| Kinderfiksie
handel oor 'n karakter wat 'n probleem ondervind, in botsing of worsteling is
met iets of iemand, woel en werskaf -- en dan 'n aanvaarbare oplossing vir die
probleem vind. Hierdie is normaalweg waaroor die hele verhaal gaan. Die manier
waarop die karakter die probleme hanteer en verander reflekteer die hele verhaal
en boodskap. Fiksie
vir die middelgroep bevat meer as een konfliksituasie. Eksterne konflik (van buite)
en interne konflik (van binne). Eksterne
konflik is die situasie wat op die karakter geforseer word en waaroor die karakter
geen beheer het nie. Dit is ook wat die verhaal laat voortbeweeg.
Die eksterne konflik is wat die verskil in die tydsaspek vanaf die begin van die
verhaal vanaf die eerste bladsy tot aan die einde, die laaste bladsy duidelik
uitbeeld. Dit skets die karakter se hele lewe van begin tot einde in baie duidelike
hale. Interne
konflik dompel die karakter in die verhaal vanaf bladsy een. Hierdie konflik
kan selfs onbekend wees aan die karakter - of net onder
die oppervlakte draai - of die karakter is bewus daarvan, maar verkies om dit
te ignoreer. Eers wanneer die karakter met die eksterne konflik
gekonfronteer word kom die interne konflik ook na vore. Interne
konflik word uitsluitlik gehou vir die hoofkarakter. Al die emosies wat
gepaard gaan met interne konflik (skaamte, skuldgevoelens, liefde, haat, om kwaad
te voel, te lag en huil) moet uitgebeeld word en oplossings voor gekry word sodat
die karakter saam met die verhaal kan groei. Middegrade
en jong volwasse fiksie moet beide eksterne en interne konflikte bevat. Sonder
interne konflik is daar geen diepte in die karakter nie. As daar geen eksterne
konflik is nie, is daar in werklikheid geen basis vir die verhaal nie.
Om 'n vloeiende en gedenkwaardige verhaal te skep moet daar 'n sterk skakel
tussen die twee wees. Die een dra die ander. Hulle voed mekaar totdat die karakter
effektiewe stappe neem om die konflik op te klaar. Sodoende word die ander probleem
opgelos. 'n
Verhaal kan ook op 'n bittersoet noot eindig. Afhangende van die verhaal en karakter.
Die eksterne konflik kan opgelos word, alhoewel nie op die tradisionele aanvaarbare
"gelukkige einde" vir fiksie nie. 'n Teenstrydige oplossing. Miskien
het die verhaal nie die gelukkige einde nie. Dit kan wees dat die karakter leer
om te aanvaar dat daar omstandighede en probleme kan wees waaroor hy geen beheer
het nie en waarvoor daar geen oplossing is nie. Die karakter moet dan leer om
te aanvaar en voort te gaan met sy lewe, sy eie beplanninge en sy strewe om sy
drome te verwesenlik. Die karakter aanvaar dan die einde van sy kinderlewe en
kinderonskuld. Geestelik groei hy. Dit
is goed om twee punte in gedagte te hou wanneer probleme aan die karakter verbind
word. 'n Groot eksterne konflik lê die grondslag en basis vir 'n sterk
verhaal en hou die verhaal aan die beweeg. 'n Interne konflik dwing jou karakter
om te verander, die probleme te hanteer, oplossings te vind en reflekteer die
tema van die verhaal. Hierdie verleen diepte aan jou verhaal en gee die leser
iets om oor na te dink en te onthou. e.t. |