|
Wanneer jy navorsing doen
oor die hoeveelheid en verskeidenheid van prenteboeke wat huidig op die mark beskikbaar
is, mag jy dit oorweldigend vind. Daar is vele onderwerpe, soveel verskillende
skryfstyle, 'n magdom uiteenlopende onderwerpe en komplotte - hoe gaan jy weet
waar om te begin? Die
antwoord is te vind in jou eie kreatiwiteit. Jy moet jou eie storiekonsep of onderwerp
waarmee jy vertroud voel, vind. So ook die skryfstyl waarin jy hierdie storiekonsep/onderwerp
ontwikkel. Jy weet steeds nie waar om te begin nie? Konsentreer op 'n verskeidenheid
onderwerpe, skryf hulle almal neer. Nou begin jy om hulle stelselmatig te kategoriseer
en dit sodoende in 'n meer werkbare bronneveld te omskep. Hier is 'n paar voorbeelde:
- Algemene
kinderkonflikte: om
te trek, skeiding of afsondering, kleuter-wedywering, 'n nuwe huisdiertjie, begin
van skooldae, wedywering onder maats, ens.
-
Kinder/jongklomp gunstelinge: diere, beertjies, paddavissies,
poppies wat aantrek en praat, sandkastele, sandputte, ens.
-
Kinder/jongklomp verhouding: met oupas en oumas,
grootjies, ouers, niggies en neefs, onderwysers, vriende, ens.
-
Wonings of bekende plekke:
skool, dieretuin, sirkus, strand, enige ander vakansie plekke, swembad, huis,
ens.
-
Konsepte: om te tel,
lees, vorms uitlê en herken, kleure, die alfabet leer lees, nommers, basiese
beginsels van optel en aftrek, vermenigvuldiging en deel, ens.
-
Klassieke verhale: Verhale van mitologie, mites,
volkskunde, ens.
- Feëverhale:
hier kan jy 'n nuwe draai, swaai of selfs 'n nuwe rigting aan 'n bekende klassieke
verhaal gee.
Nou dat jy jou eie werkbare bronneveld opgestel het, is dit tyd om aandag te skenk
aan hoe jy jou idee in storievorm gaan stel. Daar is verskeie maniere om te begin.
Die belangrikste is om die probleem van die storie (dit
waaroor die storie nou eintlik handel) baie vroeg in die verhaal te stel - verkieslik
binne die eerste twee-drie sinne. Voordat jy begin met 'n beskrywing van
die karakter of die situasie waarin die karakter hom/haar bevind, kloof tot die
hart en siel van die storie, deur die beskrywing van die konflik of probleem eerste
ter tafel te lê. Dit is die allerbeste manier om onmiddellik jou leser se
aandag te trek. Hiervandaan kan jy stap vir stap die storie pen. Daar
is 'n paar punte om in gedagte te hou wanneer daar aan jou skryfstyl en vorm gewerk
word: Is dit
tyd vir rympies? Indien
jy 'n uitgewer van kinderboeke kon vra hoe hulle voel oor prenteboeke van berymde
verse of kinderversies, sal die antwoord bes moontlik wees dat dit hulle nie aanstaan
nie. Jy sal met reg dan kan vra hoekom daar dan soveel suksesvolle berymde kinderprente
boeke is? Die antwoord dat die skrywer weet hóé om kinderversies
te gebruik. Die meeste mense wat prenteboeke met kinderversies probeer skryf,
is nie suksesvol daarmee nie. Hulle eindig met 'n stuiptrekkende sinstruktuur
of 'n geforseerde komplot omdat hulle meer konsentreer op die rymende verse as
die verhaal self. Kortliks gestel: hulle het hulself misgis met hoe moeilik dit
werklik is om rymende verhale te skryf. Indien
jy besluit dat jou verhaal op sy beste in rymende vorm vertel kan word, moet jy
