| Die
kompetisie in die kinderboekbedryf is groot. Jy wil ook hier graag jou deeltjie
doen. 'n Klein bietjie erkenning kry. Maak seker:- jou verhaal moet 'n goeie basis
bevat, 'n sterk en aanloklike storie met helder en lewendige karakters uitbeeld.
Die prosa se "stem" moet vol lewe en kraakvars wees. Vertel soos jy
dink en bedoel wat jy sê. Elkeen het sy eie manier van vertel, dink en praat.
Dit is nie onmoontlik nie. Jy weet nou al waarna jy moet oplet. Vermy
soos die pes om die trae of lui metode van skryf aan te kweek. Daar is sekere
woorde wat mens geneig is om te veel te gebruik, of te maklik vind om te gebruik.
Terwyl hierdie woorde nie ten alle tye vermy kan word nie, kan hulle dikwels met
kreatiewer woorde vervang word. Nie buitensporig gevorderde taalgebruik wat eintlik
tussen die literatore en akademici hoort nie. Eerder kreatief en prikkelend vir
die mens wat lees vir sy plesier en wil deel in die wonderwêreld wat jy
skep. Moet hom ook nie verveel deur dieselfde woorde oor en oor te gebruik nie.
Die buitensporige en die vervelige is albei ewe stremmend vir die leser. Die uiteinde
sal wees dat die leser nie die boek wil klaar lees, aanbeveel of koop nie. Hoeveelheidsbepaling
Werklik, baie, alles, almal, groot, klein, baie, party, min en 'n
klomp is woorde wat te veel gebruik word en geen verskil, indruk, uitdrukking
of effek aan 'n sin verleen nie. Die geheim van beskrywings is om die presiese
woorde en uitdrukkings te gebruik wat 'n helder beeld in die leser se gedagtes
sal skep. Om
te sê "Die man was baie lank" dra geen verbeeldingsprent
nie en verskaf min inligting. Maar bring 'n effense verandering aan: "Hy
was so lank dat wanneer Saartjie op 'n stoel staan, haar kop nog nie eers by sy
baard bygekom nie". Dit vertel die leser nie net hoe lank hy was nie,
maar ook gee dit 'n addisionele fisiese beskrywing van die man en maak hom interessanter. Dikwels
bring die verandering van die hoeveelheidsbepaling mee dat die sin kragtiger oorkom.
"Saartjie staan by die robot. Sy kry baie koud en bewe". Lui
- geen lewe, geen gevoel en geen prentjie vir die leser om te 'sien' nie. "Saartjie
bewe van die koue terwyl sy by die robot staan". Onmiddellike verandering
van prentjie. Vermy
dit om te vertel en nie te wys Soos, net soos, byna en
amper is woorde wat 'n trae en passiewe begrip kan vorm. "Dit het
byna gelyk asof sy bang is". Lui manier. Die skrywer neem aan dat die
leser self gaan besluit of die karakter bang is al dan nie. Gee definitiewe en
konkrete besonderhede. Die karakter moet toegelaat word om die leser in 'n definitiewe
storieforum weg te voer. Een
woord wat menige skrywer in oorvloed gebruik is "voel". Hoe 'n karakter
'voel' moet uiteengesit en tentoongestel word deur sy handelinge, omgewing, dialoog
en reaksie. Wanneer die karakter bly is, is dit onnodig om te sê: "Piet
is bly". Gebruik eerder 'n handeling: "Piet dans uitgelate van
blydskap" - en laat die leser self sy afleiding hier maak oor presies
hoe bly Piet is. Dit is maklik om die lui of trae metode van skryf aan
te leer en so vinnig te ontwikkel dat jy nie besef presies hoe lui en traag jou
pen geword het nie. Waak ten alle tye teen kortpad neem met woorde. e.t. |