na jou en my voete wat omdraai en loop my
voete het opgehou loop maar my hart reik nog uit na jou maar tas net leë
hande vol wind raak Hermien
van Leeuwen (17) |

| Totsiens Pappa,
jy is deur die doodsbesem voor ons oë weggevee, maar so is ons ook
net mens, met 'n groot harte wens, om die pappa wat ons so liefhet weer
te groet en te sê totsiens. Die
herinneringe wat pa agtergelaat het maak baie seer en soms wil ek net hê
dat die doodsbesem my sal saam vee, want met 'n lewe so leeg, wil ek
nie leef. Maar
ek het besef, dis vir my eie bes. Jy't my hier agtergelaat, en dis waar
ek sal bly, want jy't geweet my lewe sal nog hoë hoogtes bereik. Jy
was nie daar om vir mamma te help, vorm aan die twee gebroke mensies wat
moes agterbly, maar vir jou vergewe ons, want deur mamma het al die liefde, gestraal
wat jy aan haar gegee het, met hulp van bo, het sy ons gemaak, wie en
wat , jy ons nog altyd wou hê. Mamma
kry ook seer, maar ek dink sy wil dit nie wys, want dan sal ons moed ook
nooit rys. Sy was eens 'n verwarde hoender, wat nie nes kon vind, maar
vir hom het sy gekry, en daar sal sy bly. My mamma, 'n reddingsengel, gestuur
van bo. om jou plek te vul. die een wie sy eens liefgehad het, het seker
nog steeds, maar sy't dit agtergelaat, sterk teen die wind boontoe gestap en
gewys mens kan. Sy maak ons wys, in die deurmekaar lewe, wat jou nie
tegemoet gekom het nie Ja,
ek sal huil en treur, wees verseker daarvan, maar nou moet ek eers sê
totsiens; maar pa, vir ewig en altyd sal jy in hierdie klein gebroke
hartjie bly. Tanya
Gericke (15) |

|
| Ounooi
se honne Van kleinsaf het ek haar, Van kleinsaf
was sy daar. Sy pas ons op, gereed om te blaf, as iemand verby die voorhek
draf. Altyd aan die gang, van vroeg tot laat, sy
en haar maat. Onskuldig lê sy daar, onder die boom, en droom. Oorkant
die straat in die huis so blou bly die klaende oom met 'n hart vol haat. Duistere
planne broei in sy kop, ounooi se honne moet pasop. Dis te laat, leweloos
lê sy en haar maat. Wat het hul gedoen om dit te verdien? My
hart is gebreek, vir jou my honne sal ek nooit vergeet. Catherine
van Dyk (13) | |
|  |
|