vooraf besef dat dit 'n uitermate moeilike taak is wat jy onderneem. 'n Klein
bietjie raad wanneer jy hierdie uitdaging aanneem: begin eerste met die lyn en
komplot van die verhaal. Maak seker dat die konsep van jou verhaal 'n logiese,
besliste lyn het waarvolgens dit beweeg, insluitende die komplot en karaktervorming
en groei van die verhaal en karakters. Jy sal jouself met twee besliste skrywerswerktuie
moet beman - die rymende woordeboek en 'n goeie verklarende woordeboek. Benader
hierdie skryfproses asof dit 'n groot raaisel is wat opgelos moet word. Indien
jy nie in die rymende woordeboek 'n geskikte woord kry nie, kyk dan in die verklarende
woordeboek vir 'n soortgelyke woord of een wat jy kan gebruik, sonder om 'n ander
rigting of betekenis aan die verhaal te verleen. Dan moet jy soek na 'n woord
wat weer met daardie woord rym. Terwyl
jy soekend is na die regte en effektiewe rympies moet jy nog steeds onthou om
ook aandag te skenk aan die ritme en stem van jou storie. Ten einde mag dit nodig
wees dat jy die lettergrepe sal moet tel en moet aandui waar die beklemtoning
moet wees en waar nie. Maak ook seker dat jy nie sinsnedes gebruik en sinne maak
wat onnatuurlik lees net omdat dit rym nie. Wanneer
die werk voltooi is: Wees eerlik en vra jouself af of hierdie verhaal op sy beste
is in rymende vorm? Sou 'n ander vorm of skryfstyl nie dalk 'n beter keuse gewees
het nie? Selfs 'n totaal ander manier om jou verhaal te vertel? Enige manier,
buiten die rymende vorm? Indien ja op enige van hierdie vrae, is dit tyd dat jy
jou verhaal hersien en 'n meer tradisionele vorm gebruik. Die
pratende diertjies Daar
is 'n groot verskeidenheid prenteboeke waar die karaktertjies almal pratende diere
is. Tóg wys uitgewers dikwels sulke manuskripte af. Waarom? Die
antwoord is meer gekompliseerd as by die skryf van rymende prenteboeke. Van belang
is hoe die skrywer die pratende diere hanteer en hoe die leser daarteenoor reageer. Sonder
twyfel het die pratende diere in prenteboeke, of antropomorfe (diere wat reageer
en handel asof hulle mensewesens is) klaar hulle plek in die kinder-, jongmens
en selfs volwasse harte gesteel. Hierdie boeke is beslis 'n aanwins indien die
skrywer die karakters en verhaal met ritme en "stem" voorstel. 'n Baie
goeie voorbeelde is Liewe Heksie en The Lion King. Indien
jy wel besluit om die pratende diere as die karakters van jou verhaal te gebruik,
sal jy moet leer hoe om hulle effektief en tot voordeel te gebruik en beheer. Ten
eerste sal jy moet besluit of hierdie diere in hulle natuurlike omgewing, wild
en wakker in die dierewêreld, gaan wees en dienooreenkomstig sal reageer.
Indien jy hulle in hulle natuurlike habitat skep, sal jy moet seker maak dat dit
is waar hulle bly. Al gee jy hulle menslike eienskappe, sal jy moet seker maak
dat hulle wel soos enige dier in die natuurlike habitat sal reageer. Met ander
woorde, al sou hulle die jongeres met woorde aanpor om weg te kruip indien hulle
enige gevaar vermoed of merk, sal hulle, in hulle natuurlike habitat, steeds grommend
op die verdediging wees - ongeag al die menslike emosies daarby betrokke en uitgebeeld.
