|
Hierdie les bevat heelwat
werk. Jou
volgende taak: - Lees
tussen agt en tien prenteboeke, geskryf deur verskeie skrywers, die illustrasies
gedoen deur verskillende kunstenaars.
-
Dan moet jy ook nog 'n verdere ses alfabet- en syfers-prenteboeke
lees.
- Nou
vir die analisering van hierdie werke. Neem 'n groot bladsy en trek 'n lyn in
die middel af.
a)
Notuleer puntsgewys die verskille tussen die werke van elke klas. b) Vergelyk
dan hierdie werke met mekaar c) Terwyl jy hierdie vergelyking doen, skryf
die voordelige (sterk en goeie) punte van die werk aan die een kant van die blad
neer. Die nadelige (swak en nie sterk) punte kom aan die teenoorgestelde kant
van die middellyn. d) Aan die einde van elke "opsomming" van elke
boek wat jy bestudeer het, moet jy neerskryf waarom jy die punte as voordelig
of nadelig beskou. e) Skryf ook neer vir watter ouderdomsgroep jy hierdie
boek sal aanbeveel. f) Lees ook ses feëverhale en doen dieselfde oefening. -
Aan die einde van hierdie les moet jy jou eie werke op presies dieselfde manier
analiseer en besluit in watter kategorie/afdeling jou eie werk val. Jy behoort
dan duidelik te weet watter voor- en nadele in jou eie werk is. Onthou dat daar
geen perfekte geskrewe werk bestaan nie. Alle werke het voor- en nadele. Die doel
is om die voordele van jou werk so sterk te ontwikkel dat die nadele baie diep
op die agtergrond verborge bly.
Om
mee te begin
- Jy
gaan nou 'n prenteboek skryf, gebaseer op 'n "goeie oue". Maak jou keuse
tussen jou gunsteling prenteboeke en kies net een verhaal om mee te werk.
- Neem
noukeurig kennis van die styl, die "stem", die verhaal, selfs die ontwikkeling
van die karakter/s en storie vanaf die begin, deur die middel, tot aan die einde
van die verhaal. Jy moet noukeurig aandag aan dit alles skenk. Moet nie van die
boodskap en die tema vergeet nie.
Nou begin ons: - Skryf
jou eie verhaal, gebaseer op die tema of 'n soortgelyke tema as jou gunsteling
prenteboek wat jy so pas in diepte bestudeer het - of skryf jou eie verhaal -
so om en by 1500 woorde. Wanneer jy klaar is, sit dit eenkant en vergeet van dit
tot later.
-
Herskryf nou hierdie selfde verhaal om nie meer as 1000 woorde te bevat nie. Ook
hierdie werk moet jy eenkant sit en daarvan vergeet.Onthou
om elke verhaal apart te hou. Moet nie weggooi of vernietig nie.
- Hierdie
1000 woorde gaan jy nou weer herskryf met 'n verkorte weergawe wat nie meer as
500 woorde bevat nie.
Lees
nou deur al drie hierdie werke. Dit is presies dieselfde verhaal, dog
dit
is nie meer dieselfde nie. Iewers kort iets in elk van die twee verhale wat herskryf
is. Lees al drie weer. Jy stem saam en knik jou kop. Iewers kort iets, maar jy
weet nie presies wat nie. 'n
Duursame les het ons nou hier geleer
'n verkorte weergawe beteken dat daar
'n inkorting moet wees op besonderhede, gevoel, "stem", tema, die karakterontwikkeling
vanaf begin, deur die middel, tot aan die einde en ook 'n inkorting van die boodskap
wat ons wil oordra. Moet
nie jou werk weggooi nie! Luister
Hierdie
tekortkoming kan aangevul word. Wat
jy ookal opoffer in die teks (woorde), kan jy aanvul met die prente, illustrasies
en foto's. Menige treffende prenteboek is al gelewer met minimale woordgebruik,
maar met die beskrywende, aanvullende en treffende prente, illustrasies en foto's.
Die
prenteboek as 'n geheel bestaan uit die teks en die prentjies! Nou
het jy drie verskillende lengtes van jou prenteboek - al is dit 'n ou gunsteling
verhaal van jou. Hier is dit waar verbeelding intree. -
Sonder dat jy vinnig uitreik na jou ou gunsteling verhaal wat klaar gedruk is
(dit is mos hoekom dit jou gunsteling is!), gaan ons die 1500 woorde verhaal van
jou neem en (soos by 'n vorige oefening) voorberei as 'n manuskrip.
