2009-10


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2009
Agter toe deure

Chrisna Mentz

Dit is nou al die soveelste keer wat ons van dorp na dorp trek, uiteindelik koop my ouers 'n huis in Johannesburg.
"Klim uit Melanie, jy kan nie vir altyd in die kar sit nie!"
Net daar speel ek toe oop kaarte met my ma. "Ek het meer van die ander plek gehou!" En klim wipstert uit die kar uit.
Binne die huis is daar nie veel nie, maar daar is 'n deur wat my aandag trek. So erg dat ek myself nie kan keer om dit oop te maak nie.
My kop draai … waar is ek? Als om my is so groot! Ek is in een of ander woud, dit is berge, bome en riviere die wêreld vol. Dit is baie mooi, maar iets maak my skrik. Dit is 'n dogterjie. Toe sien ek ander mensies ook.
Nadat ek die hoofman se kantoortjie bo in een boom instap, hoor ek hy praat Afrikaans. Ek kon dit nie glo nie!
Swoesh! Swaai die deur agter ons oop en die sexyste ou wat ek al ooit gesien het stap in.
"Hierdie is my seun, Tiertand," sê die hoofman.
"En hierdie is …?" vra Tiertand en kyk diep in my oë. Ek voel of ek gaan smelt.
"Ek is Melanie," sê ek verleë.

"Aaaaaaa!!!" skree een van die inwoners, "die filistyne is op ons."
Die grootste diere wat ek al ooit gesien het hol die inwoners byna plat. Die diere is dubbeld so groot soos diere in ons wêreld. Daar is diere van alle soorte. Iets het hulle groot laat skrik.
Almal het weggekruip, en toe ons uit die wegkruipplek wou kom... doem, doem , doem. Ag nee, nie al weer nie pleit ek. Die keer is dit nie 'n trop diere nie, maar 'n trop dinosaurusse…
Tiertand gryp my en saam hol ons na 'n veiliger plek toe.
"Ek kan nie so aangaan nie Tiertand, ek is nie gewoond hieraan nie. Help my asseblief om hier uit te kom."
"Ek sal jou help, maar dan moet jy my nooit vergeet nie."

Tiertand en sy pa reis saam met my vir twee dae lank. Ons slaap in grotte, eet vrugte en leer mekaar beter ken op pad na die deur waar ek ingeval het.
Ek het al begin wonder of my ouers hulle nie dood verlang na my nie, en ek huil vir die eerste keer in twee jaar behoorlik. Gelukkig word ek getroos. Ek hou by die dag meer van Tiertand.
Na 'n uur se geklim, kom ons heel bo uit.
"So, ek vermoed dit is waar ons paaie skei?" vra ek half teleurgesteld, omdat ek my droom ou gaan verloor.
"Moet jy regtig gaan?" vra Tiertand half geïrriteerd.
"Ek kan nie bly nie, want my ouers gaan wonder wat van my geword het en hierdie plek is mooi, maar te gevaarlik." En net daar kry ek my eerste soen.

"So, Melanie, wat dink jy van die huis?"
"Ma, Pa! Jammer ek was so lank weg, ek kan verduidelik."
"Lank weg? Waarvan praat jy, dis nou vier minute vandat ons hier ingetrek het, kom ons gaan ontmoet die bure."
By die bure gekom sien ek hul seun lyk nes Tiertand, en sy pa is ook daar! "Dit is my seun, Tony"
"En dit is ons dogter, Melanie," stel ons ouers ons aan mekaar voor.
Toe hy my vraende uitdrukking sien roep hy my eenkant toe om te verduidelik dat hy ook nie in die oerwoud bly nie, maar dat dit 'n plek is waar hy en sy pa kan ontspan.

Ons het gereeld na die oerwoud toe weg geglip en heerlike avonture saam ervaar, sonder om veel tyd in die werklikheid te verloor.

Chrisna Mentz (12).
Die storie was 'n naaswenner in Storiewerf Vonkelfiksie 2009
Junior (laerskole): 10-13 jaar

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009