Die totale uitbeelding sal dus nie net van die menslike emosies wees nie, maar
ook baie skerp op die voorgrond gekombineer met die dierlike instinkte en reaksies. Indien
jy besluit dat jou dierekarakters in die mensewêreld leef, moet jou hantering
van hierdie karakters konstant bly. Hierdie dierekarakters kan kommunikeer met
ander dierekarakters in die verhaal al is hulle in die mensewêreld. Ook
hier kan die dierekarakters baie menslike kwaliteite openbaar en selfs die mens
se houding en maniertjies naboots. Belangrik om hier te onthou is dat die dierekarakters
die hoofspelers is en nie mense nie. Die mens word net ligweg hier en daar genoem,
maar beslaan nie die portefeulje van 'n karakter in die prenteboek of verhaal
nie. Dit is belangrik om hier te onthou dat mensekarakters en dierekarakters wat
soos mense voorgestel word, twee verskillende afdelings is. 'n Mengsel hier lewer
'n halfwas resultaat. Daar
is in menige gevalle uitsonderings van die normale reëls. Van hierdie uitermate
suksesvolle uitsonderings het elke normale reël al verbreek. Dink maar aan
Liewe Heksie. Hier is die mengsel van pratende plant, dier en mens in al
sy glorie. Alledaagse
en afgesaagde onderwerpe Menige
prenteboeke is al oor en oor geskryf en herskryf - te veel om nog 'n opskudding
of naam van te kan maak. Alhoewel dit as aanvaarbare leesstof vir kinders en jongmense
beskou word, is menige uitgewer al tot die siel toe moeg vir dieselfde trant,
verhaal, rigting en styl. Dit is soos om manuskripte soortgelyk aan Liewe Heksie
of The Lion King op 'n ander trant en styl voor te lê. Die basiese
verhaal is en bly dieselfde. Sulke manuskipte word gewoonlik afgekeur. Veel
eerder dan die taak aanpak om een van die oues op te tower as 'n buitengewone
feëverhaal, byvoorbeeld Die Drie Varkies. Vertel lag-lag hoe die varkies
hulle aartsvyand laat lesopsê terwyl hulle drie 'n hofmakery aan die gang
het en op einde en laaste 'n driedubbele bruilof vier nadat hulle hul aartsvyand
'n baie goeie les geleer het! Dit is nie alledaags of afgesaag nie, nog minder
op dieselfde trant en styl. Hierdie sal 'n "stem" van sy eie voortdra
wat menige jong en ouer hart sal steel terwyl hulle skaterlag van plesier! Die
sukses van hierdie soort verhaal is in die skrywer se hande, hart en gedagte! 'n
Afgeremde komplot lyn is die "wat as
" komplot. Wat as die hond
kon vlieg? Of die koei? Wat as die vis kon hardloop, die padda kon dans? Weer
eens, dit is nie asof daar geen verbeeldingsvlugte hier te vinde is nie - dit
is eenvoudig al holrug gery. Tog is daar bitter min oor vuurvliegies, dwergies,
sonbesies, ens. Die katte, honde, koeie, visse en paddas kan vir 'n wyle rus.
Die minder prominentes kan weer na vore tree en uitermate suksesvol gebruik word.
Al wat jy nodig het is om kennis te neem van jou verbeeldingsvlugte - die ongelooflike
wonderwêreld waar byvoorbeeld vuurvliegies in die helder maanlig hulle lewenstake
aanpak op lowergroen gras oortrek met klein en groot sampioenkoppe. O, ja, moenie
vergeet van die moeilike spinnekop wat teen die boombas hang en net vir die gulde
geleentheid wag om sy maaltyd van vuurvliegies te vang nie. Maar vuurvliegies
se kinders is baie slimmer as meneer spinnekop
. Volgende
taak: Maak
hierdie jou volgende taak. Jou volgende prenteboek wat jy op presies dieselfde
metode konstrueer as die vorige oefening, kan jy baseer op die vuurvliegies en
spinnekop - of enige ander onderwerp van die minder algemene karakters. Weer
eens: Jou beplanning moet haarfyn wees. Besluit vir watter genre of ouderdomsgroep
jy skryf. Nadat jy jou teksverhaal geskryf het, maak 'n paar afskrifte. Kry jou
sketse, prente, foto's, illustrasies volgens jou verhaal/tema bymekaar. Ook hiervan
moet jy afskrifte maak. Nou het jy jou ouderdomsgroepe, jou teksverhaal en illustrasies
en prente bymekaar. Jy het ook al bepaal wat die lengte van jou prenteboek moet
wees. Gaan te werk soos voorheen. Oor en oor, doen dit weer en weer. Presies volgens
dieselfde proses as die vorige keer. Maak hierdie jou perfekte werk. Wanneer jy
uiteindelik tevrede is, herhaal die proses 'n laaste keer - netjies en met volledige
besonderhede. Laat die eindproduk jou trots wees.
Nou ja,
. Is jy tevrede? Goed, sit hierdie ook by die vorige een tot later
wanneer die voorlegging van manuskripte behandel word. Wees
trots op jouself en die werk wat jy tot dusver gedoen het. Jy vorder goed. Hou
so aan! e.t. |