-
Jou eie verskeidenheid prente, illustrasies of foto's, wat nie in die minste sal
wees soos in jou ou gunsteling boek nie, word hier gebruik - presies soos by 'n
vorige oefening.
-
So moet jy elke herskryf hanteer. Onthou, dieselfde prente,
illustrasies of foto's is nie van toepassing by elke verhaal nie.
-
Met die herskryf van elkeen is daar van die fynere en verbeeldingryke besonderhede
wat nie in teks beskryf word nie, maar tog wel deur die prente, illustrasies of
foto's ingebring moet word. Indien nie, sal jou verhaal gebrekkig bly. Byna soos
'n leë dop. Geen rigting, formule of volheid van begin, middel en einde nie.
Beslis ook geen groei van karakter nie. Die "stem" van die verhaal sal
verlore wees.
-
Die heel laaste werk, die een van nie meer as 500 woorde nie, kan in 'n knewel
ontaard, of 'n lushof vir oog en 'n lied in die hart. Hier moet jy ten alle tye
in gedagte hou dat jy twee derdes van jou teks-verhaal weggelaat het. Jy het die
kale geraamte van jou verhaal oorgehou. Nou moet jy tong-in-die-kies waaghalsig
wees en die vlees en bloed - die murg, hart en siel - terugsit! Jy kan dit nie
met woorde doen nie. Jy is gebind tot maksimum van 500 woorde. Gebruik
.prente,
illustrasies of foto's en jou verbeelding!
Onthou: hierdie drie werke
moet met die finale afrondingswerk van 'n manuskrip vir voorlegging eindig en
by die vorige twee manuskripte alreeds gedoen, weggebêre word. -
Dink aan die A,B,C. Skryf nou 'n verkorte sinnetjie verhaal wat die alfabet beskryf
en bevat in elke sin. Hierdie moet nie soortgelyk wees aan die alfabet prenteboeke
wat jy teëgekom het in jou navorsing nie. Dit moet 'n idee eie aan jouself
wees. Voeg hierby jou prentjies, illustrasies of foto's om hierdie werk ten volle
te beskryf en af te rond. Ook hierdie moet met die finale afrondingswerk van 'n
manuskrip vir voorlegging eindig en nou by die vorige manuskripte, weggebêre
word.
- Volgende:
Jou gunsteling tradisionele verhaal
herskryf die verhaal in 'n moderne konteks.
Onthou, jy moet nog steeds dieselfde verhaal vertel, net gebaseer op moderne tyd
- met moderne prente, illustrasies of foto's. Jy sal vind dat hierdie oefening
is nie maklik nie. Daar is 'n paar slaggate. Tradisionele verhale kan aangepas
word by die moderne tyd. Dink aan die verhaaltjies van Skotland se 200voet lange
vrou wat elke 100 jaar op die strande van Skotland "uitspoel". Dink
aan die verhale van die weerwolf - dit is tradisioneel. Dog hierdie word in die
moderne tyd oor en oor vertel. Nou
dink aan die Drie Varkies. Daar
bestaan nog steeds woude, wolwe, jakkalse, hasies, hout, bakstene, water en al
die elemente en karakters wat in enige kinderverhaal gebruik is en gebruik word.
Pas dit net aan by die moderne tyd, met moderne praat- en leefstyl.
Die
"sien" van 'n skrywer is wonderlik.
Sien? Natuurlik. Kyk in die lug, staar oor die vlakte, die see of sommer net teen
'n ou kaal muur. Dit waarna jy kyk is nie wat jy sien nie. Jy sien hierdie verhaal
van jou voor jou geestesoog. Sien elke karakter, elke fyn beweging wat jou karakter
maak, elke gelaatsuitdrukking. Hoor elke woord wat gepraat word, elke probleem
en redenasie, deel in elke oplossing. In jou geestesoog "sien" jy die
verhaal soos wat dit gebeur en afspeel. Hou aan totdat die prentjie wat jy voor
jou op papier sien, vir jou dieselfde verhaal vertel wat jy in jou geestesoog
sien, hoor en deel van is. |