2009-10


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2009
Die skuur met boeke

Lael Louw

"Ag ek wil nie nog 'n kind hê nie, een is genoeg," sê Rita, die Ma.
"Maar ek kan seker niks daar aan doen. Ons moet die kind maar nou gaan haal by die hospitaal, want sy is nou weer gesond en reg om huistoe te kom," sê Rita vir haar man, Hendrik.

"Nou toe kom ons gaan haal haar," sê Hendrik, die Pa.
"Ons het nog nie 'n naam vir die kind uit gedink nie." sê Rita. "Sy behoort nie 'n spesiale naam te kry nie. Die kind was 'n fout."
"Kom ons noem haar sommer Emma," sê Hendrik.
Toe klim hulle in die kar en gaan haal vir Piet, die boetie, by die skool en ry verder na die hospitaal om vir Emma te gaan haal.

'n Paar jaar later. Toe Emma al dertien was het sy besluit om die lewe lekker te maak.
Een dag toe haar Ma en Pa werk toe ry en boetie skool toe stap besluit Emma, nadat sy al haar takies gedoen het, dat sy gaan perd ry. Toe Emma by die stalle aankom kry sy die saal en saal hulle plaas perd, Nellie, op. Emma klim toe op en maak haar pad na die bosse.
Emma het nog nie eintlik in die bosse gaan perd ry nie. Toe sy omtrent so 'n myl in die bos was, sien sy iets so in die verte wat soos 'n klein skuurtjie lyk. Sy gaan vinnig soheentoe om te kyk wat dit was.
Toe sy uiteindelik daar kom sien sy dit was 'n skuur.
Emma het probeer om die deur oop te maak, maar sy kon nie. Die deur het net te styf vas gesit.
Skielik kry Emma 'n idee: As sy die perd voor die deur sit en die perd skrikmaak sal die perd die deur oopskop.
Emma kry vinnig 'n tak en swaai dit skielik dit voor die perd se oë. Die perd skrik hom boeglam en skop die deur oop.
"HOERA!!!!!!!!!!" skree Emma.

Emma kalmeer eers die perd en lei hom na 'n boom waar sy hom vasbind. Nou kan Emma eers gaan kyk wat in die skuur is.
Emma stap in die skuur in en sien dit is vol boeke! Sy was so bly, want sy wou nog altyd haar eie boeke gehad het.
Emma lees toe eers twee boeke en toe gaan sy huis toe, maar sy los die deur op 'n skrefie oop sodat sy die vogende dag weer kan kom.

Lael Louw (9).
Die storie was 'n wenner in Storiewerf Vonkelfiksie 2009
Junior (laerskole): 7-9 jaar

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009