2009-10


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2009
Die deur na Droomland

Biance Jansen

Eendag lank lank gelede was daar 'n meisie met die naam Almy. Sy was 'n baie mooi meisie.
Haar pappa was op 'n vliegtuig vir 'n werksding, maar ongelukkig het daar iets verkeerd gegaan en die vliegtuig het in 'n woud geland.
Almal was so hartseer toe hulle gehoor het dat daar net twee mense dit oorleef het en die ander was weg. Niemand het hulle ooit weer gesien nie.
Van toe af moes haar ma na haar kyk. Haar ma probeer baie hard dat Almy nie te hartseer raak nie, maar party keer kan sy nie help nie. Soms sal Almy net in trane uitbars.
Een aand het sy weer die droom gehad waar sy en Ruben op die strand stap en hande vas hou. Ruben is 'n seun wat sy van gehou het maar hy moes weg trek en sy was baie hartseer daaroor. Van toe af het sy nog nie van niemand anders gehou nie.
Die volgende dag het Almy gesê: "Mamma ek en my vriende gaan op 'n kamp en ek wil regtig gaan, mag ek mamma?
Mamma antwoord: "Ek weet nie, bokkie, wil jy regtig gaan?"
"Ja, Mamma asseblief," smeek Almy.
"Wel, nou maar goed gaan pak jou tas Almy en dan sal ons sien of jy nog lus is om te gaan."
Maar haar ma ken haar nie so goed soos haar pa haar geken het nie. Almy beplan om woud toe te gaan.
Toe dit tyd was om te gaan sê haar ma vir haar:"Ek sal jou baie mis Almy en wees asseblief versigtig, ek kan nie bekostig om jou ook te verloor nie.
Almy antwoord saggies:"Oh, ek sal maar jy gaan iemand terug kry wat jy verloor het, dit belowe ek."
Dadelik toe Almy daar by die woud kom het sy haar tent en haar eetgoed uit gehaal en begin soek vir haar pa en al hoe verder sy gaan skree sy: "Pappa waar is jy! Dit is ek jou kind!"
Toe sien sy 'n deur. Wat is dit? 'n Deur? Hoekom is hier 'n deur? Wel hier is nie 'n ander pad nie so ek wat se ander keuse het ek.
Net toe Almy deur die deur gaan het sy agter gekom dat dit nie 'n gewone deur was nie. Toe sy wou wegruk was dit te laat, sy was al klaar te ver in. Al wat sy kon sien was wit, maar sy was nie bang nie haar pa het altyd vir haar gesê sy was 'n baie brawe meisie.
Aan die ander kant van die deur gekom het sy oor 'n stuk beton geval. En toe kom sy agter dat sy in'n baie donker kamer is.
"Geen wonder ek val nie ek kan nie sien nie."
Skielik gaan die ligte aan. Sy skrik haar boeglam! En toe sien sy haar Pappa en 'n paar ander manne.
Haar pa sê toe vir haar, "Bokkie is dit jy?"
"Ja, dis ek Almy".
"Ek is so bly dat jy hier is, Almy, nou dat jy hier is kan ons elke aand speel en gesels."
"Hoekom net elke aand? Gaan ons nie huis toe nie?"
Haar pa antwoord, "Wat bedoel jy, jy is by die huis, Almy."
En net op daardie oomlik het sy vir Ruben gesien met 'n rooi en blou motorfiets. "O, dit definitief 'n droom almal weet hy is te jonk vir 'n motorfiets".
"Sien," sê haar pa.
"Maar alles voel so regtig," sê Almy.
"Moenie bekomerd wees nie ek sal elke aand hier wees. Gaan nou pas jou mamma op.
"Totsiens ek sal jou mis"
"Ek ook," antwoord hy.
Met 'n groot blits skrik sy wakker. Sy was nog hartseer maar nie meer so baie nie.

Biance Jansen (10).
Die storie was 'n naaswenner in Storiewerf Vonkelfiksie 2009
Junior (laerskole): 10-13 jaar

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009