2009-10


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2009
Dankie, see

Elna Kruger

Dis 'n dowwe dag by die see maar dit pla Anja nie want vandag is dit haar verjaarsdag.

Sy is 12 jaar oud en sy gaan 'n " Beach Party " hou! Hoe lank sy gewag het vir vandag kan niemand sê nie. Sy en haar ouers bly in Durban met baie mense wat hulle ken. Vanoggend het haar ma en pa haar wakker gesing en wafels geëet vir ontbyt. Anja is baie bly dat dit 'nSaterdag is want anders moes sy skool toe gegaan het.

"Ongelukkig lyk dit nou asof daar nie meer 'n partytjie gaan wees nie, want die weer is so sleg ," sug haar ma. Anja het dit definitief nie gedink nie, totdat die wolke begin saampak het, toe sy besef dat dalk was haar ma toe reg gewees?

MAAR . . . Nie net sy alleen het dit besef nie, want al haar vriende het natuurlik ook die hartseer see opgemerk! Omdat hulle vir Anja nie wou moedeloos hê op haar verjaarsdag nie dink hulle vinnig en somer gou-gou is daar 'n briljante verrassing reg om uit te spring en geluk te bring.

Almal word uitgenooi na die verrassing maar heeltemal in die geheim. Die "Beach Party" is toe gekanselleer en daar word 'n slaapkamer partytjie gereël in haar eie kamer. Die kamer word pragtig versier, selfs die geskenke word gebruik!

Die aand word daar partytjie gehou tot middernag, en toe die klok 12 uur lui blaas sy die kersies en almal sing toe vir haar! Daar was 'n reuse partytjie gewees en sy het baie geskenke gekry. Toe dit aan 'n einde kom sê sy vir almal net een ding: "Baie , baie dankie vir die Middernagfees!!"

Daai aand dink Anja aan haar ouer boetie Andrei wat in die weermag is en of hy haar verjaardag onthou het, en toe is sy bekommerd hy het dit dalk vergeet. Maar sy was verniet bang gewees want hy was in Durban en het 'n baie oulike geskenk saamgebring vir haar ...

Die volgende oggend het Andrei gaan klop en ingestap asof hy maar nog nooit weg was nie en sit die boks neer, maak 'n toebroodjie en verdwyn soos 'n klein speld.

Toe Anja wakker word lê sy doodstil want iewers krap iets en dit klink spookagtig! Versigtig staan sy op en kyk rond, en op daai oomblik gewaar sy die boks. Baie skrikkerig maak sy bang die boks oop en loer in . . . en die oulikste klein gesiggie van 'n babakatjie loer net so bang terug! Sy is so bly sy gee 'n uitroep van blydskap want sy wou nog altyd 'n baba katjie gehad het soos hierdie een. Haar ouers kom ingehardloop en vind vir Anja en die katjie, altwee baie bly!

"Wel , dit lyk asof iemand 'n baie gelukkige geskenk gekry het," is al wat haar ma kan uitkry.

Die middag skyn die son en Anja se ma-hulle besluit om af strand toe te gaan. Toe alles klaar gepak is in die mandjie en hulle reg is om te gaan, smeek Anja haar pa dat sy vir Kietsies soos sy haar katjie genoem het kan saamvat. Al wat haar pa kan sê is: Reg, maar as sy verdrink is dit nie my skuld nie! Hulle kom daar aan en haar ma begin die kos uitpak terwyl Anja en Kietsies skulpe gaan soek en haar pa solank sy visstok regkry.

Toe kom van haar vriendinne daar aan en Anja begin gesels. Sy vergeet toe skoon van Kietsies. Kietsies hoor toe iewers musiek speel. Toe gebeur die snaaksste ding: Kietsies dans! Almal lag terwyl hulle hande klap. Sy maak die oulikste passies, spring, maak bolmakiesies en val. So is die middag omgedans.

Daai nag dink Anja aan al die gebeure van die dag. Toe staan sy op, en sê: "See, dankie vir iemand soos Kietsies!"

 

Elna Kruger (9).
Die storie was 'n naaswenner in Storiewerf Vonkelfiksie 2009
Junior (laerskole): 7-9 jaar

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009