| Dialoog
vorm deel van die verhaal en bevoeg jou karakters om vir hulself te praat. Dit
is nie net 'n eenvoudige paar woordjies wat tussen aanhalingstekens gesit word
nie. Die gedeelte
wat lees: "Ek weet nie waar ek is nie. Ek was nog nooit voorheen hier
nie. Ek dink ek moet verder stap. Miskien om die hoek om te sien wat daar is.
Miskien sien ek iemand vir wie ek kan vra in watter rigting die bushalte is. Dit
is baie warm." Hier
verduidelik die karakter sy posisie en aksies aan die leser. Die dialoog voeg
niks by die verhaal nie. Dialoog moet bydra tot die verhaal en die tema deur die
blootstelling van die karakter se reaksie teenoor 'n situasie. Dan omvat dit ook
breë aspekte van die verhaal, nie fyner besonderhede nie. Enige fyner besonderhede
van die verhaal kan aangetoon word deur kort en betekenisvolle dialoog-stellinge
en op gereelde basis. 'n
Voorstelling oor hoe die gedeelte kan lees: Hy kyk na die geboue om hom en
stap verder, tot om die draai. "Nou moet ek iemand soek wat ek kan vra waar
die naaste bushalte is." Hy trek sy baadjie uit en gooi dit oor sy arm. "Het
'n hoed nodig vir die hitte wat my wil braai," dink hy. Deur
die karakter se reaksie te toon, gee jy die besonderhede oor wie, wat en waar
jou karakter is aan die leser. Deurdat jy die hoofkarakter op hierdie manier gebruik,
kan jy ook inligting aangaande die ander karakters in die verhaal verskaf. Dit
is belangrik dat die dialoog baie aktief, die verhaal altyd aan die beweeg moet
wees wanneer jy vir jong kinders skryf. Hulle moet leer by die hoofkarakter, leer
uit sy doen en late en woorde. Jong kinders leer graag by die karakters wat hulle
guns wen en dit is alom bekend dat jong kinders hierdie karakters op alle denkbare
maniere probeer naboots, somtyds slaafs navolg. e.t. |